Dianne Kohler-Barnard, senior DA-LP, sal voor die party se federale regskommissie verskyn nadat sy ʼn inskrywing op Facebook gedeel het waarin oudpres. PW Botha, aangeprys word.
Phumzile van Damme, die Demokratiese Alliansie (DA) se nasionale woordvoerder, het gesê Kohler-Barnard se inskrywing is “onverdedigbaar en heeltemal teenstrydig met die DA se waardes van vryheid, regverdigheid en geleenthede”. Mmusi Maimane, DA partyleier, het bevestig dat die saak deur ʼn interne tugproses hanteer sal word.
Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, het twee weke gelede ʼn inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, gedeel waarin hy kommentaar lewer oor die skorsing van die KwaZulu-Natalse hoof van die Valke, Johan Booysen. Kirk het onder meer geskryf: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”
Kohler-Barnard het die inskrywing op haar Facebook-blad gedeel, maar dit glo ure later verwyder. Die inskrywing het Donderdag egter woedende reaksie uit talle oorde ontlok nadat iemand ʼn skermskoot daarvan op Twitter gedeel het.
Van Damme het gesê PW Botha was ʼn tiran onder wie se bewind duisende Suid-Afrikaners gemartel en vermoor is. “Dit is waarom ons voorgangers, insluitend Helen Suzman en Helen Zille, geveg het teen die bose stelsel van apartheid.”
Kohler-Barnard het Donderdag op Twitter om verskoning gevra: “Ek vra onvoorwaardelik om verskoning dat ek ʼn inskrywing op Facebook gedeel het waarin die skrywer PW Botha geprys het. Ek het dit dadelik uitgevee toe ek dit besef het.”
© RDM News Wire
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
65 Kommentare
Is daar nog iemand wie dink die DA is ‘n regse party?
DA = Tweegesigte,leunaars en huigelaars.
Bewys = “DA se waardes van vryheid,regverdigheid” .Verduidelik dit dan nou aan die hand van die BEE ens wat julle nie net onderskryf nie maar afdwing.
Die DA se dinges, sal in alle geval nie weer vir hulle stem. Wat het geword van vryheid van spraak. Die ANC mag liedjies sing wat vra dat wittes dood gemaak moet word, maar heng alnal anders moet polities korrek wees!!!
Daar word meer mense in 1 jaar vermoor onder die huidige regering as in PW se Hele termyn as President en Eerste Minister (1978-1989 )
Gelukkig het PW na sy staatsgreep uitrede tot bekeering gekom en is hy vandag in die hemel by sy Here wonder net waar gaan die res wees na hul afsterwe glo nie dit sal in die hemel wees nie.