Staatskaping: ‘Nene moet bedank as hy klaar getuig het’

Nhlanhla Nene. Foto: GCIS

Die EFF het Dinsdag gesê Nhlanhla Nene, minister van finansies, behoort uit sy pos te bedank sodra hy klaar voor die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het.

Dié party het die uitlating gemaak voor Nene Woensdag as getuie voor die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, geroep word.

Die EFF beweer Nene is as minister van finansies aangestel deur die “gekaapte” oudpres. Jacob Zuma aangesien hy saam met die Guptas gewerk het.

“Toe hy minister van finansies was, het hy nie meer hul oproepe geneem nie en probeer om onafhanklik van die Guptas te werk,” beweer die EFF.

Nene is in Desember 2015 deur Zuma afgedank nadat hy glo geweier het om tesourie-goedkeuring te gee vir ʼn ooreenkoms om ʼn kernkragaanleg in Suid-Afrika te bou. Dié aanleg sou tot voordeel van ʼn uranium-maatskappy wees wat deur die Guptas besit is, asook talle ander ooreenkomste waarby die familie sou baat.

Die EFF het die laaste paar dae beweer dat Nene vir én saam met die Guptas gewerk het terwyl hy adjunkminister van finansies en voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie was.

Nene is heraangestel nadat pres. Cyril Ramaphosa by Zuma oorgeneem het. Volgens die EFF het Nene voorgegee of hy die slagoffer was nadat hy afgedank is.

“Die EFF is bewus van baie ander onderhandelinge en donker geheime wat Nene in die gedrang bring en sal alles bekend maak as hy nie uit sy eie uittree as minister van finansies nie,” lui ʼn verklaring van die EFF.

“Die EFF maak nie dreigemente nie; ons maak beloftes en alle inligting wat ons het, is korrek oor al die kaskenades en skelms van die ANC.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Salamander

Methinks daar is eerder die in die bed springery met ‘n sekere tabakhandelaar ter sprake.

Andre

En Ramaphosa het niks van al die ongerymdhede geweet nie ?

Pieter

Hulle is almal corrupt, die EFF ingesluit. Klomp gemors.

Ray

En wie moet dan aangestel word? Dessie. Die EFF kan geen rekord gee van enigiets opbouend wat hulle bydra tot die ekonomie nie. Al wat hulle kan wys is hoe hulle afbreek en dreig. H&M as voorbeeld. Al wat hulle op roem is hoe hulle afbreek en dan word hulle toegejuig oor hoe goed hulle is. Dra ‘n slag by tot iets positief. Gaan bou ‘n huis of iets en laat die ekonomie kans kry om positief te groei. Om te roem op stakings by instansies soos universiteite, SOE’s en politieke gewin deur opposisie wat hulle werk doen uit poste… Lees meer »

Hennie

Dan moet alles wat die EFF gedoen het tydens Zuma se beheer ook gekanselleer word.