Speaker stem in tot dringende debat oor SAL

SAL-werkers staak vir groter salarisse (November 2019) (Foto: AP Photo/Themba Hadebe)

Speaker Thandi Modise het Woensdag ingestem dat ʼn dringende debat oor die stand van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) in die parlement gehou moet word.

Die Inkatha Vryheidsparty het die versoek ingedien.

“Ons verwelkom die speaker se besluit om ag te slaan op ons versoek,” het Narend Singh, hoofsweep van die IVP, gesê. “Die debat sal Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, die geleentheid bied om aan die land te verduidelik watter maatreëls in plek gestel is om seker te maak die ongekende ontwrigting wat veroorsaak is toe personeel begin staak het, word nie weer herhaal nie.”

Lede van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel (Sacca) het Vrydag begin staak oor salarisverhogings en moontlike afleggings by die nasionale lugdiens. Hulle eis ʼn salarisverhoging van 8%.

Gordhan het Woensdag gewaarsku dat die lugdiens nie die geld het om die verhoging te kan bekostig nie en die gevaar bestaan dat salarisse hoegenaamd nie betaal mag word nie. Hy het gesê onderhandelings duur voort en hy is vol verwagting dat dit suksesvol sal wees.

Singh het gesê die nasionale vergadering se beplanningskomitee sal Donderdag ʼn geskikte tyd skeduleer vir die debat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Henry ·

Hoe onnosel kan mense nie wees nie. Wat van n debat oor die ANC se bestuur?

chrisjan ·

Eerstens moet alle stakers ontslaan word.Slegs sleutel poste moet weer gevul word deur nuwe werkers..Dit sal die salaris rekening van SAL verlaag.Dn moet SAL onder Sakebestuur geplaas word.

Braam ·

Stem volkome saam dit is tyd dat die unies in n les geleer word, hulle is besig om SA
te verwoes. SAL het slegs bevoegde personeel nodig dank die stakers wat nie wil werk nie af

Christo ·

Dis mos hulle “Demokratiese Reg” om te staak…….so dis dan seker ook hulle “Demokratiese Reg” om die SAL (en die land) in sy kanon in te staak…..
Jaag die hele spul van hulle weg en kry mense wat wil (en kan) werk .

Louis leeu ·

Gee die 8% en maak dan SAL toe dan sit hulle in elk geval sonder werk

Pieter ·

Gee hulle niks maak net die plek toe hulle het genoeg van ons belasting geld gemors julle ANC maak n mens siek

Ek stem ·

Ek stem saam. Gee verhoging en dan 30 dae retrenchment en hou sletelposte soos ander rederye.

John ·

Hoe op aarde het ‘n metaalwerkersunie by die lugdiens betrokke geraak? Maak ons enige onderparte vir vliegtuie of bou ons vliegtuie? Moet die duike in die rompe gereeld uitgeklop word wanneer loodse teen wolke bots. En die kajuitpersoneel… hoe belangrik ag hulle hulself om die finansies van die lugdiens te beheer?

Pierre ·

Dis darem snaaks dat een versoek in die parlement so gou aangehoor kan word, maar die jare lange sloering met die Transnet Pensioene kan nou nog nie afgehandel word nie. Die oumense sterf van armoede. Waar’s jy nou Adv.Alberts? Verkiesing is mos verby nê.

wilma ·

Ag grote griet wat weet sy elk geval. Daar moet duidelik vi die stakers gese word wat het vani geld geword dan kan hul die SAL bestuur besoek

Schalla ·

Ek het oor die naweek statistieke gesien van hoeveel mense ander rederye in diens het in vergelyking met hoeveel vliegtuie hulle het. Dan word dit vergelyk met SAL se aantal vliegtuie en werknemers. Ek is maar altyd skepties om sommer net alles te glo wat op sosiale media as die waarheid versprei word, maar as daar ENIGE waarheid daarin steek dan werk daar HEELTEMAL te veel mense by SAL en kan die vlugte maar almal vol wees, jou inkomstes gaan NOOIT jou uitgawes dek nie en gaan die plek ten gronde gaan. Die probleem is produktiwiteit. Ek sien dit in my bedryf ook (en dit IS ‘n private maatskappy). Loop deur die fabriek tydens produksietyd en kyk hoeveel mense sit rond en sit op hulle selfone. Die werkers is definitief nie almal naastenby 100% gelaai nie! En dan kry jy gewoonlik die arme paartjies wat rondhol soos afkop-hoenders wat 120% gelaai is om dinge aan die gang te probeer hou! Daar’s hy – die sprekende voorbeeld van sosialisme/kommunisme, want kom verhoging-tyd is die klomp wat so op hulle selfone sit heeldag die wat die meeste protes aanteken en hoër salarisse eis en alles afbrand tot hulle dit kry! En laat iemand anders wat dit verdien nou net ‘n bietjie meer verhoging as hy kry!

Schalla ·

Probleem is nie net produktiwiteit nie. Ons weet natuurlik korrupsie en wanbestuur in die top bestuurs-posisies is die ander groot probleem! Ek wil egter nie enige van daai posisies vir enige geld in die wêreld hê nie. Veral die wat nou moet inkom om die gemors te probeer beredder! Hulle gaan BAIE ongewilde aksies moet neem wat ongelukkig gaan insluit om duisende mense af te dank en dit gaan so onregverdig voorkom al is dit eintlik die regte en enigste ding om te doen.

Hans ·

Wel danksy hul staking kan ek nie vandag my gehoorstuke kry wat vanaf kaapstad moet kom ni. Dit moes al maandag gekom ht. Hul staking raak ve meer as nt SAL vlugte.

Petrus ·

Debatte…debatte…debatte. Daar moet eerder gedoen word!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.