Staking kom vir staatsdepartemente

(Argieffoto: VSA)

Staatsdienswerkers verbonde aan die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA) gaan staak nadat daar, ná uitgerekte loononderhandelings, steeds geen salarisooreenkoms bereik kon word nie. Die staking kan dienslewering by regeringsdepartemente landwyd van volgende Woensdag af lamlê.

Die vakbond, een van die grootstes in die staatsdiens met ʼn geraamde 235 000 lede, het ʼn “belaglike en problematiese” aanbod van die hand gewys, wat volgens die VSA sou beteken dat sommige werkers tot R1 000 minder sou verdien.

Die vakbond het Maandag kennis gegee van sy voorneme om te begin staak, nadat hy “alle ander opsies uitgeput het” om ʼn oplossing vir die dooiepunt in loongesprekke te vind.

“Dit het die VSA met geen ander opsie gelaat as om met arbeidsoptrede te begin nie,” sê Reuben Maleka, woordvoerder.

Daar is in Mei vanjaar al met loononderhandelings begin. Vakbonde het aanvanklik ʼn 10%-verhoging geëis, maar dit later tot 6,5% aangepas.

Enoch Godongwana, minister van finansies, lê Woensdag sy mini-begroting aan die parlement voor en die salarisrekening van die staat is een van die verwagte punte op die agenda wat fyn dopgehou sal word.

Sowat ʼn derde van die regering se besteding gaan aan salarisse vir staatsdienswerkers en daar is die afgelope paar jaar probeer om die stygende salarisrekening in bedwang te hou.

Daar is ook gehoop dat die loononderhandelings teen oormôre afgehandel sou wees, maar in hierdie stadium lyk dit onwaarskynlik dat ʼn ooreenkoms gevind gaan word.

Die vakbond sê die opvatting dat staatsdienswerkers aanloklike salarisse verdien en gulsig is, is misplaas omdat dié salarisse ook dié by staatsbeheerde instellings (SBO’s) insluit waar salarisse hoër is as in ander departemente. Selfs munisipale werkers is op ʼn hoër salarisskaal wanneer dit met hul eweknieë by provinsiale en nasionale departemente vergelyk word.

“Staatsdienswerkers word die sondebok gemaak vir eindelose korrupsie. Daarbenewens werk hulle in vervalle en onveilige geboue, verduur hulle voortgesette en uitermatige personeeltekorte, ontbreek hulle die basiese toerusting om hul werk te doen, word hulle deur lede van die publiek beledig en aangeval weens swak dienste en dít terwyl hul loopbane stilstaan weens die ontplooiing van onbevoegde kaders,” sê Maleka.

Hy sê die VSA kon nie instem tot ʼn salarisverlaging vir werkers in die lig van onsekerheid oor die voortgesette betaling van ʼn kontanttoelaag vir werkers ná Maart volgende jaar nie.

“Selfs die 3%-salarisaanpassing het nie aan vakbondlede se verwagtinge voldoen nie omdat daar kwaai prysstygings vir die koste van basiese benodighede soos brandstof, kos en elektrisiteit was, asook ʼn verhoging in die rentekoers.”

Die VSA sê die situasie is vererger weens die regering se versuim om aan staatsamptenare ʼn werklike verhoging vir drie opeenvolgende jare te gee en dat dit lei tot salarisse wat stilstaan.

Die VSA sê die regering is arrogant en het werkers se lot deur die onderhandelingsproses misken.

“Die staking kan nie vermy word nie, want ondanks al die VSA en ander vakbonde se pogings en ʼn bereidwilligheid om te onderhandel, het die werkgewer geweier om saam te werk,” sê Maleka.

Vakbondlede het ten gunste van die staking gestem.

“Hul toewyding tot dienslewering, selfs tydens die Covid-19-pandemie, is ‘beloon’ met die aanbied van ʼn 0%-salarisverhoging.”

Volgens die VSA bloei die staatsdiens en gewone burgers sedert die inwerkingstelling van besuinigingsmaatreëls deur ʼn “wrede, ongevoelige regering wat verseg om die werklikheid die hoof te bied”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

JohanEtz ·

Duisende staatsamptenare beklee poste waarvoor hulle geen kwalifikasies het en nie en erg onbevoeg is. Dienslewering bestaan skaars!

Keelvol ·

En wat van die private sektor? Hoeveel mense bekleë poste waarvoor hulle nie geskik is nie?

Elma ·

Dienslewering en regeringsdepartemente hoort nie saam in een sin nie.

Byekonfyt ·

Hulle werk so stadig (hier waar ek woon) – dog hulle staak al heeltyd. Ek kry die paar hardwerkendes jammer. Dit moet seker n wilsbesluit wees om elke dag werk toe te gaan en n verskil te probeer maak.

Jacobus ·

Ramphosa wou n paar weke gelede die ministers se personeel verdubbel en hulle n 36% verhoging gee deur die kantoor personeel, dit is tiksters en ontvangspersoneel, se selarisse te vehoog van R850 000 na R1 150 000 per jaar. Die DA beweer hulle het dit met n hofproses gestop. Die ANC maak in elk geval net soos hulle wil.

wiesalweet ·

Dit slaan my dronk. Die 36% verhoging wat hy ministers se personeel wou/wil gee. Ek werk al 29 jaar in die Staatsdiens as ‘n admin beampte en my salaris is nie eers R250 000 per jaar nie. Kry ook geen bevordering nie agv my velkleur. Maar as ek reg onthou het die ministers ‘n 3% verhoging gekry. Dis baaaaaaaie geld per maand meer op hul salarisse.

Oros Soros ·

Staaf so bietjie met feite. My vriende in die staatsdiens is duidelik nie so gelukkig nie. Verwys jy na Eskom, Munisipaliteit of wie?

Harley Davidson ·

Maak dit saak die een is soos die ander lui by die vak maar fliks by die bak.

Mallie ·

Hulle word al reeds te veel betaal vir die werk wat hulle doen. Nou wil hulle nog meer he. Dis n skande.

Keelvol ·

Petrol prys wat by R30 n liter draai
Eskom wat 32% tarief verhoging soek
Skoolfondse wat styg.
Mediese uitgawes wat die medies nie wil dra nie.
Kospryse wat die hoogte in skiet.

Zoey ·

Is so Johan. Mens bly nie by nie. Medies dek nie alles nie. Sommige medikasies word beperk tot ‘n sekere hoeveelheid per jaar.
Mallie, mense soos jy moet jouself dalk net een dag in die hardwerkende mense se skoene plaas. Daar is nie genoeg ure in my dag nie, en tog hou ons maar aan om ander se slack op te tel. Hou op veralgemeen.

Harley Davidson ·

Hulle is altyd op staking wanneer werk hulle vir ‘n slag.

Keelvol ·

Wanneer laas was jy by die banke gewees? Hulle is treurig en on hulpvaardig.

wiesalweet ·

Moenie veralgemeen nie asseblief. Daar is BAIE van ons in die Staatsdiens wat BAIE hard werk en ons salarisse verdien.

Hexi ·

Ek stem saam met die wat net bakhand staan en wag vir hul salarise aan die einde van die maand, terwyl hul dit nie verdien nie, maar daar is enkeles van ons wat die sleg ….. moet dra, elke dag in haglike atmosfeer met die “base/bevelvoerders” moet werk. Ek is ń enkel ouer met amper 36 jaar diens, ek is nie meer in staat om alles waarvoor ek gewerk het meer te dra nie, so opmerkings soos die moet asb nie op ons “almal” geskaar word nie.
Ek staan op die punt om alles te verloor, hoeveel jaar sonder ń sent verhoging. So dink asb aan die wat nog probeer, ons is nie almal dieselfde nie, en om dus vergelyk te word met die sleg ….. dra baie by tot ons reeds erge depressie en frustrasie. Ek is verby moed opgee!

Keelvol ·

Hexi, ek stem saam. Die publiek veralgemeen altyd sonder feite. Daar is van ons wat vroeg by die werk is en laat huistoe gaan, sonder oortyd. 3% verhoging is n skrale troos vir ons wat nog hard probeer. Ons wat maar moedig voort gaan met n ongemanierde publiek wat alewig ondankbaar is.

Elmarie ·

Stem saam, nie almal in die staatsdiens is korrup en sleg nie. Daar is van ons wat die plek staande hou. Daar is baie privaat instansies wat nog treuriger is as die staatsdiens.

Marius Wilson ·

Ek was onder die indruk dat hulle al vir jare reeds staak. Hulle doen in elk geval niks nie.

Piet 6 ·

As hulle nie gaan toi toi nie, sal niemand eers agterkom dat hulle staak nie.

Janine ·

“Selfs die 3%-salarisaanpassing het nie aan vakbondlede se verwagtinge voldoen nie omdat daar kwaai prysstygings vir die koste van basiese benodighede soos brandstof, kos en elektrisiteit was, asook ʼn verhoging in die rentekoers.”…. My man het in 3 JAAR geen verhoging gekry……

Piet 6 ·

ń Maatskappy wat 100% in swart besit is se werkers het vir 6 jaar geen verhoging gekry nie en toe slegs 5%.

Keelvol ·

Piet 6, 5% verhoging vir hulle is gelykstaande aan 15% verhoging vir staats amptenare. Staats amptenare moet altyd aan die agter speen suig wanneer dit by verhogings kom. Onthou, die kostes van lewe styg amper elke dag.

Di ·

Moet se dat daar WEL nog mense wat in die Staatsdiens werk wat waarlik ‘n verskil probeer maak! Dis die handtjievol wat ALMAL se werk moet doen wat te sleg is om te werk of nie die vaardigheid het nie. Glo my, ek al meer as 30 jaar in die Staatdiens en die trant wat dit agteruit gegaan het is skokkend!!! Meeste sit net daar vir ‘n salaris aan die einde van die maand, verder verrig hulle nie ‘n STEEK werk nie, is elke dag laat en loop vroeg en hulle toesighouers is NET SO SKULDIG so hulle word nie aangespreek nie. DIE wat nog hulle werk doen staan almal op die randtjie van pensioen so oor ‘n paar jaar van nou af gaan daar GEEN blankes oor wees om die slegte spul se werk te doen nie. EK is een van hulle wat binnekort klaarmaak.

Maritza ·

Julle wou hulle daar he so dra nou maar die gevolge. Nou nie asof julle enigsins ordentlike werk verrig nie

wiesalweet ·

Wow wow wow – en hoe sal jy weet watter werk ek in die Staatsiens verrig met hierdie stelling wat jy maak??? En wie volgens jou wou “hulle” daar hê??? Sover my kennis strek was dit nie Staatsamptenare wat vir hierdie regering gestem het nie. Help my reg.

Di ·

Stem saam! Ons word gedwing om onder hierdie omstandighede te werk, het nie ‘n keuse nie. Daar is nog BLANKES wat lojaal is en hulle “kollegas” wat te sleg is om te werk, se werk ook moet doen. Dan is daar ook GEEN bevorderings vir die wat al die werk doen nie want jy is “WIT” Moenie almal oor die selfde kam skeer nie!

Erika ·

Ek is ‘n staatsamptenaar, en was gedwing gewees om ‘n instansie te nader, om my te help, is tans Under debt review, omdat ons geen salaris verhoging ontvang nie, intussen is alles duurder, van brood tot petrol, krag, rates, levies, noem maar op, daar is nie ‘n ding wat nie duurder is sedert ons laaste salaris verhoging nie. As ek vir myself kan praat, kan ek noem, dat my kos kaste leeg is, koop net die nodige, my tafel is dus leeg, die bietjie geld wat ek wel gehad het vir “groceries” gebruik ek nou net so om by die werk te kom, sedert ons almal terug gekeer het kantoor toe. Wat beteken ek het R320 soms R350 vir ‘n maand se groceries, keuse wat elke maand het, is, wat koop ek, wat los ek, wat is nodig die maand, en wat is nie so nodig. Die R320 is vir kos, skoonmaakgoed, en dies meer, kom mens by till, sien jy, dat die twee sakkies goed waarmee jy by winkel uitstap, elke maand net duurder word, ek koop alreeds so min, kan nie nog minder koop.

My siening ·

Wil verhoging he maar net minder doen, priduktiewe beginsels bestaan nie in staatsdiens nie, kyk na die kop van vis Ramaposa!

Blikkies ·

Behalwe al die duisende ongekwalifiseerde aanstellings, is daar ook 15 ekstra om EEN ou se 9 tot 5 werk te doen. Wat verwag hulle. Dan het ek nog verneem van spook aanstellings wat ook almal salarisse moet kry? Doen eers self ondersoek, want hierdie salaris probleem gaan weer Alleman se betaal probleem word.

Chris ·

Ai diegene wat gaan staak sal wys hulle , as publieke amptenare is nie werd om staatsdiensamptenare genoem te word nie Geen werk gèèn betaling mòèt geld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.