‘Spoorwegdiewe’ twee keer op selfde plek vasgetrek

Argieffoto

Vyf mans sal vandag in die Klerksdorp-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van besit van gesteelde goedere nadat gesteelde spoorwegmateriaal ter waarde van honderde duisende rande in hul besit gevind is.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, sê die vyf beskuldigdes is vandeesweek in twee verskillende voorvalle op dieselfde plek in Hartbeesfontein naby Klerksdorp vasgetrek.

Die eerste twee is Dinsdag in hegtenis geneem nadat 58 spoordwarslêers in hul besit gevind is. “Lede van die blitspatrollie was aan diens toe hulle inligting ontvang het van ʼn wit Mitsubishi-vragmotor waarop spoordwarslêers gelaai word naby Rietkuil-plaas buite Hartbeesfontein,” het Botma gesê.

“Hulle het die vragmotor opgemerk waar dit in die rigting van Klerksdorp gery het en die voertuig voorgekeer. In die vragmotor het hulle 58 dwarslêers ter waarde van R158 000 aangetref. Die insittendes kon nie verduidelik waar hulle die goedere gekry het nie en is onmiddellik in hegtenis geneem. Daar is ook op die vragmotor beslag gelê.”

Die polisie se tweede deurbraak het gister in die vroeë oggendure gekom toe hulle weer ʼn wenk ontvang het van ʼn vragmotor wat wéér materiaal naby Rietkuil-plaas oplaai.

“Die polisie het weer die vragmotor op die Klerksdorp-pad gevind, voorgekeer en deursoek en hierdie keer is 160 spoordwarslêers, 148 spoorstawe, drie gassilinders en diesel in die vragmotor gevind. Die goedere was na raming altesaam R376 000 werd,” het Botma gesê.

Drie insittendes in die vragmotor is in hegtenis geneem en hulle sal vandag saam met die twee verdagtes wat vroeër vasgetrek is in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SjN ·

Die skrootwerf wat dit koop is net so skuldig, dit sal nie stop terwyl daar n afset is nie, hoop hul word swaar gestraf.

John ·

So 25 jaar gelede was daar voor ‘n stemmery ‘n plakkaat van seker die kleinste party destyds, wat gewaarsku het: Een mens een polisieman. En weg is daardie party, maar die waarheid staan nog soos ‘n paal bo water geskryf…

Swannie ·

160 dwarslêers EN 148 spoorstawe ?? HUH ??

Dit moes `n hengse groot vragmotor gwees het wat so `n tonnemaat kon vervoer.

Jammer ek glo dit nie.

marous ·

Waarom word die wat die goed koop nie lewenslank weggesit nie ….want hulle betaal elke maand ‘n vet klomp geld sodat daar anderpad gekyk moet word.

stem saam! ·

ek glo nie eers n spoorwegtrok is groot genoeg om op eenslag te laai nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.