Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Foto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 9 320 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 16,6% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 1 739 425 te staan.

Minstens 12 148 854 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (63%), gevolg deur die Wes-Kaap (11%) en Noordwes (6%).

Nog 114 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 57 706 te staan.

Altesaam 1 602 406 persone (92,1%) het reeds herstel.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 435 hospitaal-opnames en 62 persone wat in die hospitaal gesterf het. Daar is tans 7 448 Covid-19-pasiënte in 649 staat- en privaat hospitale.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevallePersentasie
Oos-Kaap26019988711.5
Vrystaat4181068206.1
Gauteng590250042628.8
KwaZulu-Natal37234304719.7
Limpopo253672793.9
Mpumalanga339854904.9
Noordwes515816034.7
Noord-Kaap274543943.1
Wes-Kaap98730047917.3
Totaal93201739425100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelBevestigde gevalle
Oos-Kaap11697186559199887
Vrystaat456592891106820
Gauteng11648453723500426
KwaZulu-Natal10561326723343047
Limpopo24996329967279
Mpumalanga14748176785490
Noordwes20827024481603
Noord-Kaap12274525554394
Wes-Kaap11953281945300479
Totaal5770616024061739425

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sterk soos n beer ·

hulle sal na gauteng moet kyk wat baie vinnig styg.

Jan ·

Die voortgesette maar nuttelose en sinnelose “beheermaatreëls” veroorsaak steeds die meeste skade en veroorsaak dat infeksies en sterftes grootliks vreesgedrewe is maar die regering hou daarmee vol en niemand kom agter hoedat hulle ons belieg en manipuleer nie. Die groot pharma lag lekker al die pad bank-toe en die omkopery dy ook voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.