Skooltoelatingsbeleid ʼn ‘slag vir Afrikaanse skole’

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het Saterdag gesê die konstitusionele hof se uitspraak dat die finale besluit oor openbare skole se toelatingsbeleid by die staat berus, ʼn “slag vir vryheid van openbare skole” is en Afrikaans voor “een van sy grootste uitdagings nog” te staan bring.

Volgens dié uitspraak kan die Gautengse onderwyshoof, Edward Mosuwe, besluit wanneer ʼn skool in Gauteng finaal vol is, en berus dié besluit nie meer by die beheerliggaam van die skool nie.

Volgens dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), beteken dit byvoorbeeld dat, indien ʼn enkelmedium Afrikaanse skool plek het, kan die onderwyshoof besluit om dié oop plek te gebruik. Die onderwyshoof gaan spreek dan die beheerliggaam van die skool en hulle moet tot ʼn vergelyk probeer kom. As hulle nie tot ʼn vergelyk kan kom nie, het die onderwyshoof die finale sê.

Solidariteit meen die dat die uitspraak op ’n verbreking van die historiese 1994-skikking neerkom en dit bring Afrikaans voor een van sy grootste uitdagings tot nog toe te staan.

“Die uitspraak is ’n oorwinning vir die groeiende staatsmag wat oor die samelewing uitgeoefen word en is ’n slag vir die vryheid van openbare skole, taal- en kultuurgemeenskappe en vir moedertaalonderwys,” lui die verklaring wat Solidariteit uitgereik het. “In praktyk kan die paar oorblywende topskole in die land nou uitgelewer word aan ’n departement wat daarvoor verantwoordelik is dat die oorgrote meerderheid skole nou al jare lank disfunksioneel is.”

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, was die twee kante van die munt wat in die 1994-skikking bereik is dat meerderheidsregering in ruil vir minderheidsbeskerming bewerkstellig is. Daarvolgens sou die meerderheid Suid-Afrikaners volle regte verwerf sonder dat minderhede hul fundamentele regte sou verloor.

Moedertaalonderrig en -onderwys word wêreldwyd as deel van taal- en kultuurgemeenskappe se fundamentele regte beskou. Staatsbesluite oor so ’n fundamentele saak is ’n groot stap weg van meerderheidsregering af op pad na meerderheidsoorheersing. “Dit laat die grondwetlike ruimtes vir Afrikaanse onderrig, taal- en kultuurgemeenskappe, skoolbeheerliggame en die reg op moedertaalonderrig sonder betekenisvolle inhoud. Hierdie uitspraak bevestig ons siening dat demokrasie sonder vryheid net vryheid vir die meerderheid is,” sê Buys.

Buys meen dat meer magte oor onderwys vir die staat die voortgesette verswakking van die staat gaan versnel, terwyl dit die regering se mag verder versterk. Terselfdertyd verteenwoordig dit ʼn verdere verskraling van die demokratiese ruimtes vir taal- en kultuurgemeenskappe. “Ons verwerp ook die siening dat beheerliggame se toelatingsbeleid wat byvoorbeeld ten opsigte van taal geld op indirekte diskriminasie kan neerkom omdat Afrikaans grondwetlike beskerming behoort te geniet,” sê Buys.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, ontneem die uitspraak gemeenskappe hulle van die reg om self te besluit oor kwessies wat hulle ten diepste raak en word net nog meer mag toegeken aan ’n staat wat al hoe meer verswak. “Wat die uitspraak nog gevaarliker maak, is dat dié mag aan ’n politieke boelie, die LUR vir onderwys in Gauteng Panyaza Lesufi, toevertrou word wat bekend is vir sy heethoofdige uitsprake wat die menswaardigheid, gelykheid en vryheid van taal- en kultuurgemeenskappe aantas. Hy behoort eerder die 80% sukkelende skole in die land reg te ruk in plaas daarvan om die aandag van sy departement se mislukkings te probeer aflei deur top- presterende Afrikaanse skole te teiken om sy rasse-agenda te dien. “Ons kinders se toekoms is net té belangrik om dit aan Lesufi oor te laat,” het Hermann gesê.

Volgens Hermann gaan die konstitusionele hof van die aanname uit dat ’n verantwoordelike politieke amptenaar met grondwetlike regte omgaan. “Lesufi is egter ’n politieke aktivis wat nie oor die vermoë beskik om grondwetlike balans te handhaaf nie,” het Hermann gesê.

Lesufi sê prontuit dat skole nie op grond van taal mag diskrimineer nie. “Die uiteindelike uitkoms van ’n stelsel van voedingsareas vir skole beteken die einde van Afrikaanse skole met hul unieke etos en kultuur. As ’n bepaalde voedingsarea aan ’n skool toegeken word en as kinders boonop deur ’n sentrale stelsel in skole geplaas word, sal geen skool oor die lang termyn nog Afrikaans kan wees nie. Volgens Hermann is daar geen plek in Lesufi se ideologie vir leerders se reg op onderrig in die taal van hul keuse of vir die grondwetlike regte van taal- en kultuurgemeenskappe nie. “Lesufi is ’n ideoloog met ’n uitgesproke weersin in Afrikaanse skole.” Hermann het ook daarop gewys dat Lesufi sy siening dat hy geïrriteerd is daarmee dat Afrikaanse skole steeds in 2016 bestaan, ook al op die sosiale netwerk Twitter uitgespreek het.

“Lesufi glo dat elke skool Suid-Afrika se demografie moet weerspieël. Dit beteken dus uniformiteit met geen voorsiening wat gevolglik vir diversiteit gemaak word nie,” het Hermann gesê. Hermann meen dat die konstitusionele hof se besluit tot gevolg het dat ouers van hul reg ontneem word om besluite te neem oor dít wat hulle die naaste aan die hart lê, naamlik hul kinders. “’n Sentrale mag kan nie besluit waar jou kinders mag skoolgaan nie,” het Hermann verduidelik.

Volgens Hermann het die uitspraak van die konstitusionele hof een element van hierdie kwessie hanteer. “’n Lang pad lê egter nog voor. Die krag van die gemeenskap, veral dié van ouers, gaan getoets word. Die Afrikaanse gemeenskap sal ’n groot ‘nee’ teen hierdie uitspraak moet uitbring,” het Hermann bevestig.

Die vakbond het gesê hy sal die uitspraak in samewerking met ander rolspelers in die onderwyssektor nog in meer diepte bestudeer om met ’n amptelike strategie na vore te kom. “Die kern van hierdie strategie sal gerig word op die uitbouing van ons internasionale reg op moedertaalonderwys, asook demokratiese ouerinspraak by skole deur middel van skoolbeheerliggame,” het Buys en Hermann in reaksie op die uitspraak gesê.

Lees alle vorige berigte oor die skooltoelatingsbeleid op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

54 Kommentare

Irah ·

So hoe gaan ons dit teenstaan? Ek vir een gaan beslis nie agteroorsit en kyk hoe my kinders se toekoms in die land nog verder opgedinges word deur ń klomp Afrikaans-haatende rassiste nie.

Leendert van Oostrum ·

Die kernoorsaak van die probleem is dat daar nie genoeg Afrikaanse kinders is om die Afrikaanse skole vol te maak nie.

Die antwoord op “hoe gaan ons dit teenstaan” is dus voor die hand liggend.

Flippie ·

Ek het ‘n voorstel. Plaas in elke swartskool twintig afrikaanse kinders in elke standerd. En laat hulle aandring op gehalte onderwys in hulle moefertaal.

Dink net daaraan tenminste 10 tot 12 Afrikaanse onderwysers in die swart skole met net 20 kinders in elke klas. Geen skoolgelde nie. Gratis staatsvervoer. Na-skoolse aktiwiteite kan buite skoolverbsnd gereël word.

Op skool sal ons natuurlil weier on die taal van die ondetdrukker te praat. Dis ons reg – ons hoef nie Engels te praat nie. Hoofde en vskadviseurs sal dan ook vlot in Afrikaans wees.

Lesufi moet sy eie medisyne inkry.

Nico ·

Klink goed op papier. Maar gaan jy jou kinders se lewens so in gevaar stel? Na Lesufi se “oorwinning” kan ALLE skole afgebrand word. Hier kom donker afrika.

Justa ·

Hierdie Lesufi se rassistiese onderrok kan nie verder uithang nie dan trip hy homself.

Lance ·

Ek stem nie saam met die hof nie dink ek gaan nou maar my eie kind se skool loop brand vanaand ….eeuuuuww

Nico ·

Ja dis hoekom demokrasie nie in Afrika werk nie. Speel beskaafd tot jy nie jou sin kry nie. As ons na sulke besluite ook amok gemaak het, sou die regering en hof ons ernstiger opgeneem het. Afrika “denke”

Karin ·

Ons sal defnitief al die skole, in elke gemeenskap wat negatief hierdeur geraak word, se samewerking nodig he. Alle ouers en gemeenskapslede sal petisies moet teken en wat okal Solidariteit nog kan beplan, 100% moet ondersteun. Solidariteit kan dan al die gemeenskappe se petisies in ontvangs neem en daarmee doen waarmee hulle so goed is nl. opstaan vir ons toekoms! Dankie Solidariteit – sonder julle het ons lankal niks meer gehad nie…

Koos ·

Lesufi is uit en uit n rassis hy gaan niks in sy pad laat staan om sy sin te kry nie, sy planne wat sober op die tafel gesit misluk die een na die ander maar hier het hy die hef in die hand. Ons moet dalk vir die kinders ook n Akademie stig Waar hulle kan leer sonder hierdie brutale verkragting van die Grondwet deur onosele arrogante selfbehepte idiote

Karin ·

Dit sal heel moontlik die enigste uitweg wees, maar sal ons wel die #Onsbou fonds vinnig genoeg so sterk kan befonds om dit te kan verwesenlik vir die hoeveelheid skole wat benodig sal word – en dan belowe dit ook nogal plegtig om dit so spoedig moontlik te implimenteer… Dit laat ons sowaar met ‘n baie groot problem.

Cherokee ·

Lesufi ‘n rassis? ‘n Rassis!? Hoe kan hy wees? Van wanneer af is daar swart rassiste?

JC ·

Hi Karin ek stem saam dankie tog vir afriforum niks sal ons taal onderkry nie afriforum het reeds n afrikaanse universiteit gebou en moet ons ook nou maar ons moue oprol en nuwe privaat afrikaanse “afriforum ” skole bou indien dit moet Ons moet aktiviste vir afrikaanse skole word!

jaco ·

hou op moan oor die miskenning van Afrikaans. wees eerder bly Afrikaans word vervang met Engels, wat darem n relatief maklike taal en ‘n Westerse taal is. Wees bly Afrikaans word nie met Zulu of Tswana vervang nie. Ek het daardie twee tale probeer leer en hulle is UITERS moeilik.
Al hierdie moaners oor die miskenning van Afrikaans sal veel meer produktief wees as hulle moan oor steeds stygende rentekoerse en pryse van petrol en kos, Eskom se nonsens, regstellende aksie en honderde ander goed wat brood en botter sake is. wat help dit Afrikaans kry sy regmatige amptelike plek terug en ons land vergaan net verder van ellende?

Karin ·

As jy nie kan of wil opstaan vir WIE jy is nie, hoe gaan jy dan nog opstaan vir jou ander REGTE? Om Afrikaans te wees is immers my en my nageslag se GEBOORTEREG…

Heinrich ·

Jaco, ‘n meer ondeurdagte en kortsigtige kommentaar kon jy nie geplaas het nie. Ekonomiese voorspoed kom en gaan, maar as jou taal weg is, is hy vir altyd weg.

Wat-ek-lees ·

Jy verstaan nie mooi nie Jaco. Die swartes is verskillende rasse en verseg om oor en weer die ander se taal te praat of te leer. Daarom is engels ‘n gerieflike neutrale taal wat die minste aanstoot gee en ook ‘n mate van ‘geleerdheid’ verskaf vir die een wat dit besig.

Hannie ·

Flippen, nou krap hulle weer waar dit nie jeuk nie, ‘what next!

Frederik ·

Begin kerkskole soos die Moslems. #Onsbou moet net die skole bou. Die grond het ons mos reeds. Daar is op haas elke dorp of in elke voorstad in die stede ‘n NG Kerk, Dopperkerk , Apostoliese Geloofsending of Hervormde Kerk. Bou laerskole na behoefte, sodat die Afrikaanse kinders hul grondfase onderwys in hul moedertaal kan ontvang. Sodra hul hoërskool toe gaan , is hul Engels magtig en reeds slimmer as Lefusi en behoort darem dan die ander lot beter te ken.

Disselboom ·

Dis een van vele uitsprake wat mense wat strategies kan dink, lankal ingesien het gaan kom.

Daar is verskillende redes hoekom daar al heelwat Afrikaanse privaatskole bestaan, wel van ‘n nog groter verskeidenheid, gehalte en fasiliteite, maar terwyl daar te lank en te veel op die grondwet en die howe in ‘n Afrika-kommunistiese bestel gesteun is, is daar reeds iets om mee te werk.

Die afwesigheid van toewysings van kapitaal en aandag aan eie skole in die Solidariteit-planne soos die Toekomsberaad verlede jaar, asook in die @OnsBou-veldtog, was en is ‘n strategiese gebrek; maar daar hoef nie by ‘n fout stilgestaan te word nie: die groter uitdagings is om Afrikaners te leer om kapitaal saam te sit, waagmoed te hê vir die spoed waarmee dit nou moet gebeur en daardie skole te bou wat meer mense gelukkig nou begin agterkom nodig is, te bou. En dit so te bedryf dat die staat aller-minimum seggenskap daarin het, m a w met eie en/of buitelandse kurrikulum.

vermeende ·

Dit mos nou waar ek buit myself sal gaan.
Hof sake kos ons mense baie geld (Afriforum en Solidariteit) Geen ander bevolkings groep in die land spandeer rand vir rand wat die blanke spandeer om sy regte te beskerm nie.

Laat ek eerder stil bly.
Onthou julle die “eie” beloftes van de klerk?
Emigrasie is die rede dat blanke skole leeg loop en steeds is daar die liberaliste wat die uitspraak sal steun.

Ander Koos ·

So much vir wigte en teenwigte. Lesufi het nou sy stok gekry en sal dit gebruik

Piet ·

As ons hoop op private skole en universiteite is daar nog een problem. Die regering kan sulke instellings toemaak. EN glo my hulle gaan dit doen.

uhmmm ·

Gaan leer by Orania hoe dit gedoen word en hou op kerm oor iets wat alreeds verlore is. Ons gaan harder onderdruk word tot die ryk blankes en boere alles verloor. Daarna sal ons opgestook word en dan sal geskiedenis homself herhaal.

Sakkie du Plooy ·

Dis per abuis dat Lesufi nie ook duidelik gesê het dat sy doelwit is om alle skole te transformeer nie. Dis al vir ‘n geruime tyd die obsessie en passie van die ANC en sy ministers en ander leiers in Provinsiale en Munisipale regerings om die samelewing te transformeer tot ‘n nasionale demokratiese samelewing. Daarmee ywer hulle hulle nie net daarvoor dat die werkplek leierskorps en sportspanne soos die nasionale bevolkingsamestelling moet lyk nie maar ook Universiteite, skole en woongebiede. Hulle reken dan sal hulle “social cohesion” (wat dit ookal in werklikheid mag beteken) in die gemeenskap bewerkstellig. Dit behels onder andere dat alle standaarde moet verlaag tot middelmatigheid, weg van tipese Westerse standaarde soos respek, sin vir orde, wedersydse inagneming, organisasie, produktiwiteit en ‘n soeke na uitnemendheid om net maar ‘n paar te noem. Dit het tyd geword dat ons hierdie motiewe en doelwitte van die ANC en SAKP sal verstaan en aktief weerstaan. Of ondergaan in ‘n sosialistiese omgewing.

Johan ·

Ek kan nie wag om die foute van ons voorvaders soos Retief wat fouteer het en die mense van ’94 reg te stel nie. Die cANCer en al die rugstekers gaan nog vir hulle kry. Ek is al verby die punt van aanvaar in die land van ons voorvaders. Ons as Afrikaners en boere het n heftige stryd op hande.

John ·

Miskien moet ‘n paar Afrikaanse skole saamsmelt veral armer wit kinders kan baat wanneer hul ook finansiele ondersteuning kry. Dit sal beter wees om Afrikaans en ons kultuur te behou as om ‘n paar skoolhoofde se ego’s te beskerm. Afrikaanse kinders wat bereid is om in Engels onderrig te kry kan dan saam met Engelse leerders in die ander skool onderrig word. Tuisonderrig is ‘n opsie of kerkskole. Laasgenoemde kan dalk in die grondwethof getoets word tov eie sake. Of kerkskole in vrede gelaat sal word is te betwyfel want, die Afrikaanse kerke sal seker ook vroeer of later geteiken word.

marianne ·

Ek haal my kind uit die skool! Amen en klaar! Hy sal tuis onderrig word en nie aan stigmas of rasisme of enige ander van intimidasie bloodgestel word nie!
Hy is trots Afrikaans en alhoewel baie van sy werk in Engels is sal hy sy Taal en sy Kultuur eers en bewaar.
Die Regeering moet met hulle geboue doen net wat hulle wil. Ons het geen seggenskap nie! Ons kinders is ons toekoms….
Kom huis toe my bulletjie jou ma sal jou leer!!!!

Leendert van Oostrum ·

Baie, baie interessant!

‘n Bydrae is geplaas waarin die argument gemaak word dat ons moet kyk na ander onderwysmodelle as die skool. Daardie bydrae is nou verwyder. Die enigste moontlike rede waarom dit verwyer kan wees is omdat dit nie inpas by die ideologie wat hier nagejaag word nie.

Hoe dit ookal sy: as Afrikaners en Afrikanerorganisasies nie bereid is om radikaal te dink nie, en erger nog, om ander toe te laat om ons oorlewing uit ander perspektiewe te beskou nie, kan ons ikabod skryf oor die hele idee van Afrikanerwees.

Dan is ons nie in staat tot selfstandigheid in die onderwys nie en dan het Mnr Lesufi reeds gewen.

Skatymir ·

Dit is baie goeie nuus dat die regsgeding nou tot ‘n einde is. Nou sal daar planne gemaak kan word wat inpas by die strategie soos besluit op die Toekoms Beraad – “Doen jou eie ding”. Ongelukkig leer die meeste van ons slegs deur te voel en ek hoop werklik dat hierdie ‘n draaipunt in ons geskiedenis of liewer ons toekoms sal wees.

My dogter tuiskool haar kinders al ‘n hele paar jaar met baie sukses. Inligting en kennis is nou meer beskikbaar as ooit tevore maar skole is duurder as ooit. Dit is ‘n skande dat ons kinders se opvoeding ‘n besigheid geword het, net nog ‘n bewys van die verval van ons samelewing. Die rede vir dit is die een waarde wat alle ander waardes oorgeneem het – geld! “The one ring to rule them all”.

Vir verskeie redes kan almal nie tuiskool nie, dus is ‘n goeie alternatief miniskole of “cottage schools”. ‘n Ideale plek om dit te doen is die baie kerke wat met die geld van die Afrikaanse gemeenskap gebou is en dus aan die Afrikaanse gemeenskap behoort. Dit kan suksesvol en met baie lae koste aangewend word om ons kinders ‘n plek te gee om opgevoed te word. Hulle kan selfs groente plant en ander basiese lewensvaardighede aanleer om sodoende meer selfonderhoudend te wees.

Moenie hierdie uitspraak as ‘n nederlaag sien nie maar sien dit as ‘n positiewe gebeurtenis wat ons volkie in ‘n nuwe rigting sal stuur – doen jou eie ding!

Cobus ·

En so vertrap hulle ons kosbaarste skatte naamlik ons kinders….

Skatymir ·

Ons moet weet waarmee ons te doen het, wie regeer oor ons en wat is hulle doel:

Manifesto of the Communist Party Karl Marx and Frederick Engels
Marxists Internet Archive (marxists.org) 2005
Nevertheless, in most advanced countries, the following will be pretty generally
applicable:
1. Abolition of property in land and application of all rents of land to
public purposes.
2. A heavy progressive or graduated income tax.
3. Abolition of all rights of inheritance.
4. Confiscation of the property of all emigrants and rebels.
5. Centralisation of credit in the banks of the state, by means of a national
bank with State capital and an exclusive monopoly.
6. Centralisation of the means of communication and transport in the hands
of the State.
7. Extension of factories and instruments of production owned by the
State; the bringing into cultivation of waste-lands, and the improvement of the
soil generally in accordance with a common plan.
8. Equal liability of all to work. Establishment of industrial armies,
especially for agriculture.
9. Combination of agriculture with manufacturing industries; gradual
abolition of all the distinction between town and country by a more equable
distribution of the populace over the country.
10. Free education for all children in public schools. Abolition of
children’s factory labour in its present form. Combination of education with
industrial production, &c, &c.

Skatymir ·

Die kinders behoort aan die staat:
“So part of it is, we have to break through our kind of private idea that kids belong to their parents, or kids belong to their families, and recognize that kids belong to whole communities. Once it’s everybody’s responsibility and not just the household’s, then we start making better investments.” – Melissa Harris-Perry, host of a weekend morning MSNBC show

Google die video – niks het verander nie.

Emile ·

Hierdie “oorwinning” bied geen langtermyn oplossing vir die land se groter-wordende onderwyskrisis nie. Die gebrek aan politieke wil om die mag van vakbonde te verbreek, leierskap in onderwys te toon en erns te maak van dissiplinêre probleme in swart skole is die groot stukkend in ons onderwysstelsel.

Met die Skolewet van 1996 wou die ANC juis skoolbeheer in die mag van die ouers en die gemeenskap plaas. Dit was in reaksie op die NP regering se beheer oor skole. In hul ervaring van onderdrukking bepaal die ANC se Skolewet dat ouers altyd ‘n meerderheidstem op skoolbeheerliggame moet hê, om regeringsinmenging te beperk en beste belange van die kind in die gemeenskap te dien.

In Vrydag se verdoemende “poste-vir-geld” verslag, word voorgestel die Skolewet word verander om oa die aanstelling van onderwysers uit die skoolbeheerliggaam se hande na die staat oor te plaas.

Gekoppel met hierdie Grondwethof-uitspraak het die staat dan die reg om leerdertoelating in skole te beheer asook die reg om onderwysers aan te stel sonder insette van die ouers. Dit sal die staat se transformasie doelwitte baie goed pas met alles wat dit impliseer.
Die wiel het nou gedraai en is die ANC regering, soos die NP voor hom, nou grootskaals besig om skoolbestuur op alle vlakke oor te neem.

(Op ‘n manier kan in hierdie ooreenkomste gelees word dat die ANC eintlik toegee dat die NP se skolebeheer dus goed en reg was, want die ANC herhaal dit mos nou.)

Luister ·

As ons Afrikaans in ons huise, en met mekaar praat, kan dit mos nie vergaan nie.
Nog iets: Hou dit asseblief suiwer.

Chris ·

Ek onthou nog so goed toe NP aan bewind was. Daar was n profeet. N man van naam. Hy wat al hierdie goed voordspel het wat nou gebeur. Ja profete profeteer. …Maar selfs n persoon met IK van 96 sou dit kon voorsien. Elk geval, hy het gese.” stem vir my party en as julle( die blankes) vir my kan bewys julle het n sekere aantal kinders sou die staat dan julle huis vir julle skenk. Klaar betaal. Maar julle wat jonk is. Weet dan dat hy tydens openbare vergaderings met eiers en allerrhande gemors mee gegooi is. Deur die meerderheid blankes natuurlik. Hy het gevra dat blanke vrouens moes meer kinders baar. Sy naam was Jaap Mare. Die jonger geslag wat hier lees kan gaan google. Wat beteken IK. Dit is hoe hulle in die ou dae n persoon se kennis getoets het. Wat beteken” inteligensie kofisient”

Danie ·

Hoe meer die aanslag en rassisme teenoor die afrikaner is hoe hoër is die kans tot oorlewing. Sonder druk sal ons weg kwyn en verdwyn. Hoe hoër die aanslag hoe veel meer en daadwerklik sal aksie geneem word om behoue te bly wat ons immuniteit hoog teenoor die aanslae sal hou.

Ons moet Orania en ander afrikanertuistes ondersteun, help uitbou en gebruik as ankerpunte. Ons is meer as 3 miljoen, wat is die probleem? Die wêreld weet nou dat ons-ons kant gebring het en dat hulle die rassiste en menseregteskenders is en nie perke ken nie.

As hulle kan saam staan oor die 20% waarmee hulle saamstem en verby die 80% verskille kyk, kan ons saam staan met die 80% waarmee ons saamstem en verby die 20% verskille kyk.

Etienne ·

Die ANC is besig om die Onteieningswetgewing deur te voer, wat keer hul om jou nuwe privaat of kerkskool te onteien of te dwing dat dit demografies gevul moet word en slegs in ‘n Afrika taal mag onderrig .Met ‘n 62 % meerderheid kan hul proklameer net wat hul wil …. en wie gaan hul keer.

danie ·

Ek verstaan nie hoekom van julle so aangaan nie, dis kinders wat onderig nodig het, en hulle leef naby die skool. Hoe kan dit nou julle afrikaner skap wegneem, dit kan dalk van die skole se aansien weg neem

John ·

Dit sou interessant wees om te weet, sou tuisonderrig oorweeg word, kan ‘n paar gesinne saamwerk en van die ouers kies wat geskik is om sekere vakke aan te bied. Moet dit een gesin een ouerpaar wees? Ek het tuisonderrig-handleidings onder oe gehad wat in die VSA gebruik word deur families op afgelee plase. Die vaklektuur is gebruik deur die vrou van ‘n Afrikaanse professor in medisyne wat reg oor die wereld werk. Die oudste kind was in die finale fase in ‘n gewone skool geplaas en het beter gevaar as die res van die klas. Goed, IK is seker ook ‘n faktor. Dit was iets soos die Rebecca-stelsel?? Ons kan soiets laat vertaal, met toestemming. Engels (en natuurlik Afrikaans waarvoor handleidings ontwikkel kan word) moet steeds verpligte vakke bly. Ons gaan tog seker nie ‘n tak van Orania op die Suidpool staan maak nie? Ons kan gerus ook almal ‘n goeie Afrikaanse woordeboek en – spelreels op ons Kersfeeslysie plaas. Ons is mal oor ons taal maar moet dit darem soms ook kan neerpen.

Leendert van Oostrum ·

John, ek dink jy praat van die Abeka-reeks (nie “Rebecca” nie).

Abeka is inderdaad van die beste (volledigste en mooiste) wetenskaphandboeke ter wêreld. Anders as skoolhandboeke, wat geskryf word vir onderwysers om dit aan kinders te verduidelik, is Abeka vir die kind geskryf (en miskien vir ‘n ouer wat saam met die kind leer).

Hulle is heel bekend onder tuisskolers in SA, maar peperduur – veral nou. Ons het ons kinders in Afrikaans geleer, maar Abeka gebruik as verwysingsbron (saam met omtrent ses ensiklopedieë en later natuurik Google :-)

En ja, tuisonderwys is ONDERWYS IN DIE KIND SE EIE HUIS. Dit is hoe dit in die meeste regstelsels gedefinieeer word, en ook in die SA Skolewet.

‘n Saamwerkmodel val dus nie onder die wetenskaplike of juridiese definisie van “tuisonderwys” nie. Enige stelsel waar die kind sy onderwys elders as in sy eie huis kry is wetlik ‘n skool – ‘n privaatskool.
Vervolg hieronder:

Leendert van Oostrum ·

Vervolg van my vorige bydrae
In Suid-Afrika moet privaatskole by die owerheid geregistreer wees. Die administratiewe las wat egter op privaatskole gelê word om te registreer en geregistreer te bly is heeltemal buitensporig en onredelik (die werklike koste van die administratiewe las is deur die Centre for Development and Enterprise bereken as ongeveer R280 000, ongeag die grootte van die skool). Daarby kom voorwaardes wat die registrasieproses oor jare uitrek (waartydens die skool nie mag funksioneer nie. Die mees sinnelose vereiste is dat mens gekwalifiseerde onderwysers moet gebruik. Die eenvoudige feit is dat, in meer as ‘n halfeeu se navorsing wêreldwyd is daar geen bewys dat kinders wat onderrig word deur mens met onderwyserkwalifikasies enigsins beter presteer as kinders wat onderrig word deur mense wat nie sulke kwalifikasies het nie. Die vereiste is bloot nog ‘n struikelblok wat in die pad van goeie en bekostigbare onderwys gerol word.
Vervolg hieronder:

Leendert van Oostrum ·

Vervolg van my vorige bydrae

Die struikelblokke, wat verhoed dat klein skooltjies ontstaan, is volgens alle aanduiding ongrondwetlik.

Daarom is daar letterlik duisende klein, ongeregistreerde (en dus “onwettige”) privaatskooltjies regoor die land. Ek is betrokke by ‘n regsfonds wat sulke skooltjies bystaan wanneer hulle deur die owerheid aangeval word. In ‘n kort tyd het daar reeds meer as 60 sulke skooltjies, wat meer as 1000 leerlinge bedien, by die regsfonds aangesluit . Dit is die ekwivalent van ‘n redelike groot skool, maar slegs omtrent 10% van hulle is Afrikaanstalig. Omtrent net soveel is Moslem (Engels met Arabies), en die res Engelstalig

Wanneer daat voldoende aanvraag is, bied die bogenoemde regsfonds ‘n voldagwerkswinkel aan oor hoe om sulke “mikroskole” (“cottage schools”) op die been te bring en te bedryf en die risiko’s en geleenthede daarvan, sowel as registrasievereistes en die regsituasie van beide geregistreerde en ongeregistreerde skole.

Leendert van Oostrum ·

Hierdie boodskap is in opvolg vab my vorige bydrae

Die struikelblokke, wat verhoed dat klein skooltjies ontstaan, is volgens alle aanduiding ongrondwetlik.

Daarom is daar letterlik duisende klein, ongeregistreerde (en dus “onwettige”) privaatskooltjies regoor die land. Ek is betrokke by ‘n regsfonds wat sulke skooltjies bystaan wanneer hulle deur die owerheid aangeval word. In ‘n kort tyd het daar reeds meer as 60 sulke skooltjies, wat meer as 1000 leerlinge bedien, by die regsfonds aangesluit . Dit is die ekwivalent van ‘n redelike groot skool, maar slegs omtrent 10% van hulle is Afrikaanstalig. Omtrent net soveel is Moslem (Engels met Arabies), en die res Engelstalig

Wanneer daat voldoende aanvraag is, bied die bogenoemde regsfonds ‘n voldagwerkswinkel aan oor hoe om sulke “mikroskole” (“cottage schools”) op die been te bring en te bedryf en die risiko’s en geleenthede daarvan, sowel as registrasievereistes en die regsituasie van beide geregistreerde en ongeregistreerde skole.

foxi ·

Skies maroela…..my kommentaar was nie geplaas nie. Ek verstaan dit. Maar ek is ook maar n ouer en is ook maar onsteld.
Aan al ons afrikaanse bondgenote, daar sal altyd n uitweg wees. Kom ons staan saam mense.

Klaas Spaarwater ·

Dit gaan eintlik nie oor Afrikaans nie – die boodskap is duidelik dat blankes, veral Afrikaanssprekendes, nie meer welkom in Suid Afrika is nie. Net soos Dingaan van ouds hou die ANC ook nie by die ooreenkoms nie, ongeag de Klerk se wigte en teenwigte. Ek het hierdie dinge baie jare gelede sien kom en daarom my kinders aangemoedig om op Engels te fokus. Hulle werk vandag in ‘n totaal Engelse omgewing en praat steeds Afrikaans tuis. Engels kom handig te pas wanneer jy die dag tou opgooi en emigreer.

Rynhardt ·

SOLIDARITEIT, julle en talle organisasies leef permanent in ontkenning net alles.Die Vryheidsmanifes word met mening uitgevoer dat alkes Engels moet wees, want daar wird na n Azaniese staat gestreef met engels as enigste taal! Dit beteken, weg met Afrikaans en Afrikaanssprekendes.Hoekom dink jul ondersteun die DA en EFF bogenoemde? Wanneer indien ooit, gaan ons mense wakker word??

Christo ·

Vra die Verligte Afrikaner Jappies hulle was altyd baie slim! Net nie iets soos Afsonderlike of privaat nie dit is van die duiwel ! Die Verkramptes is agterlike en eenvoudig !

Oom Kalahari ·

Hierdie afdwingbare proses gaan nog donker dae teweegbring vir die welopgevoede kinders.

Juan Olivier ·

Ek sien nie hoe kan die hof so besluit as die grondwet die reg gee tot onderwys in moedertaal nie. Die regters in die hof is heel duidelik net so Afrikaans-Fobies en Engels-Imperialisties soos die ANC. As daar nie maar plek vir Afrikaans kinders is nie gaan hulle nie plek maak by Engelse skole om Afrikaanse kinders klas te gee nie so ek sien nie hoekom moet Afrikaanse skole plek maak vir Engelse kinders nie.

John ·

Sou universiteite kursusse net in Engels aanbied (dis nou buiten Akademia), sal ouers na verskillende opsies moet kyk om wel Afrikaans as moedertaal te behou, maar ook die kinders slaggereed te maak vir die wilde wereld daar buite. Ons moet darem nou ook nie ons kinders se vermoens onderskat, om met verskillende tale om te gaan nie. Die eerste paar jaar (primere fase) is wel belangrik vir moedertaalgebruik. Ouers sal meer betrokke moet raak by hul kinders se opvoeding (skool en godsdiens). Jode, Grieke en Oosterlinge wat nie in hul vaderland woon nie, se kinders leer steeds hul moerdertaal, al is dit in privaatonderrig. Plaaskinders praat die plaaslike swart taal dikwels vlot saam met hul eie taal. Ons moet positief bly, dis die belangrikste en regtig, ons Afrikaanse kinders is nie so onnosel as wat sekere mense deesdae hoop hulle is nie. Moet ons nou maar vir ons gesinne doodskiste aankoop en in die gesinskamer staan maak net ingeval ons taal weer bedreig word, dan klim ons almal sommer in sodat die Engelse begrafnisondernemer ons na die Afrikaanse begraafplaas kan wegry?

Leonard van der Dussen ·

Hoërskool Raslouw (privaatskool) bied opleiding in CIE (Cambridge International Examinations) aan – dis ‘n Engelstalige kurrikulum, handboeke en eksamen, terwyl die skool se kultuur, atmosfeer en werkswyse Afrikaans is. Mens hoef nie jou kultuur prys te gee om ‘n beter akademiese inhoud te kan volg, en gereed te kom vir ‘n wêreld wat baie kompeterend en nie Afrikaans-vriendelik is daarbuite nie.

Laerskool Raslouw is volledig Afrikaans met die indicato-kurrikulum wat geen staatselemente het nie, en natuurlik ontwerp word om eers die basiese vaardighede reg te kry en dan ‘n aansluiting word na die CIE in die hoërskool toe. Mens kan gehalte-onderwys binne jou eie kultuur bou, wat by wêreldgehalte aansluit.

Maudie ·

Die enigste oplossing wat vir ons as blanke oorbly, is om ons kinders tuisonderrig te gee. Vroumense met ñ loopbaan maak dit moeilik vir mans om werk te kry in dié land. As vrouens weer hulle pligte sal begin besef, en hulle kinders self leer, ruim ons sommer ander probleme ook uit die weg, plus ons kinders se veiligheid word versterk. N Ma hoort by haar huis en kinders hoort by hul Ma.

M2K ·

Maudie, ek weet nie in watter droom wêreld jy leef nie maar vir sommige ma’s is dit eenvoudig nie moontlik om tuis te bly nie. Veral enkelma’s wat nie gekies het om enkel te wees nie…..probeer dit volgende keer in gedagte te hou voor jy kommentaar lewer oor waar ‘n ma hoort. Ek sou enige iets gee om 24/7 by my kind te kan wees.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.