Skrap Afrikaans uit vraestelle, eis Cosas

(Argieffoto)

Die Congress of South African Students (Cosas) eis dat Afrikaans geskrap moet word as ʼn opsie om enige eksamenvraestel te voltooi.

“Ons eis antwoorde van die departement van basiese onderwys, onder leiding van ʼn ou, afgeleefde minister, hoekom opdragte en wiskunde-matriekvraestelle nog die opsie het om in Engels geskryf te word,” het die studenteorganisasie se nasionale taakspan in ʼn verklaring gesê. “Ons glo dit is ʼn absolute belediging vir inheemse kinders wat altyd die las dra om elke vraag of antwoord in hul moedertaal moet vertaal voor hulle kan poog om enige vraag te beantwoord.”

Cosas eis dat Afrikaans onmiddellik as ʼn opsie geskrap moet word as ʼn opsie om enige vraestel te voltooi.

“Ons gee die departement van basiese onderwys 10 dae om op ons eis te reageer, anders sal ons dienooreenkomstig optree.”

Die organisasie het gesê hy is van mening dat taalbeleid in skole steeds ʼn kritieke rol speel in ongelykheid in skole. “Diegene wat voorheen begunstig is deur die verdrukkende apartheidsonderwysstelsel, trek nog steeds voordeel, selfs ná demokrasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jo-Anne

Los uit Afrikaans en skrap eerder Cosas. Hulle dien geen doel.

PieterP

Wel wel comrades, dit is julle eie regering wat na 26 jaar steeds julle laat vertaal voordat julle kan antwoord. Hulle is fantasties, is hulle nie?

Dis my mening

En dan wat? Gaan jul dan die skole afbrand? Bou so aan jul gemors.

Persheks

Nee! Dit gaan nie werk nie en ons is boere wat afrikaans praat! My kind gaan NIE haar goed in engels doen NIE! Julle redenasie vermoë gaan my verstand te bowe. Ons het die volste reg om afrikaans te gebruik as ons taal en ek dink julle is steeds magsbehep.

#Tsek!!!

Lourens

Erken nou maar, julle het nie die vermoë om julle self op te hef en julle eie skole te bou nie. Julle ry op die rug van Afrikaners.