Só lyk beurtkrag-vooruitsig

Argieffoto (Foto: Arek Socha/Pixabay)

Terwyl beplande instandhouding steeds die fokus bly, sal fase 4-beurtkrag vanaf Sondagmiddag om 16:00 toegepas word tot Maandagoggend om 05:00. Daarna sal fase 3-beurtkrag van 05:00 tot 16:00 toegepas word.

Hierdie patroon sal Dinsdag en daarna herhaal word. Verskeie fases beurtkrag sal deur die loop van die week toegepas word.

Altesaam 16 646 MW is tans nie beskikbaar nie weens tegniese foute. Altesaam 5 107 MW is afgeskakel vir beplande instandhouding.

Oor ʼn periode van 24 uur word geen krag van Cahora Bassa ingevoer nie, weens beplande instandhouding. Dit sal na verwagting Maandagoggend na normale vlakke terugkeer.

Tydens dieselfde periode is ʼn eenheid by Tutuka-kragstasie afgeskakel vir herstelwerk en ʼn eenheid elk by Duvha, Kendal, Kriel en twee eenhede by Arnot weer in diens gestel.

Die vertraging om ʼn eenheid elk by Hendrina, Kendal, Matimba en Matla weer aan te skakel, het bygedra tot die huidige beperking in kapasiteit.

Eskom-spanne werk onverpoosd om dié kragopwekkingseenhede weer aan te skakel.

Eskom se ladingvooruitsig vir die aandspitstyd is 25 885 MW. Die publiek word versoek om nie-noodsaaklike toestelle af te skakel en geysers en swembadpompe tussen 17:00 en 21:00 af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Harley Davidson ·

Die sa regering het nie die wil om die krag probleem op te los nie dit is tog duidelik gesien aan hulle optrede.

Catherina ·

Ek wil ook n minister wees….geen beurtkrag, sonpanele ens dan is dit mos maklik om oor beurtkrag te praat. Affekteer hulle nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.