ʼn 27-jarige man is Woensdag in New Rest- informele nedersetting in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die diefstal van sonkragpanele.
“Die polisie het die afgelope week in verskillende voorvalle beslag gelê op ses sonkragpanele,” het lt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Hy sal binnekort in die Port Alfred-landdroshof verskyn.”
Die klopjag in die informele nedersetting het plaasgevind nadat ao Albert Doyi en Joseph Marais ʼn wenk ontvang het. Lede van die gemeenskap het glo die panele gebruik vir beligting en kookdoeleindes en ander het hul radio’s en televisiestelle via ʼn motorbattery daaraan gekoppel.
Die polisie het die gemeenskap gewaarsku om nie sonkragpanele te steel of gesteelde goedere te koop nie.
Dis dalk hulle manier van “wealth redistribution”. Zumz s’n is Nkandla.
Net Nkandla se sonpanele is veilig.
Snaaks dat julle so graag ‘n vriendelike troetelnaam ontwerp vir die mees ongewildes in die land.
Ha ha – gewonder wanneer gaan so iets gebeur. Ja nee – In hierdie wettelose land sal hulle nog die teer in die paaie oprol.