Sportmeneer in hof vir statutêre verkragting

Argieffoto.

’n Voormalige sportonderwyser van ’n laerskool in Kimberley in die Noord-Kaap het Maandagoggend in die landdroshof in dié stad op aanklagte van statutêre verkragting verskyn.

Kapt. Tessa Jansen, woordvoerder van die polisie, sê die man het na bewering ’n 13-jarige meisie oor ’n tydperk van ongeveer ’n maand verkrag. Die verkragtings het van begin tot einde Oktober gestrek.

“Die slagoffer was na bewering die onderwyser se vriendin se dogter,” sê Jansen.

Jansen sê volgens die inligting tot hul beskikking is die verkragtings by ’n maatskaplike werker aangemeld, wat toe die saak by die polisie aanhangig gemaak het. Die man is Vrydag in hegtenis geneem.

Hy het gister (Maandag) sy eerste hofverskyning gemaak. Hy sal na verwagting weer op 7 April in die hof verskyn wanneer hy formeel om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Landras ·

Oor ‘n tydperk van ‘n maand , maw die arme kind sit dalk met hiv ook , nie nét emosioneel opgeneuk nie . So hartseer .

Deon ·

Om n verkragting met mooi woorde te beskryf “statutere verkragting” maak nie die daad minder ernstig nie, dit bly n vieslike misdaad teen n minderjarige… Is statutere verkragting nie wanneer kind misbruik word met die kind se toestemming nie? Wat dan nou vir my die daad selfs erger maak want daardie verkragter, in hierdie geval n skoolhoof op die koop toe, is mos nou veronderstel om te weet hy mag dit in die eerste plek nie doen nie…. Indien hierdie man skuldig aan hierdie daad is, hoeveel ander is daar wat hy tot dusver mee weg gekom het

Deon ·

Regstelling, nie skoolhoof, jammer m… Meter het hoogte ingeskiet

Regverdigheid ·

Borgtog neeeee, more verkrag hy nog n kind tronk toe vir hom… Pappa wag vir jou .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.