Só lyk naweek se beurtkragskedule

(Argieffoto: Dall-E)

Fase 4-beurtkrag sal Donderdag tot 16:00 duur, waarna daar helaas na ʼn hoër fase oorgeskakel word en fase 5 sal inskop.

Fase 5 sal tot Vrydag om 05:00 duur met wisselende beurtkragfases wat oor die naweek in werking gestel gaan word.

Eskom sê ʼn opwekkingseenheid by onderskeidelik die Camden-, Lethabo- en Tutuka-kragsentrale is die afgelope 24 uur weer in diens gestel. By Duvha, Lethabo en Majuba het eenhede egter die gees gegee en moes vir herstelwerk van lyn gehaal word.

Vertragings om ʼn eenheid elk by Kendal en Duvha weer aanlyn te bring, dra by tot die huidige kapasiteitsbeperkings, sê Eskom.

Altesame 4 950 MW is weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl 17 149 MW weens onbeplande instandhoudingswerk tans verlore is.

DatumDagBeginEindigFase
2 Maart 2023Donderdag05:0016:004
16:0024:005
3 Maart 2023Vrydag00:0005:005
05:0016:004
16:0024:004
4 Maart 2023Saterdag00:0005:004
05:0016:003
16:0024:004
5 MaartSondag00:0005:004

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

En so doen die sirkus voort. Totdat die tent inmekaar janter

Danie ·

Wel hy is hier sterkte almal.Die son laat my nie in die steek nie.

Vonkprop ·

Dieselfde storie elke liewe week. 3 eenhede aan en 3 eenhede af. Nooit meer aan as af of anders om nie. As hierdie patroon nou nog nie iemand agterdogtig gemaak het nie sal dit nooit gebeur nie.

Cherokee ·

Julle is so agterdogtig. Netnou sal ons nog hoor die regering is skelm, ook.

Althes ·

Ons moet saamstaan teen hierdie skandalige regering wat ñ veer voel vir die arme man op straat wat moet werk om kos op die tafel te sit vir sy gesin. Al hoe meer werksverliese begin toeneem omdat maatskappy en produksie aanlegte enorme uitgawes het om die krag te voorsien. Wie gaan gecut word? Die werker, en ander werkers moet dubbele werk doen om die vermindering van personeel te buffer.

philippus ·

Weet nie hoekom publiseer julle die bog nie… ons weet almal dit verander more

annie ·

… planne vir fase 14 lê op die tafel vir as/indien/in geval. Dan sal hele dorpe die donker inplof. En ons winter kom. Almal onthou natuurlik dat ons deur die Marxisties-kommunistiese ANC beheer word. Demokrasie is net ‘n skynheilige liederlike spelfout in staatsdokumente. Soos nóú, is die beste vorm van so ‘n bestel. Sien gerus uit na die volgende fase… dié wat steeds glo 1994 het beter dae gebring…

Nie Verbaas ·

Een voordeel is dat die gemors hulle eie einde bewerkstellig. Miskien kom die mini ANC, genaamd DA dan aan bewind.

Nie Verbaas ·

Die tent is al klaar op die grond en die SEBs skep asof dit uit die mode uit gaan.

anko ·

Gelukkig het ek groot geword in die tyd van n donkie vir warm bad, vuurtjie, kers en gas vir kos, drinkgoed en lig ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.