Spoed eis glo leerders se lewe

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Twee leerders is dood toe die Kombi waarin hulle gery het glo teen ʼn “hengse spoed” teen ʼn motor in Senwabarwana in Limpopo gebots het.

Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer, sê die Kombi het die leerders skool toe vervoer toe dit teen ʼn Volkswagen-sedanmotor gebots het. Die Kombi het van die pad gery en omgeslaan.

“Twee leerders, onderskeidelik 14 en 15 jaar oud, is op die toneel dood verklaar,” sê Maringa.

Nege ander leerders en die bestuurder van die Kombi het ligte beserings opgedoen. Hulle is na die Helen Franz-hospitaal in Senwabarwana geneem vir mediese behandeling en is ook reeds ontslaan.

“Die bestuurder van die Volkswagen het ongedeerd van die voorval afgekom.”

Die departement het roekelose bestuur as ʼn moontlike oorsaak van die ongeluk uitgelig.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het haar medelye aan die oorlede leerders se families betuig. Sy doen ʼn beroep op verskaffers van openbare vervoer, veral diegene wat leerders na skole vervoer, om ekstra versigtig op die pad te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Antjiepat ·

Baie hartseer, sterkte aan die familie en vriende van hierdie kinders…

Mariana ·

Roekelose bestuur ja. Dis hoe hulle ry met kinders. Die voorval is betreurnswaardig en hopelik word hy aangekla van strafbare mansslag. Simpatie aan ouers.

Genis ·

Eindelik moet die staat openbare vervoer ten volle aanbied… nie n Kamkazi Taxi bestuurder wat alle wette verontagsaam… Die staat het die TAXI MONSTER ontwikkel/gevoer/gepamperlang en geld gevoer..

Fedup ·

So, nothing will happen to the taxi uhm, operator?
Slap on the wrist with some kfc or cake and tea.
Those parents should ride that one to taiwan and back.

Chantel ·

Ek sien mos hoe ry hulle, geen respek vir die insittendes wat hulle vervoer nie. Daar sal NOOIT iets aan hulle gedoen word nie, want dan staak hulle.
Ek bid vir hierdie ouers wie se kinders a.g.v iemand anders se absolute waansin en geen respek vir ander se lewens nou weg gevat is nie. Mag julle berusting vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.