Solidariteit-lede betoog teen afsonderingsregulasies

Die werknemers van die ArcelorMittal-staalaanleg wat Donderdag werk toe gegaan het (Foto: Verskaf)

Werknemers van die ArcelorMittal-staalaanleg in Vanderbijlpark het Donderdag aangemeld vir werk uit protes teen afsonderingsregulasies wat tot gevolg het dat honderde duisende mense nie kan werk nie. Dit volg nadat Solidariteit duisende werkers oor die land gevra het om druk op die regering te plaas sodat alle maatskappye wat gesond kan werk, kan heropen.

Dié werkers het met beskermende maskers, handreinigers en omvattende voorstelle om gesond te kan werk, by die staalaanleg opgedaag.

Dit is deel van ’n omvattende veldtog van Solidariteit, wat behels dat duisende werknemers dwarsoor Suid-Afrika ’n openbare verklaring teken waarin geëis word dat diegene wat gesond kan werk, terugkeer werk toe.

Een van die werknemers van die staalaanleg wat weer wil werk (Foto: Verskaf)

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die vlakke van werksverlies en die krisis wat ontstaan het weens mense wat net ’n gedeelte van hul salarisse ontvang, is van so ’n omvang dat Solidariteit-lede reg oor die land gesê het hulle gaan begin om by werkplekke aan te meld ten spyte van die regulasies.

“Ons maak nie ’n keuse tussen gesondheid en werk nie; ons kies vir gesonde werk. Ons het ’n omvattende en goeie praktykskode ontwikkel om werkgewers in staat te stel om te kan werk. Al wat tussen gesonde werk en werkers staan, is die regering se regulasies,” meen Hermann.

Hermann sê Solidariteit glo dat die verantwoordelikheid na maatskappye moet skuif om hulle gereed te kry om veilig en gesond te werk. “Die sentrale beplanning van die ekonomie lei tot groot skade aan die ekonomie,” het Hermann gesê.

Volgens Hermann veroorsaak besluite wat op sentrale vlak geneem word dat sekere maatskappye moet sluit, en volgens hom word hulle ontneem van die geleentheid om hul eie kreatiewe planne daar te stel om gesond te kan werk.

“Solidariteit is onverskrokke in sy weerstand teen die virus, maar ook onverskrokke in sy standpunt ten gunste van werk en die ekonomie,” sê Hermann.

Een van die werknemers van die staalaanleg wat weer wil teruggaan werk toe (Foto: Verskaf)

Hermann sê tienduisende mense is gereed om te werk, maar duisende maatskappye wat kan oopmaak, moet gesluit bly as gevolg van bevele van ’n bevelsraad. “Suid-Afrika is nie ’n diktatorskap wat bevele van ’n bevelsraad moet gehoorsaam nie. Suid-Afrika is ’n demokratiese land met burgers wie se stem gehoor moet word,” meen Hermann.

“Solidariteit glo nie dat die stimulering van die ekonomie en die stryd teen die virus teenoor mekaar staan nie. Die stryd teen die virus het die ekonomie nodig, en die ekonomie het ’n effektiewe stryd teen die virus nodig,” sê Hermann.

Werknemers wat die openbare verklaring wil teken, kan dit doen by https://corona.org.za/reg-vir-werk/ of deur WERK te SMS na 34802.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Raakvatter ·

Dis nou ‘n ding, betoog om te werk. Meestal is dit net andersom. Goeie idee.

Misky ·

Ek hoop hierdie breek net die ys vir baie van die inisuatiewe. Dis hoogtyd dat ons mense begin opstaan en van ons laat hoor. Well done en dis 1ste stap in regte rigting!!!!

Jaco ·

oppas mense. BLY by die reels. ek weet dit gaan swaar, maar wit mense moet nie NOU met dinge begin wat later teen ons kan gebruik word nie. Al word ons hoe sleg behandel, behoort ons mos nou al te weet dat ons klagtes NET afgeskiet word dat ons rassisties is en nog vol apartheid.

Onthou ook maar die volgende: In Zimbabwe was Mugabe se ooreenkoms met die wit mense: julle bly uit die politiek en ek sorg vir julle. dit het goed gewerk vir 20 jaar. wit mense was gelukkig in Zimbabwe. En toe begin wit mense die opposisie MDC party te finansies. Die gevolg: wit boere op groot skaal sonder vergoeding onteien en wit mense weggejaag uit Zimbabwe.

Jaco ·

Wat in Zimbabwe met wit mense gebeur het, kan baie maklik in SA ook gebeur.

Morné ·

Dit is van niks doen nie, dit is hoekom ons is waar ons is!

Leeuwyfie ·

So Jaco jy voel ons moet die krokodil voer met die hoop om laaste geëet te word? Dinge werk nie so nie. Die witmense is nie uit Zim gejaag oor die redes wat jy aanvoer nie. Die witmense is uitgejaag oor die ZanuPF begin steun verloor het en toe meer populisties begin optree het om weer stemme te werf. Dis ook wat tans met die ANC gebeur. Hulle het baie steun verloor met die laaste verkiesing. Dis hoekom EWC eerste op die tafel gelê is daarna. Dit het niks met witmense te doen nie. Dis net die redes wat aangevoer is om steun te kry van die meerderheid. Dit werk want mense hou daarvan om te hoor wie verantwoordelik is vir hul slegte omstandighede en dan ontslae te raak van die probleem. Al is die redes vals. Die mense se aandag word afgetrek van die slegte regering van die ANC. Dis ‘n trein wat net God kan stop. Jou goeie dade of, behoede ons, jou stilte, gaan niks verander aan die saak nie. Inteendeel, dit behoort die proses net te vergemaklik.

Sonneblomkind ·

Ek het gaan se ek kan werk, dis my reg en ek stem saam

Stefan ·

Jou gesondheid, jou keuse, ‘n baie egoistiese stelling.
Wat van my gesondheid as jy my kom aansteek?

Francois ·

Niemand het gese jy hoef terug te gaan werk toe nie. Hulle betoog om te gaan werk om kos op die tafel te sit. Dis jou keuse om by die huis te sit

twaalfboor ·

Stem saam jou Stefan. As almal hulle eie keuses kon uitoefen ten koste van ander is dit niks anders as egoisties nie.

Leeuwyfie ·

Stefan jy moet onthou dat jy ‘n 98% kans het vir oorlewing met die virus. Dis beter kanse as wanneer jy in jou kar klim.
Mense verloor hul werk op die oomblik. Die gevolge is die onvermoë om kos op jou tafel te sit of die dak oor jou kop te hou. Mense kry swaar. Dis wanneer mens moet begin opweeg wat die grootste gevaar inhou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.