Skool skors leerder ná messtekery in Stellenbosch

Argieffoto van skoolgronde ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Wes-Kaapse polisie sê hy is bewus van die voorval waarin ʼn leerder Dinsdag met ʼn mes by ʼn skool in Stellenbosch in die Wes-Kaap gesteek is. Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het egter aan Maroela Media gesê geen klagte is aanhangig gemaak nie.

Volgens die Wes-Kaapse departement van onderwys het ʼn graad nege-leerder aan die Cloetesville High School ʼn graad agt-leerder gister gedurende klaswisseling glo met ʼn mes in die nek gesteek.

Die slagoffer is ná die voorval na ʼn hospitaal gehaas en is sedertdien ontslaan.

Jessica Shelver, woordvoerder van die departement, het in ʼn verklaring gesê die skool het reeds begin met ʼn ondersoek na die verloop van gebeure.

Die ouer leerder is intussen geskors hangende ʼn dissiplinêre verhoor.

“Hoewel ons baie sosio-ekonomiese uitdagings in ons provinsie het, kan ons nie ʼn samelewing word wat gewelddadige gedrag of dwelmmisbruik in ons skole goedkeur of aanvaar nie,” het Shelver gesê.

Die departement glo alle pogings om geweld in skole te bekamp moet verder strek as die skool self.

Hy sê die steun van ouers en die gemeenskap, asook voorkoming en vroeë ingryping, is die betroubaarste en kostedoeltreffendste maniere om veiligheid by skole te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maggie ·

messtekery moet nie gedult word in skole nie, kinders moet onmiddelik uit skool verwyder word

Gert van Wierdapark ·

Die “skerp” leerling kan dit nog ver bring!

Alida ·

Ai ai in die goeie ou dae was daar nie sulke goed nie. Kinders het geleer en gespeel. SA is in n gemors.

wilma ·

nooit was daar sulke gemors ini ou SA in skole. hieri wat plaasvind moet voor die deur vani Govt gele word. Hul voel vere vi landsburgers. Net hul eie bankrek dis al wat hul raaksien..

Blue Butterfly ·

Dit is nie die eerste keer hierdie jaar wat daar ‘n messteek voorval by hierdie betrokke skool was nie en ek dra persoonlik kennis van die eerste mesaanval. In die betrokke geval het dit vir my voorgekom asof die skool probeer het om alles “onder die mat in te vee”, dit ten spyte van die feit dat die een leerder in die kop gesteek is en steke moes kry.

Oom Jaco ·

Poging tot moord????? Hoekom nie… Hyt dan probeer om ń ander persoon dood te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.