Soektog duur voort na vermiste lewensredder

Argieffoto (Foto: NSRI)

Stad Kaapstad werk saam met verskeie agentskappe om ʼn lewensredder te vind wat Saterdag in die see naby Muizenberg verdwyn het.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid van gemeenskapsdienste en gesondheid, het gesê die man het van ʼn reddingslee afgeval wat deur ʼn jetski gesleep is toe hulle ʼn sweefskiër wou bystaan wat naby St James-strand in die moeilikheid beland het.

“Lewensredders van Muizenberg het net voor 15:00 reageer op die oproep oor die sweefskiër. Die senior lewensredder het die jetski bestuur en ʼn seisoenale lewensredders was op die reddingslee. Hy het tussen 50 m en 100 m van die kus af van die reddingslee afgeval en in die water verdwyn,” het Badroodien bygevoeg.

Lewensredders het dadelik ʼn soektog van stapel gestuur saam met die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), wetstoepassers, brandweer, rampbestuur en paramedici. Die soektog het voortgeduur tot dit te donker geword het om verder te soek.

Muizenberg-strand is Sondag gesluit om alle dienste toe te laat om met hul soektog voort te gaan. Berading is ook vir die lewensredder se kollegas en vriende gereël.

“Stad Kaapstad sal alles in sy vermoë doen om die man op te spoor en sy kollegas, familie en vriende in hierdie moeilike tyd by te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peetjie ·

Ek hoop hy word gou gevind..die onsekerheid sal sy ouers / familie gek maak

Casper ·

Dit is baie tralies.Hy het sy medemens gedien en sekerlik al baie mense in nood gehelp.Ek dink agter die kanse dat hy lewens gevind sal word is baie skraal.Die see hou egter niks daar wat nie daar hoort nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.