Só sterf swanger vrou tydens KZN-plaasaanval

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

“Ons het Saterdagmiddag ʼn video-oproep met hulle gehad. Ons het lekker gesels en saamgelag. Ek het nie geweet dit sal ons laaste video-oproep saam met Zakiyya wees nie.”

Só vertel Ally Jamaloodeen, die neef van Ayoob Ismail, wie se 26-jarige swanger vrou, Zakiyya Ahmedjan (26), Saterdagaand tydens ʼn aanval op hul plaas in Weenen, KwaZulu-Natal, vermoor is. Die egpaar se twee kinders, Hajra (8) en Hamza (2), was ook die aand van die aanval tuis.

Zakiyya was swanger met die egpaar se derde kind en die baba sou Desember gebore word.

Ally sê hy het Saterdagaand omstreeks 20:10 ʼn oproep van Ayoob ontvang. “Toe ek antwoord, kon ek hoor hy huil en die kinders het histeries in die agtergrond geskree. Ek het dadelik geweet daar is fout,” vertel Ally.

Ally sê hy is in beheer van ʼn WhatsApp-noodgroep bestaande uit nooddienste, buurtwagte, polisie, plaaslike boere en lede van die gemeenskap. Net nadat Ayoob hom gebel het, het hy die noodgroep in kennis gestel van die oproep. Hy het daarna ʼn vriend gebel wat toe saam met hom na die plaas uitgery het.

“Toe ons by die huis aankom, het ek nie geweet wat om te verwag nie. Ayoob se een kind het na my aangehardloop gekom en geskree: ‘Hulle het my mamma vermoor’,” vertel Ally.

Hy sê Zakiyya het in ʼn plas bloed gelê. Hy het haar pols gevoel. “Toe ek haar kop oplig, toe sien ek haar keel is oopgesny. Sy het nie meer asem gehaal nie,” vertel ʼn baie emosionele Ally.

Hy sê Ayoob het geskree dat hulle ʼn ambulans moet ontbied.

Volgens Ally het Ayoob vroegaand die honde hoor blaf en het ʼn venster oopgemaak om te kyk waarom hulle so lawaai. Hy het gesien hoe die hond deur die draad probeer klim en het die kombuisdeur op ʼn skrefie oopgemaak om te kyk wat aangaan. Toe hy die deur oopmaak, het drie mans voor die deur gestaan. Hy het probeer om die drie mans te keer om die huis binne te kom, maar hulle het hom oorweldig.

Ally vertel Ayoob, wat soos ʼn broer vir hom is, was in ʼn hewige stryd met die aanvallers betrokke om sy gesin te beskerm.

Die aanvallers het glo geld geëis. Hulle het ʼn mes teen Zakiyya se keel gehou. “Zakiyya het vir hulle geld gegee, maar hulle het nog gesoek,” vertel Ally.

Die aanvallers het glo vir Hajra ook gewurg en vir Hamza geskop toe hy na sy ma toe wou hardloop.

“Ayoob het vir die aanvallers gesê hulle kan alles vat, maar hulle moet net sy familie uitlos.” Ayoob het toe sy kinders gegryp en bo-op hulle op die vloer gelê om hulle te beskerm. Die aanvallers het hom begin skop.

“Ayoob glo daar het ʼn vierde aanvaller buite gewag,” sê Ally.

Ally sê die aanval is ʼn groot skok vir hul familie . “Die kinders is emosioneel geskend. Ons is ʼn naby familie en doen omtrent alles saam. Ons sou Sondag saamgebraai het. Nou reël ons saam Zakiyya se begrafnis,” sê hy. Ayoob gaan Dinsdag vir ʼn MRI-skandering.

Nog niemand is in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig die polisie in Weenen het die voorval bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mariaan ·

WIE DOEN SO IETS? WREEDAARDIG VERBY….het nie woorde nie…ons wette en regering is HOPELOOS PATETIES..dis hoekom sulke goed gebeur….sterkte vir hierdie arme familie

johanf ·

Ag nee….tragies, nog een, dink nie ek moet my mening spreek nie. My innige simpatie met die familie en naasbestaandes, kyk na daai kleingoed, dit moet so traumaties vir hulle wees……

Oujongvrou ·

Ek huil saam met julle. Hierdie regering moet begin skadevergoeding betaal. Sal nie mense terugbring nie maar ten minste sal dit die kinders vorentoe help. En nou moet ons ons naaste liefhe. Gelukkig is die uitvaagsels nie my naaste nie.

Oudste ·

Mense, word wakker, hierdie is terrorisme! Gaan lees die definisie van terrorisme op Wikipedia.

JohanR ·

Terrorist/Terrorism : “the unlawful use of violence and intimidation, especially against civilians, in the pursuit of political aims. Beskryf die nou nie mooi die ANC en die EFF se plaas en land beleid nie?

Lorna ·

So jammer vir die famielies
Ek kan myself nie eers indink in so geval nie
Onbeskryflik wreed
Mag God jul styf vashou
Kom boere my broers
Ek weet dis onmoontlik om teen gemors van regering OP te staan
Maar fight fire with fire
Amen God is almagtig Amen

Oudste ·

My hart bloei vir al die slagoffers van terrorisme. Hierdie vrou, en haar kinders, ingeslote die ongebore kind, is slagoffers van brutale terrorisme, om die mense op die plase te verwyder, om die staat in staat te stel om grond, sonder vergoeding, te bekom / annekseer / beslag op te le. Opponeer die staat met hulle agendas. Hoekom word hierdie families nie deur die ampsdraers besoek nie? Dit pas hulle agenda dat dit gebeur.

popsa ·

Baie, baie, baie hartseer. Nee, néé, NÉÉ!!!
Leiers, WAAR is julle stemme? Meneer die President, waarom gaan dit só in u land?! Praat asseblief met u kudde, want u skape woord een vir een keelafgesny deur wreedaards. Ons wag op u reaksie.

Genis ·

Ek sal hulle geod noem wat my in die tronk laat beland! WANNEER STOP DIE.. Wanneer vat ons die ANC spul na n wereld hof so iets?

ES ·

Hierdie haatmisdaad wat net nie wil ophou nie… Dit is so hartseer en daardie arme kinders wat dit ook moes aanskou en deurmaak. Geen kind of grootmens moet ooit aan sulke wrede geweld blootgestel word nie.

Maar ons land se president is stil. Al waaroor hy homself bekommer is die onteiening van grond.

Hannahoekom ·

Hierdie is vir my so bitter wreed en onnodig gewees. Nou moet daardie arme kinders sonder ‘n ma groot word en vir die res van hulle lewens onthou hoe daardie aand gebeur het.

JohanR ·

Wonder wat ou Cyril se Presidents boodskap Maandag more gaan wees? Miskien : “trek vir julle warm aan want die winter is op ons.” “Ek self het by Mr Price ‘ warm eletriese kombers gekoop vir net 129.99c!”

Hoekom ·

Terreur aanvalle gepleeg, teen onskuldige mense, uit haat. Laat dit gebeur met ‘n afrikaan dan hoor jy daarvan wereld wyd…

Johan D ·

Nog altyd seg Cyril de Swyger dat daar nie plaasmoorde is nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.