Só lyk beurtkrag vir die res van die week

Argieffoto (Foto: jplenio f/Pixabay)

Beurtkrag sal in verskillende fases vir die res van die week toegepas word.

Eskom het Dinsdag gesê alhoewel ʼn paar kragopwekkingseenhede weer in diens gestel is oor die afgelope paar dae, is dit nie voldoende om beurtkrag op te skort nie. “Daar is verskeie kragopwekkingseenhede wat afgeskakel moes word vir herstelwerk. Beurtkrag sal dus steeds in verskillende fases oor die volgende paar weke toegepas word waar tekorte in kragopwekking voortduur.”

Eskom maan die publiek dat dit nog ʼn paar weke lank kan duur voor die stelsel ten volle herstel is na vlakke voor die staking.

Beurtkrag sal na verwagting na fase 2 aangepas word, indien die arbeidsmag ten volle terugkeer werk toe en noodsaaklike herstelwerk kan doen.

Beurtkrag sal na verwagting oor die volgende paar dae soos volg toegepas word:

“Ons het tans 2 754 MW op beplande instandhouding met 16 807 MW wat glad nie beskikbaar is nie weens kragopwekkingseenhede wat buite werking is.”

Eskom bedank alle werkers wat vir diens aangemeld het en getrou hul taak verrig onder uiters uitdagende omstandighede. “Ons wil die publiek daaraan herinner dat beurtkrag slegs as ʼn laaste uitweg toegepas word om die nasionale netwerk te beskerm. Ons maan alle Suid-Afrikaners om elektrisiteit spaarsamig te verbruik tydens hierdie onsekere tye op die kragstelsel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Friedrich ·

GMF…. A lack of planning on your side, does NOT constitute an emegency on mine!!

Cherokee ·

“Ons wil die publiek daaraan herinner dat beurtkrag slegs as ʼn laaste uitweg toegepas word om die nasionale netwerk te beskerm.”

En òns die publiek, wil Eskom daaraan herinner dat ‘laaste uitweë’ die absolute norm geword het en (byna) onophoudelik toegepas word. Stel bevoegde persone aan en kry die netwerk op datum.

Wiehann ·

Iemand verduidelik Asseblief vir my hoe ‘n bietjie ink op ‘n papier die aanvraag vir elektrisiteit of ons vermoë om elektrisiteit te lewer verander het. Iemand is besig om ‘n rook voor ons oë te maak. Ek gaan môre my multi miljoen rand huis koop, ek kan dit nie bekostig nie, maar die res van SA kan maar opdok daarvoor. Die banke moet maar Sien kom klaar. Dis wat Eskom dan doen.

Anel ·

Ons word basies geselaar gehou. Hulle wil ‘n verhoging hê en as hulle nie kry wat hulle op aandring nie, ag dan brand ons sommer die werkplek af! En ons, die onskuldige gebruikers moet vir die gelag betaal!! Dit is net absoluut verregaande!! Doen julle werk, sorg dat die voorsiennerin werkende toestand is bly, dan kan daar dalk verhogings wees. Maar kry is die netwerk weer op standaard en hinderhou die goed. Dit gebeur nie van self nie,!!!

Pamela ·

Ek sit in donker en tik mens het nie meer n lewe nie 18:00-21:00 elke aand en dan in dag ook. Nee dis verby swak geen wonder so baie goeie mense verlaat die land. Wens ek was in die posisie om dit ook te doen.

H.A. ·

Nou hoe lank vat werkers om terug te keer werk toe ? 3 weke ?

Papsak ·

Ja ons as die publiek wil ook maar net vir Eskom se kry julle werk reg en in plek genoeg is genoeg

Feite ·

Ons Maatskappy moet duisende rande weekliks uit haal om die generator aan die gang te hou sodat besigheid kan voort gaan, ons verloor met loadshedding weekliks ook masjienierie waarvan die kostes nie voorsiening gemaak is nie. Ons het nou al vir drie jaar nie n verhoging gekry nie maar staak ons? NEE. As dit net so maklik was om die hele ESKOM lot te fire en oor te begin…….

Swerwer ·

Ongelukkig kan die Regering en sy Kader nie beplanning doen nie. Vat kan hul wel, maar beplanning is hul nooit geleer nie.

krodedil ·

As jy nie van Eskom hou nie en heeltyd galbraak oor alles het jy ‘n KEUSE. Moet nie van Eskom se dienste gebruik maak nie, dis so maklik soos dit. Bou jou eie solar plant waaroor jy kan koning kraai. Gewoonlik is dit die wanbetalers wat die heel hardste skreeu as dinge nie volgens hulle reg is nie. As Eksom werkers se verhoging vir jou ‘n probleem is bedank vandag jou werk en doen aansoek vir werk by Eskom. Alweer het jy ‘n keuse. Moet nie altyd galbraak as jy nie jou eie KEUSE wil uitvoer nie.

Keelvol ·

Indien jy dalk gewonder het, load shedding doen meer skade as goed. Om n generator te gebruik kos n besigheid duisende rande. Want petrol is nie meer goedkoop nie. eskom het verantwoordlikheid aan die publiek om on onderbroke krag te voorsien. Want jy sien, die persoon wat betaal moet nou sukkel. Want sy besigheid lei, by die huis moet hy en sy gesien gereeld in die donker sit. Want eskom se werkers wil meer geld hê, maar Kan nie hulle werk behoorlik doen nie….. hulle gierigheid hou die gewone man op straat gyselaar. Wat jy nie ingedagte gehou het nie, is dat load shedding en eskom se werkers se geldgierigheid mense se lewens in gevaar stel. Mense wat mediese masjiene moet gebruik. Maklik vir jou om te praat, maar om heeltemal van die grid af te gaan, kos jou maklik R150 000 of meer. So wie is jy nou eintlik om vir ons te sê hou op gaalbraak? Eskom se werkers afbetaal word!!!

Antie Sarie ·

En almal sit soos battery henne. Krag aan, krag af, karag aan, krag af. En wat gebeur met battery henne?

Sandra ·

? hulle werk onder “uiters uitdagende omstandighede”? Hoe dink Eskom voel die res van die land wat se rekenaar werk nie op dreef kan kom weens kragonderbrekings nie. En hulle het altyd ‘n rede vir die kragonderbrekings. Ek dink mense sal beter verstaan as hulle se “ons het opgeneuk, ons vra om verskoning, ons probeer dit regstel. Eskom, met julle het dood altyd ‘n oorsaak. Spaar ons die verduidelikings.

Hannelie ·

GMFF…bedank hulle oor hul terug gekeer het. Dis omdat hul 7% verhoging gekry het, anders het hul weggebly.

Nico ·

Raak ontslae van al die CEO’s, hulle is net daar vir die salaris en bonus. Kry mense wat die werk behoorlik kan doen.

Genis ·

This is a essential service, this shall not be tolerated? Ons moet vir die gelag en geen diens betaal… Fire die lot….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.