Só lyk die jongste Covid-19-statistieke

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Suid-Afrika het nou meer as 912 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 10 939 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand bevestig dat 912 477 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 24 539 nadat nog 254 sterftes aangemeld is: 85 in die Oos-Kaap, 12 in die Vrystaat, 18 in Gauteng, 61 in KwaZulu-Natal, vier in Limpopo en 74 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 787 782 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 6 100 373 toetse vir Covid-19 gedoen, 48 387 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap157 20917,2%
Vrystaat60 3326,6%
Gauteng254 64927,9%
KwaZulu-Natal154 53516,9%
Limpopo20 0272,2%
Mpumalanga33 0253,6%
Noordwes36 5324%
Noord-Kaap24 1052,6%
Wes-Kaap172 06318,9%
Totaal912 477100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap6 050135 87615 283
Vrystaat2 12253 9104 300
Gauteng5 179235 08414 386
KwaZulu-Natal3 635123 46927 431
Limpopo52618 4521 049
Mpumalanga62131 3811 023
Noordwes57134 1161 845
Noord-Kaap37221 7831 950
Wes-Kaap5 463133 71132 889
Totaal24 539787 782100 156

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.