Covid trek Steve Hofmeyr ook plat

Steve Hofmeyr. (Foto: Joanne Olivier Photography)

Duisende mense het die gewilde Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr beterskap toegewens nadat Covid-19 hom ook platgetrek het.

“Jammer, almal. Ek wou toets en toets tot dit negatief was, maar ek is positief,” het Hofmeyr Vrydag op Facebook geskryf.

“Ek voel goed. Afgesien van ʼn nare bors het ek geen simptome nie. Dankie vir soveel raad en goeie ondersteuning. Dis die gebede wat ek aanvoel, want daar is engele om ons.”

Hofmeyr het ʼn dag tevore geskryf hy maak sy inskrywing uit die bed, neem medikasie en isoleer asof hy reeds die virus opgedoen het.

“Vanoggend voel ek fantasties, maar ek vertrou die vrede nog glad nie. My vorige toetse het ja en nee gesê toe ek dit nié gehad het nie. Sal nou weer toets. Ek dink ek is meer jammer as jy vir die uitgestelde konserte!” het Hofmeyr gesê voor hy later wel positief vir Covid-19 getoets het.

Hy het vroeër vandeesmaand geskryf dat hy “ná maande lange werkloosheid” weer op ʼn verhoog kan stap en ʼn “liedjie kan waag”.

“Dít is die langste wat ek nog nié gesing het nie. Ek’s skoon skrikkerig.”

Die kunstebedryf was een van dié sektore wat weens die inperkingsregulasies, veral die verbod op byeenkomste, lamgelê is.

Talle van Hofmeyr se ondersteuners het in kommentaar op die gewilde sanger en aktivis se inskrywing hul eie ervarings met Covid-19 gedeel en Hofmeyr raad gegee oor hoe om dit te hanteer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Sterkte Steve. Mag jy baie spoedig op die been wees!

JM ·

Covid-19 ontsien niemand nie. Wens vir Steve volkome herstel toe.

Andreas ·

PCR-toets kan nie “die virus” bewys, aangesien dit nie tussen liggaam se RNA en die hipotetiese virus RNA kan onderskei nie.

MakersMark ·

So waarvan ly Steve dan Andreas? Hy het simptome en sy toets was positief…..

A ·

Aggenee, man wat teen inentings is kry Covid.

Van 2 Aug:

Tydelik skryf:
Jy het n jong kind. Dink aan haar. As jy Gauteng se water drink, kan jy net sowel die Jab vat.

Steve Hofmeyr skryf:·
My risiko’s vir die Covid kry en die Vax newe-effekte is ongelukkig ewe groot.

Sy Twitter is vol teen-inenting snert.

Wat ‘n selfsugtig persoon.

Ek sal wel bid dat jy gesond – en ‘n beter persoon word.

Oros Soros ·

‘n Man wat baie voordele opoffer om vir sy volk op te staan en deur die (s)linkse media verguis word, word bestempel as selfsugtig? Ek dink jou kommentaar is ‘n klomp snert. Jy kry Covid al het jy die inspuiting gekry. Steve het in elk geval gewik en weeg of hy gaan spuit of nie, of het daai jou die heeltyd op facebook en twitter ontgaan?

piet ·

Om jou voor te doen as ‘n brawe keyboard warrior met anti-vax retoriek en samesweringsteoriee werk nie vir hierdie virus nie. Sommige mense moet egter eers voel voor hulle luister. Gelukkig lyk dit asof hy dit in ‘n ligte graad gekry het en gou sal herstel.

Margaret ·

Die inenting voorkom nie dat jy covid kry óf dat jy sterf daarvan nie. Selfsugtig hoe? Die enting voorkom ook nie aansteeklikheid nie.

MakersMark ·

Inentings beskerm 90% teen simptomatiese infeksie en 96% teen hospitalisasie en 100% afsterwe in gesonde pasiente sonder “comorbidities”.

Mariana ·

Ja Annie jou kommentaar is ongevraagd. Deur sulke kommentaar soek jy dalk bietjie aandag hmmm?

MakersMark ·

Hoop jy word beter Steve. Vee net jou anti vax en sameswerings teorieë op Twitter uit asb. En erken CV19 is real.

piet ·

Karma, maar hopelik het hy sy les geleer en sal nou mense aanspoor om die vax te vat. Die virus is real en is op jou voorstoep.

Die Boerepompie ·

Jy kan die Here dank jy leef nog daar so baie ander wat dit nie gemaak het nie

Estelle ·

Sterkte Steve, ek bid vir jou. Ten minste is jy een ou in hierdie land wat altyd jou eerlike opinie gee. Daarom respekteer ek jou.

agnes ·

Steve, jy sal kan sing solank jy die regte kleur liedjes sing. Ons weet mos

MakersMark ·

Het gehoor Steve gaan ‘n lied saam met Dozi doen in Zulu. Hoop jy ondersteun Steve steeds.

Esme ·

Aai Steve, en jou hande is net nooit te kort om uit te reik nie. Alle beterskap en mag jy gou beter voel. Raak rustig en weet net, daar is wel lewe na Covid 19

Lionel ·

@Esme – dis nou as jy dit oorleef Esme, baie baie mense het nie daai voorreg gehad nie. Dink voor jy onsensitiewe kommentaar plaas!

koos ·

Duidelik, met die onderstaande kommentare in ag geneem, het my volk in hierdie geval geen grys gebied nie – of jy laaik Steve of nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.