Steve Hofmeyr oor Covid-19: ‘Dis ʼn woelige siekte dié’

Steve Hofmeyr. (Foto: Joanne Olivier Photography)

Steve Hofmeyr het Maandagoggend gesê hy lees die “duisende boodskappies” wat aanhangers vir hom stuur sedert hy die nuus dat hy deur Covid-19 platgetrek is, op sosiale media bekend gemaak het.

Die sanger het Vrydag op Facebook gesê hy het positief vir die koronavirus getoets. “Ek voel goed. Afgesien van ʼn nare bors het ek geen simptome nie. Dankie vir soveel raad en goeie ondersteuning. Dis die gebede wat ek aanvoel, want daar is engele om ons,” het hy toe geskryf.

Hofmeyr het vandag (16 Augustus) ʼn foto-collage op Facebook gedeel waarby hy geskryf het: “Die wêreld van agter my suurstofmasker”.

In die foto verskyn twee klein hondjies, ʼn selfoon, ʼn boek en sy vierjarige dogtertjie, Romy-Lee.

Hofmeyr het ook gesê hy “skryf, so bietjie bewerig,” en het sy vrou, Janine, bedank vir haar bystand te midde sy gesondheidstryd.

“My vrou, stil, onselfsugtig en sonder voorwaardes, is ʼn ER eenheid op haar eie. Sy is self siek maar is ten alle ure op diens om na my om te sien. Dankie my liefling [sic],” het Hofmeyr geskryf.

“Ek’s op elke doepa drinkbaar. Maar lyk my dis ʼn genadesaak. Binne 48 uur was ek plat, swak suurstoftellings, kouekoors, hoë temperature, nierpyn, duiseligheid, hoes.

Steve Hofmeyr het dié foto-collage op Facebook gedeel.

“Saterdagaand het ek liters water oor my bed uitgegooi en daarin gaan lê net om my temperatuur onder 38 °C te kry. Dis ʼn woelige siekte dié. Ek ken dit nie,” het hy bygevoeg.

“Gisteraand was beter. Dankie. Ek lees alles. Niks genees soos die duisende boodskappies nie.”

Hofmeyr het vroeër vandeesmaand geskryf dat hy “ná maande lange werkloosheid” weer op ʼn verhoog kan stap en ʼn “liedjie kan waag”.

“Dít is die langste wat ek nog nié gesing het nie. Ek’s skoon skrikkerig.”

Die kunstebedryf is een van die sektore wat weens die inperkingsregulasies, veral die verbod op byeenkomste, lamgelê is.

Talle van Hofmeyr se ondersteuners het in kommentaar op die gewilde sanger en aktivis se inskrywing hul eie ervarings van Covid-19 gedeel en Hofmeyr raad gegee oor hoe om dit te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Misky ·

Sterkte Steve. Ek glo en vertrou op onse Vader en dat hy jou spoedig sal genees.

Mariaan ·

Was jy al inge-ent Steve? Sal interessant wees om te weet…sterkte vir jou!

Pieter ·

Ek wou dieselfde gevra het… Hopelik sal hy nou besef die inenting is nie so slegte idee nie.

Aai ·

Vat dit maar rustig Steve hy raak gewoontlik baie erger vanaf dag 6 so rus maar jou liggaam so dat jy hom kan baklei as hy erger raak.Sterkte daar en gou gesond word.

Oom Hennie Pennie ·

Sterkte Steve. Dag 6 is die ergste. Ek het eers op dag 15 beter gevoel en geweet ek gaan lewe. Nou kan ek na 8 maande terugkyk oor hierdie siekte en net se: DANKIE HERE!

Erik ·

Sterkte Steve

Kan iemand miskien vir my verduidelik waarom die meeste mense wat teen die inenting is (wat wyd getoets en wêreldwyd goedgekeur is) nie ‘n probleem daarmee het om veearts medisyne (Ivermecton) wat nie ordentlik op mense getoets is nie dadelik te gebruik sonder om bekommerd te wees oor daardie langtermyn newe effekte waaroor dokters waarsku?

VaalDonkie ·

Oukei ek sal byt.

1. Die toetse is nog aan die gang. JY IS DIE PROEFKONYN. Daai goedkeuring het nie die gewone proses gevolg nie. Dis ‘n “emergency approval” en jy teken ‘n vrywaring as jy jou armpie laat prik met die entstof.
2. Ivermectin ken ons al lank en ons weet hoe hy werk en dat jy omtrent 100 maal die aanbevole dosis moet neem voor hy skadelik is. En jy kry dit vir mense ook. Of selfs malaria medisyne.
3. Ek en my kinders het al ons ander inentings gehad soos deur die staat voorgeskryf. Maar ek weet darem dat daardie goed deur die normale goedkeuringsprosesse gegaan het. Ons het nerens vrywarings moes teken dat as ons boude afval, ons nie kan eis nie.

LYDIA ·

Ek was vir my inenting en moes geen vorms teken vir vrywaring.

MakersMark ·

Stem – selfde vir my. Nog ‘n anti vaxxer sameswerings teorie.

Hardekwas ·

Ek ook nie. Moenie luister na die dwaalleer wat verkondig word nie

Gerhard ·

Vaaldonkie, die wat nie ingeent is nie is ook n proefkonyn, jy verteenwordig net die groep wat nie ingeent is nie en eerder ander middele gebruik. Ongelukkig is die ingeente konyne besig om die wat nie ingeent is nie verby te steek in die wereld. Al 4.7 biljoen mense ingeent.

Daar is nie vrywarings vorms vir covid inentings nie. Weet nie waar jy dit gehoor het nie maar jammer iemand het vir jou gejok.

VaalDonkie ·

Is oukei, ek is gebore met ‘n immuunstelsel en het in elk geval alreeds COVID gehad, so ek het immuniteit op die Boere-manier opgedoen. Was nie eers vir my nodig om in daai lang rye te gaan staan dat mense op my hoes nie.

Julle mense vra nie eers waarom jy moet ‘n inspuiting kry as jy alreeds die virus gehad het nie. Vra net bietjie sulke vrae. En vra sommer ook waarom mens elke jaar ‘n nuwe griep-inspuiting moet kry, maar laasjaar se inenting help sommer vir die nuwe Sars-Cov-2 variante ook. Dink net ‘n bietjie. Vergeet maar dis ek wat die vrae vra. Dink net bietjie vir jouself daaroor.

Vir my lyk dit meer asof dit ‘n verskoning is om ons vir die res van ons lewens te “hok” as wat dit oor ‘n virus (wat minder mense as TB doodmaak) gaan.

Lanfear ·

Ek en meeste van my familie en vriende het die inentings gekry, en niemand moes ‘n vorm teken nie. Weet nie waar kom jy aan die nonsens nie!

Ivermectin werk NIE, selfs die firma wat dit vervaardig het dit bevestig. Dink jy hulle sou dit gedoen het as dit nie waar was nie? Want as hulle bevestig het dit werk, kon hulle biljoene gemaak het daarmee.

Die Covid-19 vaccine word al vir JARE ontwikkel, vandat die eerste SARS virus begin het. Die vaccine kon ook al 11 JAAR terug reg gewees as het, as vondse nie opgedroog het nie. Doen bietjie ordentlike navorsing!

koos ·

gaan kyk ers na “The Podcast of the Lotus Eaters #186” hulle hanteer die pfizer leeks
dan kom jy terug no ons toe

Estelle ·

Ek dink regtig dis elke ou se persoonlike keuse of hy ge-ent wil word of nie. Kom ons gun mekaar ten minste daardie vryheid. Eks so moeg om te sien hoe mense gedurig aangeval word oor hul keuses. Sterkte Steve.

M.P. ·

Alle sterkte dis n nare ding. Ek myself het dit nog nie gehad nie, maar het baie mense om my wat dit gehad het.

Mariana ·

Sterkte Steve, hoop jy word vinnig beter. Vir vroulief ook beterskap.

Peetjie ·

Liewe Steve.. Probeer vars suurlemoen in die hande kry … Sny dit op – sommer met skil en al, gooi kookwater en heuning op en drink so gereeld jy kan… Suurlemoen balanseer jou Ph balans en help ook met die herstel…
Sterkte vir jou en jou gesin.. Ons bid vir julle

Chuck ·

“Binne 48 uur was ek plat, swak suurstoftellings, kouekoors, hoë temperature, nierpyn, duiseligheid, hoes.” Been there, got the T-shirt, Steve! …..my beurt was 8 maande gelede en ek begin NOU eers werklik weer myself voel. Ek wens niemand daai gevoel/toestand toe nie. Sterkte, blink Stefaans!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.