‘Sluipmoord’ op Valke-speurder: Verdagte hoor dan oor borgtog

Kol. Leroy Bruwer (Foto:WCFF via Twitter)

Die 28-jarige verdagte wat verbind word met die moord vroeër vanjaar op lt.kol. Leroy Bruwer (49), ’n speurder van die Valke, het Woensdag vlugtig in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Sinovuyo Selale sal na verwagting weer op 22 September in die hof verskyn wanneer die uitspraak oor sy borgtogaansoek gelewer sal word. Hy bly intussen in aanhouding.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Selale het al verskeie hofverskynings gemaak. Hy het verlede week Woensdag weer aansoek om borgtog gedoen nadat sy eerste borgtogaansoek op 25 Junie van die hand gewys is.

Selale het homself op 19 Junie by die Tsolo-polisiestasie in die Oos-Kaap oorgegee in verband met die moord op Bruwer. Hy is daarna na Nelspruit oorgeplaas.

Maroela Media het vroeër berig Bruwer is op 17 Maart vanjaar in sy motor buite Nelspruit met ’n aanvalsgeweer doodgeskiet. Bruwer was omstreeks 06:20 van sy huis op ’n kleinhoewe buite die dorp op pad Nelspruit toe vir ’n hofsaak.

Die Valke se woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, het vroeër bevestig die moontlikheid dat dit wel ’n sluipmoord was, kan nie uitgeskakel word nie.

Bruwer het verskeie hoëprofielsake ondersoek, waaronder transitorooftogte, georganiseerde misdaad en renosterstroopsindikate. Hy was veral ’n belangrike ondersoeker in die stryd teen renosterstropery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hercules ·

RIV Kol — hierdie weermag & polisie veteraan saluur jou!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.