Soldaat by haar huis vermoor

(Argieffoto)

ʼn 30-jarige vrou, ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, is Donderdagoggend by haar huis in Tonga naby Komatipoort vermoor.

Die polisiekommissaris van Mpumalanga, lt.genl. Semakaleng Manamela, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê ʼn familielid van die vrou is deur die bure in kennis gestel dat hulle agterdogtig is oor ʼn voorval by die vrou se huis. “Hy het gaan ondersoek instel en op haar liggaam afgekom. Sy het in ʼn plas bloed gelê en het meswonde opgedoen.”

Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied. Sy is op die toneel dood verklaar. “Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

Die voorlopige ondersoek dui daarop dat sy op pad was werk toe, omdat sy in uniform was.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kol. Nancy Mnisi te kontak by 072 603 8438.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Samuel ·

Hou op om die wandade te veroordeel! Doen iets daaromtrent.

Pablo ·

Die kriminele teiken nou die weermag. Waar in die wêreld gebeur dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.