Só lyk finale brandstofpryse

Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Die departement van minerale hulpbronne en energie het aangekondig dat 95-oktaan-petrol Dinsdag ná middernag met R2,33 per liter styg, terwyl motoriste R2,43 per liter meer vir 93-oktaan-petrol sal moet opdok. Dít terwyl die prys van diesel met R1,10 per liter sal styg.

Dus sal motoriste in Gauteng nou R24,17 vir 95-oktaan-petrol betaal, terwyl diegene aan die kus R23,52 per liter sal opdok.

Daar is aanvanklik gevrees dat motoriste tot R4 per liter meer vir 95-oktaan-petrol sal moet betaal, terwyl die prys van diesel met ʼn verwagte R2,50 sou styg. Die regering se aankondiging dat die R1,50-verlaging van die brandstofheffing verleng word, het ten minste vir effense verligting gesorg.

Só lyk die stygings:

  • 95-oktaan-petrol: R2,43 per liter
  • 93-oktaan-petrol: R2,33 per liter
  • Diesel met 0,05% swael: R1,10 per liter
  • Diesel met 0,005% swael: R1,07 per liter
  • Paraffien: R2,08 per liter
  • Gas: 51 sent per liter

Maroela Media het vroeër berig die nasionale tesourie en departement van minerale hulpbronne en energie het in ʼn gesamentlike verklaring gesê die heffing sal in Junie steeds R1,50 minder wees. Van 7 Julie af word die vermindering na 75 sent aangepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Toy ·

Absoluut belaglik hierdie prysverhoging. Waar gaan dit eindig.

N ·

Ons is elke keer geskok maar daarna gaan dit net aan. Oor n paar maande gaam die pryse weer op dan is ons geskok en daarna gaan ons net voort. Die regering skep want dit reen pap. Ons raak te gewoond aan die regering se eise en teleurstellings dat ons net begin aanvaar.

Petrie ·

As ek nou regtig kommentaar moet lewer oor my siening en gevoel oor die skurke wat die land regeer, sal ek verseker verban word. Ek gaan dit liewer nie doen nie. Hulle weet wat hulle is.

Andre ·

Wat is die prys van olie uit Rusland. En teen watter prys word ons brandstofkoste bereken?

Nici ·

Kry ons nie ‘mates rates’ uit Rusland nie? Wonder of ons dit wel vir ‘n goeie prys kry maar die regering bere die verskil in hul koffers.

M ·

Na aanleiding van duisende,derduisende berigte van korrupsie en self-verryking van die Verloekte-kaders, stel ek voor dat ‘n totaal onafhanklike TV/Radiostasie daargestel word. Op so ‘n manier kan alle korrupte/wanaangepaste/vals….. ens ens NUUS ook in die buiteland openbaar gemaak word. Ek toets hiermee die beginsel van so ‘n stap. Laat weet gerus julle gevoelens.Groete. M

Andre ·

Enige nuwe media sal ook maar soos al die ander beheer word om strooi op te dis.

Flip ·

Net een vraag, hoekom is die Taxi bedryf so stil of raak hierdie hoë brandstof prys hulle nie?

DieKriek ·

Want hulle kry skelm afslag want die taxis behoort aan hoëkoppe. En dan sit hulle nog die pryse op.

Opinie ·

LPG se prys daal met 50c, weet nie hjoe doen hulle daai som nie.

Miskruier ·

Wat help dit om n voertuig af te betaal, versekering te betaal en dan geen geld oor hê om brandstof in te gooi nie.

Manie ·

Waar is SA se strategiese oliereserwes wat juis bedoel is om in krisis tye verligting te bied?

Wondermaarnet ·

Moet ons motoriste nou opdok vir mense wat van publieke vervoer gebruik maak?

Nico ·

Dit word nou winter, die gas en parrafien pryse gaan op, die ministers van die ANC regering het geen gevoel nie, dit is tyd laat hulle voel hoe voel dit om koud te kry.

Kokerboom ·

Die Regering verstaan nie eers Ekonomie 101. Moeilike tye lê voor vir middelman wat ekonomie se melkkoei is! Die spiraal van gevolge word nie begryp!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.