Staking by SAL: Aanbod van die hand gewys

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het ʼn aanbod aan Numsa en Sacca gemaak om die dreigende staking by die lugdiens te vermy. Dié aanbod is intussen van die hand gewys.

Numsa en Sacca het Donderdag in ʼn gesamentlike verklaring gesê SAL het hul lede ʼn loonverhoging van 5,9% aangebied wat vanaf Maart 2020 betaal sal word en agterstallige bedrae wat van 1 April 2020 in paaiemente betaal sal word.

Die twee partye is egter nie ten gunste van dié aanbod nie en dring op ʼn 8% loonverhoging aan wat teen 13 Desember vanjaar in werking moet  tree en 50% van die agterstallige terugbetaling wat teen dié datum terugbetaal moet word. Die res moet teen 27 Januarie 2020 terugbetaal word.

Daar heers ook ongelukkigheid oor die uitkontraktering van dienste by SAL aangesien die lugdiens die kapasiteit het om self hierdie dienste te lewer. Dit sluit onder meer sekuriteit, skoonmaakdienste en die hantering van bagasie in.

Die lugdiens het in sy aanbod aangebied om ʼn taakspan aan te stel om spesifiek die uitkontrakterings na te gaan en te hanteer.

“Ons verwerp die aanbod,” het die twee vakbonde in die verklaring gesê. “Ons het nie die luuksheid van tyd nie en daar moet dringend opgetree word. Die [SAL-]bestuur wil die proses uitrek deur onder meer ʼn taakspan aan te stel om uitkontraktering te ondersoek.”

Numsa en Sacca voer aan dat die lugdiens op dié manier geld bestee wat elders aangewend kan word – onder meer vir loonverhogings.

“Ons glo nie dat ons eise onredelik is nie. Daar is al baie in die media gesê dat arbeid SAL se grootste uitgawe is. Dit is nie waar nie. Die grootste uitgawe van SAL is die besteding van R25 miljard per jaar aan aankope, veral brandstof.”

Luidens die verklaring stem Numsa en Sacca nie saam met die bestuur dat die aflegging van 944 werkers die lugdiens R700 miljoen sal bespaar nie. “Die bestuur is bereid om R50 miljoen per dag te verloor deur vlugte te kanselleer in afwagting van die staking in plaas daarvan om die geld na die loonvraag te herlei. As SAL aan die loonvraag van 8% van werkers voldoen, sou dit die lugdiens ongeveer 100 miljoen per jaar kos. Met ander woorde, die koste van die kansellasie van twee dae se stryd is gelyk aan ons totale loonaanvraag vir die hele jaar, wat veel minder is as die daaglikse koste om vlugte te kanselleer,” lui die verklaring.

Maroela Media het vroeër berig SAL het byna al sy plaaslike en internasionale vlugte wat vir Vrydag en Saterdag geskeduleer was gekanselleer weens die dreigende staking.

“Die direksie en uitvoerende bestuur het weer eens met hul aanbod bewys dat hulle korrupsie en die plundering van die lugdiens verdedig. Die opsies wat ons as vakbonde op die tafel geplaas het kan die finansiële krisis van SAL vinnig herstel. Die bestuur moet hierdie stappe doen as hulle ernstig is daaroor om die lugdiens te red en dit weer winsgewend te maak,” het Numsa en Sacca gesê.

Hul lede beplan dus om voort te gaan met die staking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johanna Botha ·

Ek wens dit is nou die laaste strooi …..saa is verleentheid en n bodemlose put van korrupsie en onbekwaamheid. Hoeveel omkeer planne was daar nie al gewees nie ….NIKS HET GEWERK! Maak asb nou die plek toe ! Watse privaat besigheid so OOIT so kon oorleef ….dis n groot vermorsing en n skande en die anc ploeter voort ! Alles waaran die anc vat is n gemors !

Dries ·

Dit gaan baie meer fondse spaar deur alle vlugte op te skort. Soek dringend ‘n koper vir SAA of verkoop bates aan geinterreseerde lugderye. Ja, dis pynlik vir alle betrokkenes maar watter opsies is oor? Bodemlose put van finasiele uitgawes wat Staat (belasting betalers) moet dra. Soos ek verstaan is daar ‘n hele paar Lugrederye in die wêreld wat onder die spesifieke land se naam vlieg maar in privaat besit is. Ons soek hier net ‘n sterk leier wat kan standpunt inmeem en besluit neem en deel met die gevolge soos wat dit opkom.

Zelda ·

Maak die plek toe – jy kan nie n las bestuur as n bate nie – die personeel is in elk geval ongeskik en onbevoeg – vra my ek word gedwing deur my werk op SAL te vlieg

Hein ·

Maak maar toe as mens wil kla oor verhogings wat hulle nie kry nie en die plek maak toe moet hulle nie kom huil na die plek hulle sit sonder werk nie.

DB ·

Sny die middelman uit met brandstofaankope. Dan spaar hul minstens 15% =R3 miljard. Dis waat BEE aan die land doen.

Tino ·

Puik gestel! Ek kon dit nie beter uitdruk nie.

Ek stem maak hom SAL toe, dat hy gaan. Dan sal die vakbonde ook met hul hande in hul hare sit op die ashoop. Ek hoop vir ‘n draai punt wat ‘n groot impak het. Dalk kan die vakbonde ook sommer waai/vou/verban word

Grassie ·

Die looneise kom neer op afpersing. Die vakbonde weet dat SAL ‘n flentergat instansie is en dat ‘n lang staking hulle finaal sal kelder daarom probeer hulle nou geld uit SAL wurg. Die werkloosheidsyfer in die land is baie hoog daarom behoort werkers dankbaar te wees as hulle ‘n inkomste het en moet hul werk oppas. Maar nee – hulle probeer met alle geweld nog ‘n bietjie melk uit ‘n reeds uitgesuipte koei suig. Ek verstaan nie hul mentaliteit nie.
Ek het iewers gelees dat Richard Branson moontlik belangstel in SAL. Dit kan ‘n goeie uitkoms vir SAL wees maar ek glo nie die ANC-kaders sal dit toelaat nie. Sy kleur sal hulle hinder.

Bert ·

Ek glo nie Branson sal belangstel as hy nie die oortollige personeel kan/mag minder maak nie, hierdie huidige staking sal dit vir hom baie duidelik maak.
Nog ‘n reddings opsie verlore!

HPV ·

Die SAL is tegnies bankrot en hulle maak ‘n aanbod! Raai wie gaan die verhoging betaal, in die vorm van die volgende reddingsboei? Die belastingbetaler met sy steeds krimpende inkomste! Waar is die oposissie partye wat veronderstel is om sulke wanbestuur te stop of het ons tyd gemors om vir julle te stem?

Gerrit ·

Sonder SAL sal jy nog steeds presies dieselfde hoeveelheid belasting betaal.

HPV ·

Ja Gerrit, want die ander soos Eskom, Sabc ens is steeds daar. Net so is die ewig pratende, niksdoenende oposissie partye. Belasting is betaalbaar op inkomste en winste, daal dit daal belasting, ek besit besighede en my winste daal steeds, so ook my belasting asook BTW invordering.

John ·

Mens kon nie van A tot B reis onder SAL-bagasie-sekuriteit nie sonder dat met die bagasie gepeuter is nie. Skoonmaak? Watter grap. Die unies gaan die SAL sink en hul magtige posisie kwyt wees. Wie was daai slim oompie met die strikdassie wat voor 1994 die instelling van unies aanbeveel het. Sy denke het sover soos die strikkie om sy nek en die land gestrek…En nou wurg dit ons dood.

Karel ·

In al die jare wat ek met SAL vlieg, is daar nog nooit in my bagasie gekrap nie.

Hans ·

Solano ons net reen bodemlose put Jan toegooi is dit sales die more werd.

Grassie ·

Maak eerder maar net toe. Hierdie vakbonde wat dink hulle kan al die so beter doen gaan die land nog baie kos!!

Pieter ·

Verkoop die laaste brood, sit die ligte af en maak die winkel toe!!!! Laat iemand wat dan bevoeg is die hele kaboedel oorvat en red.

Piet parys ·

2 Vlieè met een klap . Werkets maak dit maklik vir staat. Nou is daar geen verskoning meer om dit toe te maak nie en dan is die vakbond verswak of beter het hulle ook nie meer werk nie want niemand hoor ooit dat vakbonde mense verminder of watse verhogings hulle aan hulself toeken nie . Vakbonde is daar vir self veryking..

JV ·

@Piet parys, dis net waar die probleem lê!! Die ouens van die vakbonde werk nie vir SAA nie, so as SAA vou maak dit aan hulle nie ‘n vlenter saak nie!!! Hulle hou hulle werk en inkomste. Dis net toughies vir SAA en hulle kies die volgende teiken, maar sy salaris kry hy nog steeds aan die einde van die maand. En seker ‘n goeie een daarby.

charmaine ·

En soos besighede soos by ons kantoor het n hele groep mense wat sondag vlieg..dis chaos en dis buite ons hande maar ons is ingeglig sondag se vlugte word nie geraak nie maar is baie gaaf sal passasiers akkomodeer waar hulle kan

SjN ·

Terwyl hul wil staak, maak toe en stuur hul permanent huistoe.

Bert ·

Laat die staking net onverpoos voortduur dan lis dit die probleem self op soos daardie tyd die steenkool myne in Engeland.

Cecilia ·

Wens iemand kan my se wat ek moet doen. Ek het al in Julie my kaartjie gekoop en vlieg die 13 de Desember Australie toe om vir kinders te gaan kuier. Gaan ek my geld verloor of reel hul alternatiewe vlugte?

Cecilia ·

Wens iemand kan my se wat ek moet doen. Ek het al in Julie my kaartjie gekoop en vlieg die 13 de Desember Australie toe om vir kinders te gaan kuier. Gaan ek my geld verloor of reel hul alternatiewe vlugte?

PJN ·

Ek het nog nooit ‘n A380 in die SAL gesien nie. Wish full thinking!!!!. Maak toe die lugdiens …gee dit verniet weg. Niemand sal ‘n lugredery wil koop wat R9 miljard skuld nie. Dis ook nie ons vliegtuie nie.. dit word gehuur deur SAL. Wat moet verkoop word…….

Stuiwer ·

Hoe “redeneer” die vakbonde (of is dit vabonde?). Hoe langer die werkers staak, hoe meer inkomste verloor SAL. Dan is daar mos minder geld vir verhogings? Hierdie werkers word deur die vakbonde gemanipuleer. As ‘n firma in hierdie swak ekonomiese toestande (en in SAL se geval nog groter finansiële probleme), vir jou 5% verhoging aanbied, vat dit, want baie firma’s in die private sektor gee heelwat minder (en selfs niks). Skrik wakker mense, voor julle op die ou einde geen werk het nie. Lyk in elkgeval nie of julle belangstel om te WERK nie. Wil net demand en bakhand staan. Niemand skuld julle iets nie! Get with the programme!!

Deon Meyer ·

Laat die vakbonde en hul lede in hul M in vlieg.Waar op aarde moet ‘n bankrot onderneming geld kry om vir die looneise te betaal?Van ons,die belastingbetalers, want SAA en het nie die afgelope 25 jaar enige wins gemaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.