Skote klap by KZN-laerskool

Die skietery het by die Mawelewele Primary School op Klaarwater gebeur. (Foto: Verskaf)

Twee mense, onder wie ’n onderwyser, is Vrydag by ’n laerskool op Klaarwater in KwaZulu-Natal gewond nadat rowers op die skool toegeslaan het.

Paramedici van ALS Paramedics is net ná 11:30 na die skool ontbied.

Garrith Jamieson, woordvoerder van die nooddiens, sê gewapende mans het na bewering die skool vanoggend binnegegaan en selfone en skootrekenaars gebuit.

Dit is egter met die verdagtes se vlugtog dat onderwysers, veiligheidswagte en die verdagtes skote op mekaar afgevuur het.

’n Onderwyser en ’n vermeende aanvaller is gewond.

Teen middagete was die gewonde onderwyser na ’n private hospitaal vir mediese behandeling geneem, terwyl paramedici die gewonde verdagte nog op die toneel behandel het.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur om meer oor die voorval te wete te kom en wag in hierdie stadium nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

George ·

AS hulle vasgetrek word, moet hulle sit vir alles wat daar uitgedink kan word, om die kinders so in gevaar te sit, nie te praat oor die trauma wat nou virewig by die kinders bly.

Leon ·

Die gewonde rower gaan sekerlik ń eis indien vir pyn en lyding.Trauma behandeling as hy voel hy is te ernstig nagekom en ongeskiktheids pensioen as hy nie meer kan roof nie.

JohanEtz ·

Regering se onvermoë om die oorlog in SA te stuit is volksmoord

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.