ʼn 21-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn vrou by haar huis in Pampierstad in die Noord-Kaap.
“Die 57-jarige vrou is Saterdagoggend omstreeks 04:10 in haar plakkershuis oorval,” het lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy het die deur oopgeskop en die vrou aangesê om haar klere uit te trek. Hy het haar ʼn paar keer verkrag.”
Kock sê die verdagte het aan die slaap geraak en die slagoffer kon ontsnap en by haar bure om hulp gaan aanklop.
Die polisie het die slapende verdagte in haar huis in hegtenis geneem.
Hy sal binnekort in die landdroshof in Pampierstad verskyn.
Dit lees soos ‘n vervolgverhaal.
Seker hoogop gedrug gewees dis al wanneer hulle die krag het om enige iets te doen ,gelukkig is haar keel nie ook afgesny die barbaarse vark.Dit kan hulle goed doen sny af wat hom pla