Sporttoekennings: Bokke net waar jy kyk

Aimee Barrett-Theron, Marco van Staden, Malcolm Marx, Manie Libbok, Mark Alexander en Rian Oberholzer. (Foto: X)

Siya Kolisi is nie net Suid-Afrika se sportster van die jaar nie, die Bokkaptein is ook ondersteuners se gunsteling.

Die Rugbywêreldbeker-kampioene het ses toekennings tydens die 17de Suid-Afrikaanse Sporttoekenningsgeleentheid in die Superbowl by Sun City opgeraap. SA Rugby (Saru) het twee toekennings ontvang.

Die Springbokke is as span van die jaar aangewys, terwyl die Bokslot Eben Etzebeth as sportman van die jaar aangewys is.

Kolisi is in Parys, Frankryk, en Etzebeth was op pad terug van Londen. Hulle kon nie die spoggeleentheid self bywoon nie.

Spanmaats Marco van Staden en Malcolm Marx het die trofee namens hulle in ontvangs geneem.

Manie Libbok, die Bokke se losskakel, het met die trofee as nuweling van die jaar weggestap.

Jacques Nienaber se toekenning as afrigter van die jaar, was SA Rugby se kersie op die koek.

Mark Alexander, president van Saru, is met die sportadministrateur van die jaar-toekenning beloon, terwyl die unie ook as nasionale federasie van die jaar aangewys is.

Die agt toekennings is ʼn verbetering op rugby se vorige beste vertoning (vyf toekennings in 2022) en is volgens Saru bes moontlik die meeste wat ʼn enkele sportsoort in die 17 jaar lange geskiedenis van die toekennings nog ingepalm het.

“Ons het groot waardering vir die eerbewys wat die beoordelaars en Suid-Afrikaners aan ons sport gegee het,” sê Rian Oberholzer, uitvoerende hoof van Saru.

“Rugby het oor ʼn lang tyd hard gewerk om hierdie punt te bereik en ons is nou in die gelukkige posisie om ʼn goue era te geniet. Die toekennings is ʼn beloning vir al daardie harde werk, toewyding en geesdrif wat daagliks op elke vlak in die sport gestort word: van die skoolveld tot die provinsiale unies en natuurlik op Springbokvlak.

“Individue ontvang op die aand hierdie trofeë, maar ek hoop almal betrokke by rugby weet dat dit ook húlle toekennings is. Dit is ʼn heerlike geleentheid vir ons sport, waaroor ons ook baie nederig is.”

Die titel as sportvrou van die jaar het gegaan aan Kirsten Neuschäfer. Sy is in November boonop ook as Wêreldseilvaart se vroueseevaarder van die jaar aangewys.

Die atlete Mpumelelo Mhlongo en Simoné Kruger is ook na die verhoog geroep waar hulle onderskeidelik die toekenning vir paraplegiese atlete omhoog gehou het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Genade, die een punt span kry alles. Is die ander sportsoorte sò swak. Is ander sporte besig om uit te sterf.

George ·

@Republiek, of jy met 1 punt wen of 100, maak dit nie saak nie, maak nie saak in watter sport nie. 1 punt is goed genoeg, rugby, sokker, netbal alle sporte, 1 sekonde is ook genoeg.

George ·

@Rep, en hulle het n world cup gewen, as ons netbal, kriekter, sokker ook n groot geleentheid gewen het, sou dit waarskynlik bietjie moeiliker gewees het.

skurweberg ·

@Republikein. Jy sê alles, maar beware ons asb van meer afgode

Republikein in die Wes Kaap ·

Maar AL die bekers, George? Rugby is ‘n relatief klein wêreld sport met twee of drie potensiële wêreld kampioene. My vraag bly steeds. Waar is ander sportsoorte? Goed die mans en vroue sokker spanne het eers vanjaar skaflik gevaar in die AFCON toernooie in ‘n sport wat ‘n baie groter wêreldsport is, met hordes top spanne. Selfs krieket is deesdae meer medingend as rugby. Wat van golfspelers. Brad Binder se sport is uiters mededingend. Waar is die boksers. Drikus het eers vanjaar sy UFC titel gewen. Maar UFC is taai en hy kan sy titel nog vanjaar verloor. Word hy dan verwerp. Waar is die baan en veld atlete, en tennis. Wat gaan aan George?

Casper ·

George,hier moet ek met jou saamstem,maar “kaptein”Kokisi word na rustyd vervang.’n Naam wat volgens my kop en skouers bo almal uitstaan is yster Pieter Steph du Toit.Waar is sy toekenning,waar is Handre Pollard se toekenning wat al drie uitspeel wedstryde vir die bokke gewen het.Is die toekennimgs regtig volgens meriete gedoen.Vra maar vir die Engelse,die Franse en All Blacks wie tackle die hardste.

Casper ·

Republikein,watter span het al vier wêreldbekers gewen.Nie krieket,netbal of soaker nie,en Republikein vanjaar gaan die krieket hopelik weer pakkry want hulle gaan leen spelers by tehuis spataar en gee nie ons jong sterre speelkans nie.

Meryna ·

Trots trots trots op ons manne in Bokke!!????????Mens het net een punt nodig vir ‘n wen, waarom onnodiglik verder energie verbrand??

Republikein in die Wes Kaap ·

Casper, rugby is ‘n klein wêreld sport. Die vier wêreldbekers beteken niks. Eintlik behoort net vier spanne mee te ding, nie 20 of nou 24 nie. Belaglik. Rugby het ‘n opgeblaasde klug geword. Indien Bafana die kwarteind van Fifa Word Cup haal het hulle meer bereik as die vier rugby bekers saam. Drikus se UFC titel het meer waarde. ‘n Vyde plek vir Binder beteken meer. Rugby laat my dink aan die Yanks se world series vir bofbal.

Meryna ·

Trots trots trots op ons Bokke!! Mens het net een punt nodig vir ‘n wen, waarom onnodiglik verder energie verbrand??

Delia ·

Is hierdie dan nie n jaarlikse sportprysuitdeling nie. Hoekom nou praat van die vorige wereldbekers wat gewen is. Rugby bly maar n afgod.

Michael ·

Rugby sa moet geboikot word todat hulle spelers op meriete kies en nie volgens velkleur of kwota sisteme nie.

Fran ·

Stem saam met Casper. Kolisi sportster van die jaar???? Asb! Wat ‘n klug!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.