Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 637 800 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 383 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 1 637 848 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 55 874 nadat nog 72 sterftes aangemeld is: ses in die Oos-Kaap, 21 in die Vrystaat, sewe in Gauteng, 13 in Limpopo, ses in Mpumalanga, ses in die Noord-Kaap en 13 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 541 250 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94,1%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 378 282 toetse vir Covid-19 gedoen, 23 352 sedert die vorige verslag.

Meer as 479 000 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Fase 2 van die inentingsprogram het verlede week begin en meer as 171 000 mense is reeds ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap197 12312%
Vrystaat97 9086%
Gauteng444 85127,2%
KwaZulu-Natal338 93720,7%
Limpopo64 8704%
Mpumalanga81 2455%
Noordwes73 3984,5%
Noord-Kaap47 9322,9%
Wes-Kaap291 58417,8%
Totaal1 637 848100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 649184 895579
Vrystaat4 22586 5177 166
Gauteng11 039422 70411 108
KwaZulu-Natal10 482324 2704 185
Limpopo2 41061 953507
Mpumalanga1 43478 4081 403
Noordwes1 84466 5764 978
Noord-Kaap1 02738 9657 940
Wes-Kaap11 764276 9622 858
Totaal55 8741 541 25040 724

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pot se lepel ·

Wat het fou gegaan met gister se verslag? Daar was nie meer as 12000 nuut soos rapporteer nie? Was 2800 plus n paar.

CW ·

As die herstel koers meer as 90% is, is dit steeds ‘n gevaarlike pandemie.
En as mens 30% vir ‘n vak kry is dit voldoende.
Ek lag lekker want logika bestaan nie hier nie.

Andries ·

Dit is omdat 30% voldoende is dat hulle die ‘meer as 90%’ nie verstaan nie.

Thom ·

Die dertig-persenters is nie so dom as die wat nie wil verstaan dat ons met ‘n hoogs aansteeklike siekte te doen het nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.