Staking dreig oor ‘misbruik’ van vulstasiewerkers

Irvin Jim, sekretaris-generaal van Numsa.

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy “veroordeel werkgewersorganisasies, onder leiding van die brandstofkleinhandelaarsvereniging (FRA) en die kleinhandel-voertuigbedryfsvereniging (RMI), omdat hulle weier om behoorlik ag te slaan” op die vakbond se eise.

Numsa waarsku ook teen ʼn moontlike staking. Hy eis ʼn loonverhoging van 12% vir alle werkers, terwyl werkgewers ʼn “skamele 5% aanbied”.

“Die FRA en die RMI is werkgewerlede van die bedingingsraad vir die motorbedryf (Mibco). Hulle verteenwoordig vulstasie-eienaars en operateurs wat van die grootste uitbuiters en misbruikers in die bedryf is,” het Numsa gesê.

“As deel van ons loongesprekke met Mibco, eis ons lede wat by vulstasies werk ʼn nagskof- en vervoertoelaag, soos voorsien in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, maar werkgewers weier om eers oor die kwessie te praat.

“Ons lede werk ongerieflike ure en moet dikwels baie vroeg in die oggend werk toe reis, of baie laat snags en dikwels wanneer openbare vervoer nie beskikbaar is nie.”

Numsa het gesê vulstasiewerkers moet dikwels lang ente in die donker stap en kan slagoffers van rowers of verkragters word.

“Die werkgewers verskaf dikwels nie alternatiewe vervoer aan werkers nie en ons lede waag hulle lewe om werk toe en terug te gaan,” het Numsa in ʼn verklaring gesê.

“Ons veroordeel die werkgewersorganisasies wat doof is vir ʼn billike eis vir nagskof- en vervoertoelae.”

Numsa beweer werkers in dié bedryf verdien van die swakste lone. “Hulle kan nie alternatiewe vervoer bekostig nie.”

Numsa het gesê sy lede dring aan op ʼn ooreenkoms wat nie swakker is as die een wat vir die tydperk 2016 tot 2019 aangegaan is nie.

“Ons vergader op 29 Augustus met werkgewers van Mibco in ʼn laaste poging om die dooiepunt by te lê. As gesprekke vasval, gaan ons ongelukkig moet staak in die motorbedryf.”

“Ons doen ʼn beroep op werkgewers om saam met ons te werk sodat ons ʼn staking kan vermy, veral omdat dit ons ekonomie skade gaan berokken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Was onlangs in die VSA en het geen pompjoggies teegekom nie. Die petrolpompe is geoutimatiseerd. Elkeen gooi sy /haar eie petrol in. Daar is wel werkers in die “convenience shop”. Dalk moet hierdie werkers maar in die Sassa-ry gaan inval as hulle dan nou so sielsongelukkig is?

Lolla ·

Jy is heeltemal reg daar is geen petroljoggies nie, en so ook in Kanada ook.

Meraai ·

Jy betaal ook voor jy petrol ingooi by party vulstasies. Hier reken hulle dit is gevaarlik vir ons om self in te gooi. Ek is nog lewendig nadat ek petrol in Amerika ingegooi het.

Piet ·

Die mense kan bly wees dat daar wetgewing is dat ons nie self motors brandstof kan in gooi soos in baie lande nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek stem saam. Gaan oor na outomatisering en laat die vakbond n wind hap . Hulle probeer die land lamle. Ons sal niks oorkom om self jou voertuig se wiele te pomp en windskerm skoon te maak en olie en watervlakke na te gaan nie In Europa is dit ook algemene praktyk . Dan kan brandstof mos goedkoper ook word.

snurfie ·

Dis maklik om te sê maak hier ook so. Daar is nie eens geld om paaie reg te maak nie. En julle wil kos uit onskuldige kinders se monde vat, wat nie gevra het om hier te wees nie. Onthou net, nie almal wil staak nie en daar werk baie van ons eie mense ook by petrolstasies

Stofdonkie ·

Ek verkwalik nie die petroljoggies nie, hulle is seker nie eers bewus van die eise wat amcu namens hulle stel nie. Het amcu onlongs na die werkloosheidsyfer gekyk?
Waarheen gaan die werkloosheidsyfer wanneer die vulstaie-eienaars nou die pompe outomatiseer sodat daar nie meer ‘n nut is vir die joggies nie?
Ek self het geen probleem om self die petrol in te gooi nie, 98% van die tyd is die joggies in elk geval so onbehulpsaam dat mens dit netsowel self kan doen, dit gaan vinniger ook gaan.
Gaan al die petroljoggies dan by die vulstasie se uitgang gaan bedel en vensters was?

Wonder maar net ·

Met ons land se skrik wekkende werkloosheid syfer kan ek nie die logika insien nie. As jy nie wil werk nie los dan die werk as dit so groot straf is. Jy het tog die dienvoorwaardes geteken toe jy aansoek gedoen het, het jy nie? Wees dankbaar jy het n werk.

Vryheid ·

Oplossing- Gooi jy eie petrol in. Ek doen dit enige tyd self.

koos ·

Veiligheid oppad na en van werk is nie ‘n werkgewersprobleem nie, dit is ‘n regeringsprobleem. Dis die probleem van unies soos die, die verantwoordelikheid word geskuif soos dit hulle pas.
Verder het ek nie geweet vervoertoelaes is in die wet op basiese diensvoorwaardes in geskryf nie. Lyk my ek sal met my werkgewer moet praat vir ‘n kar toelaag!

Koos de Meyer. ·

Ongelukkig kan ons as pensioenarisse nie aan vakbonde behoort nie. Te dankbaar vir 5 persent wat ons verhoging gekry het van die GEPF.

Alice in Wonderland ·

Ek sou wat wou gee om my eie brandstof te kon ingooi, nou word ek deur n wet verplig om bedien te word, iets wat ek HAAT! As ek dit self kon doen sou ek dit vinniger kon doen. En nou kom die mense wat my bedien, TEEN MY WIL, in opstand want hul soek meer geld. Hierdie land is eerlikwaar uniek, dis net so goed hul maak dit n wet om met n skoon kar te ry, en word ek verplig om weekliks iemand te betaal om my kar vir my te was al wil ek dit bitter graag self doen.

Hans ·

Ons kies mos watter tipe werk ons wil doen . Niemand dwing jou om by ‘n vulstasie te werk nie

Leon ·

Ons stel maar net imbabwiërs en Malawiërs en Kongolese aan. hulle is bereid om te werk en nie te staak nie. Hulle is maar te bly om ‘n salaris te kry en te kan kos koop. As die unies se mense nie werk het nie, het die unies nie inkomste nie en dan kan hulle bankrot speel en toemaak. Briljante idee.

Antie-joggie ·

Wat van AL die fooitjies/tips wat so mildelik vir hulle gegee word? – Altans, ek doen elke keer!
As hulle nie WIL nie werk en dan ongelukkig is – daar is mos BAIE werkloses..
Hoe dan nou..?

Die woord “staking” moet as Haatspraak verklaar word – ASB
SA is gebreek – ons kan nie meer nie !!

Pieter ·

Stem saam sal self brandstof in gooi die mnre praat mos net engels ons het hulle nie nodig nie dan kan die vulstasie eienaar sy brandstof goed koper maak

Pieter ·

Hoekom gee mnr slim irvin en numsa nie vir hulle meer geld en vervoer nie sal my eie brandstof in gooi dankie en sonder om te mors en dan weet ek my bandruk is twee bar en nie drie nie

Jessica ·

Well let’s put it this way know one has a gun to his or her head to go out and do this job, no one forced you to do it either, and i cannot see any human at any garage filling station with a chain around they neck for day shift or night shift, you either waled there or drove there, or been dropped off there by public transport. So it very simple if you don’t like what you do, don’t complain, you know the direction you came from so turn around and go home and sleep, i will say it one more time you were not dragged to the filling stations. if you don’t like what you do move on and go do what you like to do in life. I’m sure this make sense to you all working around the country in South Africa. If this is not clear to you all them by all means go back to school.

Saartjie ·

In New Zealand gooi ons ook self petrol in en pomp self ons motor bande. En jip, ek is n vrou en 60+

Jessica ·

Well let’s put it this way know one has a gun to his or her head to go out and do this job, no one forced you to do it either, and i cannot see any human at any garage filling station with a chain around they neck for day shift or night shift, you either walked there or drove there, or been dropped off there by public transport. So it very simple if you don’t like what you do, don’t complain, you know the direction you came from so turn around and go home and sleep, i will say it one more time you were not dragged to the filling stations. if you don’t like what you do move on and go do what you like to do in life. I’m sure this make sense to you all working around the country in South Africa. If this is not clear to you all, by all means go back to school.

Stella ·

Hierdie mense kry regtigwaar bitter min salaris vir 12 uur skofte. Hulle word wel misbruik, ek dink dit is hoogtyd dat hulle baklei vir meer salaris. Die vulstasie eienaars kry miljoene rande en betaal die joggies minimaal. Die eienaars trek ook die geringste fout af en dan stap die petroljoggies weg met niks elke week. Suid-Afrika het petroljoggies wat dit is werkskeppend. Daar is joggies (Wit en swart) met grade wat graag ander werk sou wou doen as hulle kon.

Talie ·

Laat iemand wat weet hoe, vir jou die brandstofprys opbreek dan sien jy die vulstadie eienaars kry nie miljoene nie.

Bert ·

Automatisering asseblief, kan brandstof ook ietsie goedkoper word aangesien die joggies nie meer betaal hoef te word nie.

Pieter ·

Ek stem hulle doen dit oor see hoekom nie hier nie hier gaan dit mos lekker party het mos agt kinders drie vrouens maar ons moet vir hulle sorg kyk maar na zuma die land wonder net teen die tempo wat hulle nasie groei waar gaan als van daan kom

Stella ·

‘n Joggie is nie die probleem nie, die eienaars steek die geld in hulle sak.

Koos ·

Op ‘n effens ander noot: blykbaar word aspirant pompjoggies gedreig met afdanking indien hulle Afrikaans praat met klante. Dis volgens ‘n jong man hier in Kaapstad by ‘n BP garage wat, ten spyte van ‘n swaar Afrikaanse aksent en ‘n gesukkel met Engels, volhou om in geradbraakte Engels met my te praat.
Miskien kan Maroela Media bietjie ondersoek instel hierna?

Annie ·

Dis wonderlik hoe Numsa (die staal werkers vakbond) vir Mibco uitmaak as een waaraan net eienaars en bestuurders behoort… Dis bog. Enige iemand in die motor bedryf mag aan hulle behoort…. Van die vulstasie werkers en kassiere tot die admin klerke in werks winkels… Sensasie bleik duidelik meer aanloklik as die waarheid en leuens versprei maklikker as veld brande. 12% is na my menig VÊR bo inflasie en 5% effens te min. As vervoer toelaag moet gegee word vir elke mens wat by die werk en by die huis moet kom, gaan salarisse ‘n helse knou vang. Jou vervoer is jou probleem tensy jou werk fisies vereis dat jy elke dag 100de kilos moet ry in jou beroep. Dis die tiepiese mentaliteit van onverdiende geregtigheid! Sies man! Hoekom moet hulle toelaag kry vir nagskof? Wys vir my ‘n dokter wat spesiaal ekstra kry oor hulle 3h in die oggend vir jou moet staan en wag in die hospitaal? ‘n Ambulaans drywer wat spesiaal ekstra betaal word oor hy middernag na jou moet haas? Dis belaglik en heeltemal vraatsig.

Lafblaf ·

NUMSA, niemand is nog ooit gedwing om n vulstasiewerker te wees nie! Koop sommer die vulstasie en gee die werkers R30000 per maand! Maklik man.

thelsa ·

En die Vakbond is oortuig dat ‘n 12% verhoging die probleem van vroeg opstaan en laat tuiskom en moontlikheid van verkragting oplos. Even a fish would not get into trouble if only he kept his mouth shut

Hanlie ·

Stem saam. Maak soos die oorsese lande. Meer as 20 jaar terug was dit al so in Nederland. Jy betaal eers. Dan word die pomp oopgemaak. Jy gooi self in. Verstaan nie hoe hulle wil hê die ouens moet ‘n 12% verhoging kry as die ekonomiie nie eens 6 % groei nie.

Sirkus ·

Die brandstof tegnici kry die minimum toelaarbare salarisse, en nou wil hulle Unie xx% verhoging beding. Daar gaan ons brandstof prys wéér. Maar buiten dit gaan almal ook sulke verhogings wil hê (no work and plenty pay) en orals gaan stakings en “dienslewering” onluste begin want die mense weet nét niks van die ekonomie wat sat en voos is en verwag ‘n hengse salaris vir basiese werk. Die ANC praat dan al die probleme onder die mat in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.