Só werk nuwe koolstof-taks

Foto ter illustrasie/Pixabay

Die belasting op die vrystelling van koolstofdioksied tree op 1 Junie in werking.

Pres. Cyril Ramaphosa het die Wet op Koolstofbelasting onderteken en dit is op 23 Mei in die Staatskoerant gepubliseer.

Volgens die Tesourie hou klimaatsverandering een van die grootste uitdagings vir die mensdom in en is die hoofdoel van die koolstofbelasting om die vrystelling van kweekhuisgasse op ʼn volhoubare, kostedoeltreffende en bekostigbare wyse te verminder.

Die nuwe wet gee uitvoering aan die beginsel dat maatskappye moet betaal vir die koolstofdioksied wat hulle vrystel sodat maatskappye en verbruikers die negatiewe gevolge (eksternaliteite) in hul toekomstige produksie-, verbruik- en beleggingsbesluite in ag neem. Firmas word aangemoedig om skoner tegnologieë oor die volgende dekade en daarna in werking te stel.

Volgens die Tesourie sal die koolstofbelasting in fases geskied. Die eerste fase is van 1 Junie 2019 tot 31 Desember 2022 en die tweede fase vanaf 2023 tot 2030. Die samestelling van die koolstofbelasting bied ook beduidende belastingvrye uitlatingstoegewings, wat wissel van 60% tot 95% in die eerste fase.

Die inwerkingstelling van die koolstofbelasting sal volgens die Tesourie ook nie tydens die eerste fase ʼn uitwerking hê op die prys van elektrisiteit nie. “Dit sal lei tot ʼn relatief beskeie koolstofbelastingkoers wat wissel van R6 tot R48 per ton CO2.” Die rede hiervoor is om die maatskappye en nywerhede wat die meeste kweekhuisgasse produseer die geleentheid te gun om hul bedrywighede na skoner tegnologie oor te skakel deur beleggings in energiedoeltreffendheid, hernubare energie en ander lae koolstofmaatreëls.

Volgens die Tesourie sal daar ʼn oorsig gedoen word van die uitwerking van die koolstofbelasting voor die tweede fase afskop. “Toekomstige veranderinge aan tariewe en belastingvrye drempels sal ná die hersiening volg en onderhewig wees aan die normale deursigtige konsultasieprosesse vir alle belastingwetgewing.”

Die regering het sy verbintenis uiteengesit om ʼn rol te speel in die wêreldwye pogings om kweekhuisgasse te verminder. Suid-Afrika het sy eie binnelandse teikens, soos uiteengesit in die Parys-ooreenkoms, en koolstofbelasting vorm ʼn integrale deel van die versekering dat Suid-Afrika aan hierdie teikens voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dampies

Waarvoor gaan die belasting aangewend word? Of dit ‘n Staatsgeheim.

Johan

Dit klink alles goed en wel. Maar waarnatoe gaan die belasting? Net soos suiker belasting na die Regering wat self erken dat die land se geld vermors word. Daar is dus by-motiewe

J

Om bangrot staatskas te vul. Waarvoor gaan dit eintlik gebruik word. Nog geen woord is daroor gerep nie.

piet piet

Baie goed,gee aandag ook aan die riviere,see,natuurlike graslande en plant elke jaar n miljoen bome veral die wat koolstof vrate is soos die spekboom.

Donderstorm

Europese lande betaal lande ss suid amerika geld om minder koolstof te mors sodat hul meer kan mors wat kry suid afrika dan uit die deal uit dan?china is een van die grootste besoedelaars tans dits net ekstra geld maak carbon tax. Maatskapye wat die reviere besoedel moet gekap raak hul kom niks oor nie kyk die staat van reviere in suid afrika suid afrika kom nie naby oorsee se landevwaneer dit by besoedeling kom nie wat van atoom bom ontploffings doen dit die aarde geen skade nie?