Staat wil plan maak met salarisrekening

geld-finansies-spaar-begroting-belegging-deur-stevepb-op-pixabay

(Foto: Stevepb/pixabay)

ʼn Onbekostigbare openbaresektorsalarisrekening is volgens die begrotingrede een van die grootste bedreigings vir fiskale welstand. Dit veral in die lig van eise vir onbekostigbare salarisverhogings deur openbaresektorvakbonde vir die komende boekjaar.

Verder is die openbaresektorsalarisrekening ook een van die hoofbydraes tot die toename in die begrotingstekort oor die afgelope dekade. Die salarisrekening is die enkele grootste regeringsuitgawe, met dié rekening wat sowat 32% van totale gekonsolideerde regeringsbesteding opmaak.

Volgens Godongwana word daar tans slegs begroot vir die deurvoerkoste van salarisverhogings soos uiteengesit in die 2021‑’22‑begroting. Volgens Godongwana gaan buite-begrote salarisverhogings vir diegene in die openbare sektor egter moeilik toegestaan kan word.

Daar waar buite-begrote verhogings wel onderhandel word, gaan dié geld deur besparings op ander plekke bekom moet word. Dit kan onder meer beteken dat nie-noodsaaklike poste nie gevul sal kan word nie.

“Die nasionale tesourie sal ook in die komende boekjaar met die presidensie saamwerk om geld te bespaar deur byvoorbeeld van die openbare entiteite te sluit en programme af te skaal.”

Met sowat 1,2 miljoen werknemers, bly die regering steeds die grootste werkgewer in die ekonomie en bogenoemde besparingsaksies kan beteken dat nóg meer werksgeleenthede verlore gaan.

Suid-Afrika se indiensnemingsvlakke het in die eerste drie kwartale van 2022 goed herstel. Dit is egter steeds soortgelyk aan wat dit in 2016 was, al is daar tans byna 285 000 meer mense in Suid-Afrika wat kán werk, het Godongwane gesê.

Volgens die begrotingsoorsig wat die nasionale tesourie Woensdag tydens die begrotingsrede bekendgestel het, word die trae herstel van indiensnemingsvlakke hoofsaaklik aangevuur deur voortslepende strukturele onsekerheid. Dit sluit in onbetroubare water- en elektrisiteitsvoorsiening en vervallende infrastruktuur.

Luidens die dokument was minder as die helfte van die 7,7 miljoen werkloses in die derde kwartaal van 2022 mense wat nog nooit ʼn werk gehad het nie. Hierdie getal sluit sogenaamde ontmoedigde werksoekers uit, wat ʼn bykomende 3,5 miljoen is.

Die uitgebreide werkloosheidsyfer, wat ontmoedigde werksoekers insluit, is nou al 43,1%. Byna een uit elke twee mense wat kan werk, werk nie tans nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

Nee – hoekom sal hulle wil werk? Die a n c hy sorg mos!

Nie Verbaas ·

Raak van die helfte ontslae en geen verhogings totdat hulle op die markverwante skaal vir hulle poste is nie.

Sarel ·

Verklein die Parlement
Helfte van die mense dsar is nie produktief nie.
1. Laat Parkemdntslede self betaal vir Behuising of dan ten minste huur bdtaal
Self betaal vir Brandstof…water..& Eketriseteit e. Sluit hulle in by Beyrtkrag.
Onttrek Sekuriteit wasrvoor die Belasting betaaler moet betaal.
Onttrek Pri vaat Medies en laat hulle van die
Mi istrr van Gesondheid se dienste gebruik maak

Kurt ·

Hulle kan helfde van die staats amptenare fire en net die bevoegtes hou. As hulle moes werk soos ons in die private sektor sal die diens verbeter en jy sal gehelp word by die staats instellings. Hulle word hopeloos te veel betaal vir wat hulle doen en die feit dat hulle nie gefire kan word nie. Daai voorreg het ons nie. Hulle het green stress oor hul performance nie en dat hulle hul werk kan verloor nie. So hulle vee hulle gatte aan die publiek af as jy iets soek by hulle soos by n verkeerd afdeling, munisipaliteit of binneland se sake

Nie Verbaas ·

Werksgeleenthede verlore gaan? Hulle is alreeds te veel.

Alwyn ·

Nie alle staatsamptenare is sleg nie, daar is van ons wat ons bes probeer om te werk met wat ons het. Dit is so ons is te veel. Maak die parlememt kleiner, doen weg met provinsiale kantore en maak senior bestuur minder.

Nierkie ·

Stem saam met jou. Ons probeer ook maar net ‘n bestaan maak, maar hoe doen mens dit as jou salaris bykans dieselfde bly vir jare aaneen maar die lewenskostes is deur die dak. Ek dink ook as die gemiddelde leser hier kan sien wat daardie salaris is sal hulle ook dalk meer simpatie hê – dis maar karig want ons almal werk nie in die parlement nie.

De Bok ·

As hulle begin prestasie-gedrewe dissipline toepas in die staatskantore sal die salaris rekening vinnig afneem

Nico ·

Het die ANC regering werklik verhogings nodig, die ANC het dit nie nodig nie, al die geld word tog gepocket. Gebruik die verhogings om Eskom reg te ruk.

Herman L ·

Die enigste rede waarom hulle nou skielik bekommerd is oor die salarisrekening, is omdat die krip te leeg word om al die kaders se eetlus te bevredig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.