Skote klap toe rowers op juwelierswinkels toesak

Beamptes van Reaction Unit South Africa op die toneel by die Phoenix Plaza. (Foto: Verskaf)

Verskeie skote is Maandag in ’n winkelsentrum in Phoenix, KwaZulu-Natal, afgevuur toe ’n groep rowers op twee juwelierswinkels toegeslaan het.

’n Werknemer van een van die juwelierswinkels is na bewering aangerand voordat ’n groep van minstens agt verdagtes in twee motors op die vlug geslaan het.

Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), sê die nooddiens het vroeër vandag verskeie oproepe van inkopiegangers ontvang nadat skote by die Phoenix Plaza in Parthenonstraat afgevuur is.

Die toneel is Maandag afgesper. (Foto: Verskaf)

Beamptes van Rusa is na die winkelsentrum waar hulle meegedeel is dat die Mayuris-juwelierswinkel en Sterns beroof is voordat die rowers in ’n wit Volkswagen Polo en A-klas Mercedes-Benz met NUR-registrasienommers op die vlug geslaan het.

Die rowers het glo verskeie skote afgevuur terwyl hulle op die vlug geslaan het en verskeie patroondoppies is op die toneel gevind.

Dit is die tweede rooftog van ’n juwelierswinkel binne 24 uur in die land. Maroela Media het vroeër berig dat ’n verdagte Sondag geskiet is tydens ’n rooftog by ’n juwelierswinkel in Benoni, Gauteng.

Rusa het intussen ’n helikopter beskikbaar gestel sodat daar na die rowers in KwaZulu-Natal gesoek kan word.

Maroela Media het ’n navraag aan die KwaZulu-Natalse polisie gerig en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jr ·

Ek gaan sommer nou sweets, roomys en snoepies bestel. Hierdie land has seen it’s ( nut – dinge wat op n boud draai). They’ve lost it completely.

Kokerboom ·

Sekerlik kan winkelsentrums voorsorg tref veral waar juwelierswinkels ter sprake is…veral in die tyd

Moedeloos ·

Maar hoe? Jy mag nie kliente weier om jou sentrum of winkel te betree nie. Die parkeer areas is gewoonlik ook nie omhein dat hekke gesluit kan word nie. Daarom saai hul paniek om rond en bont te skiet. Dis regtig tragies dat mense se lewens in gevaar gestel word deur boosdoeners

Nico ·

Hoe is die veiligheid by juwelierswinkels, nou wil Bheki Cele nog die wettige vuurwapens weg vat, kyk, hoe loop die onwettige vuurwapens in die land rond.

Swerwer ·

Raak nou weer Desember so die skurke teiken al die waardevolle items op hul rooftogte om vinnig geld te kan in vir die Kersseisoen. So jammer dat ons nie meer die sorgelose, vreugdevolle Kersseisoene kan beleef soos 27 jaar gelede nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.