Steeds geen borgtog vir vermoorde Vicki Terblanche se man

Vicki Terblanche (Foto: Facebook / Lala Fourie)

Vicki Terblanche se vervreemde man en vermeende moordenaar bly agter tralies.

Arnold Terblanche (53) se tweede borgtogaansoek is Maandag in die landdroshof in Gqeberha van die hand gewys. Die aansoek was volgens die verdediging op “nuwe bewyse” geskoei.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, sê landdros Kriban Pillay het egter bevind dat daar géén nuwe feite in die aansoek is wat sy aansoek om borgtog regverdig nie.

Maroela Media het vroeër berig dat Terblanche ook misluk het in sy appèlaansoek teen ʼn vorige uitspraak oor sy aansoek om borgtog.

Arnold Terblanche (Foto: Facebook)

Hy bly nou net soos sy medebeskuldigdes, wat vroeër hul borgtogaansoeke laat vaar het, in aanhouding.

Terblanche word saam met Reinhardt Leach, Vicki se kêrel ten tyde van haar dood, en Dylan Cullis, ’n vriend van Leach, van die moord op Vickey aangekla.

Daar word beweer dat hulle saamgesweer het om haar te vermoor.

Die beskuldigdes sal weer volgende maand in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Onnie ·

Dit bly elke keer skokkend om hierdie berigte te lees, dis darem baie wreed. Ek wonder heeltyd wat het van haar kind geword? Is hierdie man ook die pa van haar kind? Watter toekoms sal daardie seun hê… dit breek my hart.

JohanEtz ·

Haar vervreemde man en haar Karel saam gesweer? Ek het nie die saak gevolg nie, klink egter na onwaarskynlike kombinasie….Sal gaan terug lees….

Lubbe ·

Sit en bly net daar waar jy is. Hier gaan nog baie geraamtes uit jou kas uit klim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.