Spaar krag, pleit Eskom

Argieffoto (Foto: Engin Akyurt/Unsplash)

Eskom het Saterdag ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om (ondanks die koue) elektrisiteit spaarsamig te gebruik om nóg hoër fases beurtkrag later die naweek te voorkom.

“Weens die daling in temperature doen ons ’n beroep op alle lede van die publiek om die vraag na elektrisiteit tot lae vlakke te handhaaf deur nie-noodsaaklike toestelle, hoofsaaklik geisers en swembadpompe, af te skakel.

“Dit sal help om druk op die kragstelsel te verlig en verseker dat ons hierdie naweek hoër stadiums van beurtkrag vermy,” het die kragvoorsiener vanoggend gesê.

Soos sake nou staan, geld fase 4 tot Sondag om 05:00, gevolg deur fase 2 tot Sondag om 16:00.

Beurtkrag is Vrydag in ’n stadium onverwags tot fase 5 verhoog weens ’n hoër as verwagte vraag na elektrisiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Truman Burbank ·

Enige iemand wat in hierdie weer hul swembad pomp aan los, verdien om dit te verloor in n surge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.