Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto bloot ter illustrasie van die koronavirus. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het nou meer as 2 595 400 bevestigde Covid-19-gevalle met 13 021 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 595 447 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 21,6%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (27%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (26%) en Gauteng (14%). Die totale aktiewe gevalle is 154 071.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 76 869 nadat nog 238 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 364 507 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 91,1%.

Suid-Afrika het tot dusver 15 547 415 toetse vir Covid-19 gedoen, 60 210 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 378 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 14 402 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 9,3 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap1 252241 618
Vrystaat661136 439
Gauteng1 748887 921
KwaZulu-Natal3 445427 908
Limpopo372116 179
Mpumalanga920135 079
Noordwes667135 796
Noord-Kaap45972 504
Wes-Kaap3 461442 003
Totaal13 0212 595 447

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap13 169218 798
Vrystaat5 990117 480
Gauteng18 011854 186
KwaZulu-Natal12 437373 204
Limpopo3 673109 047
Mpumalanga1 782127 301
Noordwes3 321109 723
Noord-Kaap1 84765 048
Wes-Kaap16 639389 720
Totaal76 8692 364 507

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Getalle wil net nie konstant afkom nie
Selfs die sterftesyfer Bly nog hoog

piet ·

Hoe aktief is die Delta variant hier in SA? Kan nog erger raak.

MakersMark ·

piet gemeet aan die middeleeuse denkwyse van baie van ons mede landsburgers gaan daar nog baie siek word. En nog ‘n paar variante gaan hier ontstaan want die delta virus rol voort deur die wat hul nie steur aan voorkomings maatreëls asook inentings nie. Maar as hul siek word soek hul ‘n bed met suurstof in die reeds oorlaaide hospitale. Selfsugtig en kortsigtig.

Jaco ·

Plunderaars in Gauteng en in KZN hardloop in hulle duisende deur winkelsentrums, ALMAL sonder maskers, maar die virus versprei nie daar nie. Net in die Wes-Kaap, waar geen onluste en plundering was nie maar waar “die rassistiese DA” in beheer is, daar styg die corona infeksies so kwaai. Iets maak nie sin nie, maar as ek kommentaar plaas waarin ek my vermoede uitspreek dat die Corona syfers gekook is om ‘n politieke agenda te dien, dan word ek afgeskiet. Anyway, mark my words, die 4de golf tref SA op die 1ste Desember en dadelik is al die Wes-Kaapse strande toe: WEG is wit toeristebesighede aan die kus se beste inkomste van die jaar.

Hardekwas ·

Ek glo nie alle positiewe covid gevalle en sterftes in dié 2 gebiede word aangemeld nie. Hulp word moontlik by die toordokter gesoek. My eie tuinier glo hy is immuun teen die virus na hy bloekomblare geeet het. Ek kon hom nie andersins oortuig nie.

Marianna ·

Hoekom is die getalle nou hoër as met die eerste vlaag? Hoe meer mense ingeent word, hoe hoër die getalle. Die provinsies waar die meeste geent is, is Kaaptstad en Gauteng en KZN. Dit behoort mos al daar af te neem? Nou wonder ek oor Agenda 21. Gaan lees dit maar.

piet ·

Ek begin dink dat die inentings afgedwing behoort te word in SA. Hier’s net te veel hardkoppiges wat gaan veroorsaak dat die pandemie net aansleep. Of dit, of die ongehoorsames moet met baie streng maatreels ingeperk word. Ek dink dit gaan die enigste oplossing hier wees as ons wil vorentoe wil gaan.

Karel Kobus Kruger ·

En wie gaan die verpligte inenting afdwing? Die polisie? Die weermag? Net soos wat hulle inperkingsmaatreëls afdwing? Die meerderheid mense is onregeerbaar. :):) Wat nie noodwendig altyd n slegte ding is nie……

piet ·

Ja want daar is mos ‘n groepie in hierdie land wat wil he die land moet onregeerbaar raak (en dis nie net EFF nie). Daar se jy dit ook self “wat nie noodwendig altyd sleg is nie”.

Gert ·

Ek twyfel of jy mooi nugter dink piet. Enige persoon wat iets op my of my geliefdes wil afdwing gaan in ‘n geweer se loop vas kyk. En daar is duisende mense wat soos ek daaroor voel! Sterkte met daai een.

piet ·

Gert – dan mooet jy en jou followers maar uitgesluit word op alle terreine. Wie nie wil luister nie moet maar voel.

piet ·

Gert – aai, foeitog. Die meerderheid gaan julle groepie pakslae gee. Boonop word reeds baie dinge op jou afgedwing en jou geweerlopie gaan niks help nie.

Jedi Knight ·

Sjoe. Party mense raak erg opgewonde oor mense wat nie lus is vir inenting nie.

koos10 ·

Piet, kry vir jou ‘n stokperdjie asb. Iets om jou hande en kop besig te hou. Ek is nou goed dik vir jou alewige “slim” kommentaar oor die inenting. Ek dink jy wil net reaksie ontlok!

Fritz ·

Nee nee, Piet moet aanhou kommentaar lewer. Ek geniet sy siening, alhoewel ek glad nie met hom saamstem nie. Ek vind dit amusant as hy so kragdadig raak. :):)

Thom ·

@piet __ Nie nodig nie ; maak net bewys van inenting verpligtend voordat jy enige openbare plek mag betree ____ geen bewys , geen ingang . Ook alle byeenkomste , kerke en openbare vergaderings . Weier verder hospitaalbehandeling indien jy nie kan bewys dat jy geënt is nie . Gesondheidswerkers is moeg vir die balhoriges se twak .
In Kanada sien hulle nie meer Covid in hoësorg eenhede nie .

MakersMark ·

Stem saam. Maak die sosiale en publieke lewe so effens meer ongemaklik. Binnekort gaan werkgewers dit ook eis. Sit net daarby hoër premies vir lewens versekering, asook vir mediese fonds vir oningeentes. Vlugte en hotelle onbegaanbaar vir variant fabrieke. Kyk hoe vinnig val hul in lyn vir die inenting.

piet ·

Ek sien die vrou van die omie vir wie hy trekklavier gespeel het buite die hospitaal is ook nou oorlede.

Thom ·

@piet __ sy slaap seker net want volgens Dirk en Andre bestaan Covid 19 nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.