Staatsrede: Waar staan die nasie regtig?

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die 2023-staatsrede. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Donderdagaand se staatsrede sal waarskynlik net ʼn herhaling van die ANC se sogenaamde suksesse oor die afgelope drie dekades wees met die oog op stemwerwing vir die komende verkiesing, het Thys van Zyl, uitvoerende hoof van Everest Wealth, Dinsdag gesê.

Dít sal beteken dat die werklike toestand waarin Suid-Afrika hom bevind, waarskynlik nie in pres. Cyril Ramaphosa se toespraak weerspieël sal word nie.

“Vanjaar se verkiesing kan moontlik ’n waterskeidingsoomblik wees en die ANC sal na verwagting met mening probeer oortuig dat hy die beste oplossing vir die land is, deur soos gewoonlik na al sy sogenaamde suksesse te verwys.

“Wanneer daar egter na die ware stand van die nasie gekyk word, skets dit ʼn donker prentjie van ʼn regering wat klaaglik misluk het,” sê Van Zyl.

Hy meen Ramaphosa se beloftes dat sy staatsrede ten doel het om hoop te skep en ʼn uitweg vir krisisse voor te lê, bloot lippetaal is. Inteendeel, baie van die land se krisisse het sedert die vorige staatsrede vererger, aldus Van Zyl.

“Beurtkrag en die vernietigende uitwerking daarvan op die land en sy ekonomie, was een van die prominentste kwessies tydens verlede jaar se staatsrede.

“Ramaphosa het tereg daarop gewys dat die ekonomie nie kan groei en werkloosheid nie verminder kan word sonder betroubare elektrisiteitsvoorsiening nie, en dat die regering se dringendste taak is om die erns van beurtkrag in die komende maande dramaties te verminder en uiteindelik heeltemal te beëindig.

“Beurtkrag duur egter onverpoosd voort en verpletter enige hoop op ekonomiese groei en vooruitgang.”

Van Zyl sê armoede en stygende lewenskoste was verlede jaar ook hoog op die president se agenda, maar daarvan het ook niks gekom nie.

“Lewenskoste het egter sedertdien net nog verder die hoogte ingeskiet weens die hoë rentekoers en stygende pryse. Dít terwyl Suid-Afrikaners al armer raak met hul inkomste wat, in reële terme, besig is om te daal.”

Volgens Van Zyl was die regering se beloftes om misdaad en korrupsie te stuit, ook net hol beloftes.

“Derduisende mense word jaarliks in Suid-Afrika vermoor en daar is einde verlede jaar bekend gemaak dat die moordsyfer vir die afgelope boekjaar die hoogste in twee dekades was.

“Dít ondanks Ramaphosa se beloftes dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens versterk sal word en meer geld vir dié doel toegeken sal word.”

Van Zyl meen die regering bemoei hom intussen met internasionale kwessies terwyl daar geen aandag aan die “bloedbad op eie bodem” gegee word nie.

“Suid-Afrika het ook op ’n gryslys beland aangesien daar nie genoeg gedoen word om korrupsie en geldwassery te voorkom nie. Die regering gaan verder voort om die land te skaad met sy beleide en sy anti-Westerse sentiment.”

Ekonomiese groei is volgens Everest Wealth ook glad nie na wense nie, en word verder geknou deur die energie- en logistieke krisis in die land. Staatskuld skiet boonop die hoogte in terwyl die las op belastingbetalers se skouers al swaarder raak. Dit terwyl al meer inwoners van die staat afhanklik raak.

“Ramaphosa sal die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) waarskynlik as sy troefkaart gebruik en beloftes maak oor die staat wat gratis gesondheidsorg van hoë gehalte vir alle landsburgers wil verseker.

“Daar is egter talle voorbeelde van die grootskaalse mislukking van projekte wat deur die regering aangepak word weens wanbestuur. Daar waar die regering faal, gryp die private sektor met alternatiewe oplossings in.”

Hy meen die private sektor se betrokkenheid in die ekonomie is ’n positiewe vooruitsig, maar sê dat die regering nou – in besonder met die NGV – iets wat deur die private sektor opgebou is, oorneem omdat hy misluk het om dit self te doen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Manie ·

Ek doen eerder iets positief en tel die buurt se honde poo op gedurende die orale buikvloei seremonie.

J. J. ·

Die leuns raak Al beter en erger, hulle het nie meer stories om te vertel nie. Hy moet liewer die “regering van die dag” ontbind, sodat daar iets beters kan kom.

Republikein in die Wes Kaap ·

Opposisie partye moet eerder wegbly en êrens welsynswerk doen. Daar sal niks van waarde gesê word nie.

Andre ·

….dis nou net liegstories , om stemme te behou voor die verkiesing
CR is ‘n Meester op dìe gebied!

annie ·

Wie onder julle het ‘Ja’ gestem in 1994 vir die Mandela-joy? Geniet die pyn en lyding en hou nou jul bekke. Kla gaan nie help nie.

Fubar ·

Ek hou van hierdie nar se stories. Hy baie grappiger as Trevor Noah!

Cherokee ·

Vertel hulle annie.. vertel hulle. Hulle het gestem vir dit wat hulle nou het.

Seef ·

Jy’s reg annie. En nêrens kry mens iemand wat erken dat hulle ja gestem het nie.

etienne ·

Yip, hierdie laat my dadelik terugdink aan ons Gelofte by Bloedrivier 16 Desember 1838. Voordat Andries Pretoruis die gelofte afgele het, het Hendrik Landman gevra, en wat sou gebeur as die nageslag nie hierdie Gelofte eerbiedig nie. Toe het Hendrik Potgieter gese, ” en dan sal die Vader die nageslag weer teruggee in die hand van die vyhand, wat ons vandag verslaan.

OU SAAR ·

Mooi gesê @annie.
Dis gewoonlik die wat gehelp het om ons land in die penarie in te stem wat nou die hardste kla.
Stem heelhartig saam dat hulle eerder moet stilbly en verkieslik verdwyn of die regte ding doen en reg stem die keer…

Nicky ·

Annie dit was vir my n skok toe ons hoor die ja stemme is die meerderheid want ek weet 90% van ons by die werk het nee gestem, FW de klerk was tot alles in staat, so wonder maar net?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.