Só verloop massa-staking môre

Cosatu tydens ’n vorige betoging. (Foto: Cosatu Today/Twitter)

Die massa‑staking wat vir Woensdag beplan word, sal na verwagting tot verskeie optogte, padversperrings en die onderbreking van sommige dienste lei. Die burgerregteorganisasie AfriForum moedig Suid-Afrikaners egter aan om met hul gewone roetines voort te gaan, maar van ander roetes gebruik te maak wanneer hulle ry.

Llewellyn Hemmens, AfriForum se streekshoof vir veiligheid in die Noordstreek, sê wetstoepassingsagentskappe is voorbereid en weet waar die stakings gaan plaasvind, en dat die organisasie se onderskeie buurtwagte ook op hoë gereedheid geplaas is om wetstoepassers op kort kennisgewing by te staan. Buurtwagte het in sommige dorpe ook samewerkingsooreenkomste met die polisie in plek.

Die organisasie sal verder inligting verwerk om te verseker dat akkurate inligting versprei word. Hemmens meen die risiko is groot dat ou boodskappe of fopnuus versprei kan word en sodoende onnodig paniek saai.

Maroela Media het vroeër berig dat die vakbond Cosatu die land môre met ʼn wettige staking tot stilstand wil bring in reaksie op die sosio-ekonomiese kwessies wat die land tans in die gesig staar.

Dit sluit in beurtkrag, toename in misdaad, die hoë werkloosheidsyfer, geslagsgebaseerde geweld, stygende lewenskoste, swak lone en salarisse en die hoë brandstofpryse.

Die staking word deur verskeie ander vakbonde ondersteun, onder andere Cosatu, Saftu, Detawu, Fawu, Sactwu en Numsa. Altesaam 21 unies met meer as vyf miljoen lede uit alle sektore, neem ook aan die staking deel.

Luidens ʼn kennisgewing wat Sactwu aan sy lede uitgereik het, word optogte by sommige werkpersele beplan, asook wegbly-aksies en plakkaatbetogings by werkpersele en in nywerheidsgebiede.

AfriForum waarsku dat hoewel die betrokke partye die versekering gegee het dat alle optrede vreedsaam sal verloop, daar altyd die moontlikheid bestaan dat splintergroepe kan vorm wat hulself aan misdadige aktiwiteite skuldig maak. Taxi’s en vragmotors kan moontlik ook roetes versper.

Hiér sal betogings na verwagting plaasvind

Die organisasie het ʼn dokument saamgestel uit die verskeie kennisgewings wat Cosatu oor die betogings uitgereik het. Ander gebiede kan waarskynlik ook geraak word.

Noordwes

Klerksdorp: Cosatu kom om 09:00 by die mediese sentrum bymekaar en beweeg dan na die departement van minerale sake.

Rustenburg: Cosatu kom om 09:00 by die taxistaanplek bymekaar en beweeg dan na die munisipale kantoor in die dorp.

Mahikeng: Cosatu kom om 09:00 by die Montshiwa-stadion bymekaar en beweeg dan na die kantoor van die wetgewer.

Noord-Kaap

Kimberley: Cosatu kom om 09:00 by Roodepan se oop arena (Galeshewe), Greenpoint (N8) en ʼn oop gebied naby die Pick n Pay in Seochoarengstraat, Galeshewe, bymekaar. Vandaar beweeg hulle na ʼn gebied naby die Kemo-hotel.

Vrystaat

Cosatu kom om 09:00 by die ou Phuthaditjhaba Square in Phuthaditjhaba bymekaar.

KwaZulu-Natal

Durban: Cosatu kom om 10:00 by King Dinuzulu Park (Bothapark) bymekaar.

Gauteng

Tshwane: Cosatu kom om 09:00 by Burgerspark in Van der Waltstraat bymekaar.

Limpopo

Polokwane: Cosatu kom om 09:00 by SABC-park bymekaar.

Mpumalanga

Witbank: Cosatu kom om 09:00 by die Broadway-onderneming in Mandelastraat bymekaar en beweeg dan na Eskom-park.

Wes-Kaap

Kaapstad: Cosatu begin om 09:00 met plakkaatbetoging by die Prasa-metrospoorlyn.

Nasionaal

Detawu en Fawu beplan stakings in al nege provinsies.

Vermy dié strate in Tshwane

Die Tshwane-metropolisie het Dinsdag gesê dat die volgende strate in Tshwane na verwagting geraak sal word, waarvan die meeste in die Pretoriase middestad:

Francisbaardstraat

Nana Sitastraat

Visagiestraat

Pretoriusstraat

Helen Josephstraat

Madibastraat

Sisulustraat

Du Toitstraat

Nelson Mandelaweg

Steve Bikostraat

Hamiltonstraat

Betogers sal na verwagting om 14:30 weer van die Uniegebou vertrek.

Motoriste word aangeraai om eerder van die volgende roetes gebruik te maak:

Jeff Masemolastraat

Thabo Sehumestraat

Bosmanstraat

Paul Krugerstraat

Edmondstraat

Parkstraat

Boomstraat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Waarnemer ·

Waar is ons gwagte minister van polisie?Waarom stop hy nie die staking nie?
Waar is onse president,waarom se hy nie “my fellow South Africans,don’t strike”nie.
Nee, daar moet mos chaos in die land wees sodat die res van die wereld kan kennis neem hoe ” goed” due huidife regering die land bestuur.
Wanneer iemand more “per ongeluk” seer gaan kry of dalk sterf,gaan daar net gese word” due saak sal ondersoek word”.

Koos 100 ·

Waarnemer, hoe dink jy nou? Dis regerings beleid en stakings word in die grondwet beskerm. Die ANC het met die beleide aan bewind gekom, hoekom sal hulle dit dan nou stop?

Michael ·

Was n staking al ooit vreedsaam, dis al weke na n onlangse staking in witbank en steeds gooi hul voertuie met bottels en klippe.

marius ·

Dalk moet ons maar almal saam staak . Dis al wat werk in die hool .

Papsak ·

Niks by hulle is vreetsaam nie bloed moet loop en geweld brandstigting ens

Daniel ·

Hiervan sal niks kom nie die top bestuur gaan net lekker party terwyl die ander staak

Chivago ·

Hulle is juis vreetsaam, van vreedsaam weet ek nie so mooi nie ja

Groen Ghoen ·

Ja, dit is seker die gewigtigste stakers in Afrika, almal etende saam by die krippe wat die belastingbetalers moet volmaak.

Witbaard ·

Dieselfde mense wat staak, is juis die oorsaak van al die probleme waaroor hulle staak.

Koos 100 ·

Maak maar reg, dis die voorloper van die staatsdiens werkers se staking.

Koot ·

Gister die trein afgebrand wag vandag dat die trein hom kom laai.

Helizna ·

Net een vraag… Hoe sou ons weet hulle staak? So nutteloos soos hulle in elk geval is!

Kokerboom ·

As iemand my kan sê wat ekonomiese voordeel van stakings is, gee ek die groen lig!
Pta straatname..eks skoon verdwaal. Stad is lankal gekaap

Henry ·

Wat bereik die mense nou eintlik. Kos die land net klomp geld

Chris dupreez ·

Hoe kan dit n wettige staking wees . Ek verstaan dit nie

Chantel ·

Actually lagwekkend, want wie is dan nou verantwoordelik vir die werklooshied en en en….. shame

Oom Hennie Pennie ·

Dit is tyd dat ALLE UNIES saam begin staak! Waar is Afriforum en Sodariteit? Hoekom sit hulle uit>?

James ·

Dit is juis die unies wat staak wat werkloosheid veroorsaak. Geen land sal bele in Suid Afrika terwyl die unies die ekonomie so afbreek nie.

Piet ·

Maar ou vliegie, neem die leiding. Miskien is die res van Solidariteit beskaafd.

Piet parys ·

Afriforum is nie n Unie nie en Solidariteit toy toy nie . Staak net vir die regte rede en nie uit verveligheid en breinloosheid nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis onnodig vir ons hoë inkomste groepe om te staak.

Helizna ·

Slapgatte staan vir niks net vir rykes en parasitiese elites.

kaplyn ·

Dit is nie ‘n staking nie, maar ‘n lede werwing optog. Die vakbondgroep wat die meeste dans en wie se spreker met sy megafoon die hardste skreeu gaan die meeste lede werf. Hoe meer lede hoe swaarder word die vakbond se geldsakke.

Windhond ·

Hai man!!! waar is die Oos Kaap se plekke – hoekom verloor ons altyd uit…………?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die mense daar dra nog “Free Mandela” plakate.

VaalDonkie ·

Toemaar, die betogers hoef nie bang te wees nie want ek laai bokhael en hulle is nie bokke nie.

Koot ·

Wil net seker maak die mense staak omdat hulle hulle produktiwiteit gaan verhoog in die werksplek, en bewustmaking te skep wat n voorreg dit is om n werk te hê, sodoende te help dat buitelanders nie alle poste oorneem nie!

Hendrik ·

Wat ek nie verstaan nie. Jare en jare terug was daar vir hulle gesê om the staak, aan te teël en alles te vernietig. Daar was nooit vir hulle gesê dat as die anc in bewind kom, hulle moet ophou met die gemors nie. Nou sit die hele land in een groot gemors omdat niks gesê was vir hulle nie. Lekker anc, kry vir jou, dubbel en dwars.

Sarel ·

Julle stem elje keer vir fie huidige Regering….so hoe nou
Jy kry wie en wzt jy voir stem..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.