Stigting verkla Ernst Roets oor ou landsvlag

ou-sa-vlag-nelson-mandela-stigting-en-ernst-roets

Ernst Roets van AfriForum en die Nelson Mandela-Stigting lewer kommentaar na die hof se uitspraak vandeesweek oor die ou Suid-Afrikaanse vlag. Foto: Verskaf.

Die Nelson Mandela-stigting (NMS) het Vrydag gesê hy gaan ’n dringende hooggeregshofaansoek bring om Ernst Roets, die adjunk- uitvoerende hoof van die burgerregtegroep AfriForum, van minagting van die hof aan te kla.

Dit kom nadat Roets ʼn foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas het, kort nadat die gelykheidshof Woensdag beslis het dat die vertoon daarvan – in sekere kontekste – op haatspraak neerkom.

“Het ek nou net haatspraak gepleeg?” lui Roets se inskrywing saam met die foto op Twitter.

Roets het later gesê die reaksie op die twiet, waaronder dié van die stigting, was nes hy verwag het.

“Volgens die [hof se] uitspraak mag die vlag vir akademiese doeleindes gebruik word. Ek is ’n student van grondwetlike reg en doen tans my doktorsgraad. Hierdie is ʼn akademiese vraag. Dit lyk of die NMS se soeke na apartheidstyl-sensorskap en verbanning voortduur,” het hy getwiet.

Die stigting sê nou in ʼn verklaring Roets se plasing is gemaak onder die voorwendsel van akademiese debat.

“Die gelykheidswet beskerm nie akademiese werk wat in kwade trou gedoen is nie. Die stigting glo dat die optrede van AfriForum se verteenwoordiger in kwade trou en in minagting van die hof gedoen is. Dit is ook disrespekvol teenoor die adjunk-regter‑president van die hooggeregshof,” het Luzuko Koti, woordvoerder van die stigting, gesê.

Luidens die verklaring het die stigting op verskeie geleenthede probeer om met AfriForum saam te werk om nasiebou te bevorder.

Die Menseregtekommissie (MRK) het ook sy misnoeë met Roets se plasing uitgespreek.

Roets kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

Daan Erasmus ·

Dit is duidelik dat die Nelson Mandela Stigting ingestel is op vergelding en beslis nie nasiebou nie. So al hul mooi praatjies is eintlik twak praat. Hul spoeg net haat.

Arak ·

Weet enige iemand waar mens nog die vlag kan koop… Wonder maar net vir akademiese belang…

Darius ·

Ek voel eintlik ‘n veer oor die vlag. Maar sterkte vir Nelson se mense en MRK on Ernst aan te vat…. Hier het julle nie kat se kans om jul (politiekgedrewe) stelling te handhaaf nie.

Staan saam ·

Die uitkoms van hierdie saak moet Ernst verseker in sy navorsing gebruik vir sy doktorsgraad. Dit sal beslis vasgelê word as deel van die onregverdige uitslag t.o.v. selfs virakademiese doeleindes. Dit is belaglik dat hulle kan besluit wat is kwadetrou akademiese werke en wat nie. Voorspoed met jou doktorgraad en navorsing, Ernst. Teken als op in daai boek van jou, ook hoe hierdie teen jou gehou word.

Pieter ·

Dit is tyd dat ons op hou praat en die gewere op tel laat ons dan sien hoe slim is die anc ons praat en ons praat en hulle lag al te lekker maar dit is nog altyd ons probleem ons praat te veel en doen te min

Trotse Suid afrikaner ·

Pieter wat wil jy met die gewere doen? Jou opinie verteenwoordig 2% van ons bevolking!

Magda ·

DIT IS DIE VLAG WAARMEE EK GROOT GEWORD HET – VERBAN DIT – JULLE REG – MAAR BINNE IN MY HART SAL DIT ALTYD MY SUID AFRIKAANSE VLAG WEES EN EK IS NIE N RASSIS NIE – HET BAIE SWART MENSE AS MY VRIENDE – EN NMS – JULLE HET OOK NET BAIE TE SE AS DIT IEMAND WIT IS – NMS HOEKOM VERKLA JULLE NIE BLF EN EFF VIR HULLE RASSISTIES HAATSPRAAK TEENOOR WIT MENSE NIE – JULLE STAAN SELF AGTER DIE EUR – LOS ERNEST ROETS UIT.

Johan ·

Corne, vir my is dit nie net ‘n vlag nie – dit is ‘n IDENTITEIT! Dit is ‘n TROTS! Dit is ‘n SIMBOOL van die volk waarvan ek deel is! As jy nie ‘n ruggraat het nie is dit jou probleem…

Iens ·

Ja, jy kan moor en mense in stukke opkap (Lynette Volschenk) en mense martel en juig oor wit kinders wat dood is by n skool en haatspraak versprei om wit mense te vermoor, maar n dooie stuk lap moet net nêrens vertoon word nie. Aakloge, wrede,, hatige mense iN SA.

thinus erasmus ·

Jip, een van die dae sal ons nie eers meer die naam oor ond lippe spreek nie. Sal seker maar moet praat van die “obb” of die “ou lap”.
Kom ons swaai eerder die Union Jack vir MRK en genote, hulle veg mos ook teen kolonialisme and speak the language very deliciously thank you!

Tino ·

Ek hou van die idee! Volgend betoging waai ons die Union Jack, hopelik verban die hof dit ook en dan sal die Britte seker betrokke raak.

Maljan ·

Kinderagtigheid!!!! Was dit nie die amptelike vlag nie? Blankes ly nou onder demokrasie.

Anoniem ·

Die huidige regering het net nog nie ń naam vir hulle rasseverdeling gegee nie…

Trotse Suid afrikaner ·

Maljan jy is reg. Dit WAS die amptelik vlag! Ons het n trotse nuwe vlag al vir n geruime tyd! Kom by!

Trotse Suid afrikaner ·

Maljan soos jy se dit WAS die amptelike vlag. Ons het n nuwe vlag al geruime tyd.

Karlahari ·

Trots suid afrikaner , en ek sukkel om dit met respek te sê. Suid Afrika se was oranje blanje blou. Azania sê vlag is die huidige vlag wat verdeling voorstel.
Noem jou eerder Trots Azanier waar alles uitmekaar val.

Dries du Toit ·

Dat n hele 50miljoen siele nou so bang en gegrief kan wees deur een ou vlaggie.Dit laat my net nog beter kan verstaan hoe die stert so merske hond vir honderde jare kon rondswaai,en nog steeds eeue verder gevorderd is as die 50miljoen siele.Tyd vir n diepe selfondersoek deur daai 50miljoen.How and why?

remondo ·

dis net een of ander snotpikkende staats amptenaar wat daaroor stress ,ek dink nie dat 50 miljoen siele gepla is met n vlag as hulle elke dag sonder werk en kos sit nie..

Pietie....... ·

Hulle is bang vir daai vlag en waarvoor dit staan. Tyd om hom weer te hys en terug te vat wat ons sin is. Ons moet ophou slapgat wees. Wat leer ons kinders van ons as ons toelaat dit dit verder so aangaan?

pieter ·

ERNST BAIE VAN ONS VOEL SOOS JY,MAAR JY SPEEL NOU IN HULLE GUNS.

James ·

Verkeerd, Pieter. Hy roep hulle hipokrasie uit, vir die hele wereld om te sien. GO ERNST!!!!

Sirkus ·

Om ‘n vlag van uit die geskiedenis van ‘n volk te verklaar as haatspraak is self haatspraak teenoor daardie volk…

Johan ·

Hierdie flippin ABSURD! Ons Afrikaners beter wakker skrik! Ons geskiedenis, kultuur en identiteit word verkriminaliseer! Wat is volgende? Gaan ons gedwing word om ‘n teken te dra wat wys ons is Boere? Wanneer gaan ons as ‘n volk bymekaar kom en begin standpunt inneem?

Rina ·

As n vlag hulle so ontstel dan wil ek nie weet hoe hulle gaan optree in die toekoms nie.Ons word ook kwaad or jong manne wat op die grens gesterf het ook vir julle veiligheid.

SeMaarNet ·

Ek is gelukkig nie skaam oor wie ek is en dat ek wit en Afrikaans gebore en grootgeword het nie. Ek is deur God geskape en Hy maak nie foute nie. As iemand ‘n probleem met dit het, is die probleem in hulself. Ek vertrap nie ‘n ander se kultuur nie… so ek gaan ook nie iemand gelukkig maak deur opgewerk te raak deur wat hul probeer bereik nie… dit gaan nog lelik in hul eie gesigte ontplof…. dink oor 20 jaar wat gaan dan in geskiedenisboeke staan plus wat gaan oor die kinders van dan se lippe gespreek word… dat korrupsie en diefstal nie aangespreek is nie, maar dat dit belangriker was om ‘n minderheidsgroep te probeer uitwis.

Andries Haasbroek ·

Ek ondersteun hierdie aksie van Ernst heelhartig. Hiermee het hy die belaglikheid die sogenaamde Menseregtekommissie ontmasker. Goed gedaan!

Laetitia ·

Ek het ook nie baie rede om trots te wees op die huidige vlag van ons land nie. Wanneer ek die vlag sien kan ek nie help om te dink aand die moorde, verkragtings , korruptes. Die ontneming van ons taal,kultuur ,sport ens nie. Wat het geword van Pres.Mandela se never, Never and never again.

Mariette ·

Wat kan ons doen wat billik en reg sal wees om Ernst te ondersteun?

James ·

Het ek nou pret gehad vroeer vandag!

Ek het gaan inkopies doen by my plaaslike “mall”, geklee in ‘n oranje pet, wit T-hemp, en blou denim.

Ek het niks gese nie, net heerlik inkopies gedoen, by 3 verskillende kettingwinkels, die name waarvan ek sal weerhou.

Die ongemak wat ek by die drie verskillende kassiere, die twee veiligheidswagte, en ‘n sekere deel van die publiek ontketen het was absoluut PRYSLOOS!

pieter ·

Puik idee James,
Kan ons dalk ook n dag reel soos swart maandag, dan trek ons almal so aan?

Charles ·

Hehe James, lag ek nou, baie dankie! Nou kan ek maar gaan naweek hou : )

Afriforum is besig om ONS vryheidsvegters te word!

Stiks ·

Die onbevoegde Anc en sy kaders is besig om met vuur te speel!

Vlaggie ·

Wat gebeur as ons almal nou ‘n ou prentjie van die vlag plaas. Almal so gelyk om dieselfde dag. Gaan die hele ou klein bietjie van ons dan in die tronk gestop word?

pieter ·

As jy eers n volk se geskiedenis wil verwoes dan is dit n direkte aanslag op daardie volk.
Dan kan jy net sowel daai volk ook uitwis. Hierdie aksie van die regering is opsetlik , en hulle maak die boervolk kwaad . Een dag is eendag, dan spat die ………

Boxer ·

Sal graag wil weet wat van die vrouens en ouers wat jare gelede die vlag in die hand gegee is langs die kis van hulle seun of man nadat dit oor die kis geplaas was? Gaan dit nou moet verbrand word. Baie keer is daai vlag deur die regering oorhandig want toe was die vlag goed genoeg gewees. SKANDE.

B ·

Wat van bv ou vliegtuie, wat histories korrek gerestoureer is, kompleet met ou vlag en al?

Tino ·

Welgedaan Ernst! Nou sit hulle met ‘n tamaletjie.

Dwing die hand

Carl ·

Die Swart-Menseregtekommissie, ja!
Hulle is darem gou om te reageer op dit waar hulle andersins glad nie haastig is om `n woord te rep nie. Die Swart MRK se rassisties onderrok hang sommer lekker ver uit.

Peet ·

En as die BLF nie opdaag by hof nie? Dis minagtend – ons regsorde het klaar kant gekies!

Disselboom ·

Wigte en teenwigte, het hulle vir ons vertel daar in Kodesa se tyd – die wigte is nou hard aan die werk, die teenwigte kom seker nog.

koos ·

NMS. Passop dat hierdie aksie van julle nie ‘n nes gaan oop krap, wat julle nie kan keer nie. Wit mense is moeg om vertrap te word.
Ek dreig nie en gebruik die voorbeeld net om die erns van die situasie uit te wys. Die eerste wêreld oorlog is met 1 onbesonne daad begin. Dis daai laaste druppel in die emmer wat hom laat oorloop.

Jeremia ·

Dit werk só: terwyl die ou vlag verban is en Die Stem dalk uit Nkosi gesny gaan word, word dit weer bevestig dat die staatskas kaalgeplunder is.
Seker maar toeval, maar betwyfel die toevalligheid daarvan.
Dalk enersyds om die aandag af te lei en waarskynlik om beter te voel en sommige gelukkig te hou.
Eintlik behoort die die witvlag te wapper en dis maar ‘n baie gehawende een.
Nou lê die finale fase van vergrype voor. En die aandag word afgelei met allerlei agitasies en hofsake.

Hans ·

Dink die stigting het nou n groot hap geneem-1000de mense het die ou vlag op sosiale media ,sal vir jare in hof wees. Die tyd het nou aangebreek om die stigting vir kwaadwilligheid aan te kla .

Alida ·

Welgedaan Ernst, ons staan agter jou. Ek het ook nog ‘n ou vlag in my huis en ook nog ‘n beker en glas met die ou stem daarop.

pieta ·

Kla die moelikheid maker aan …..hoop hy land metg sy alie in die tronk.

Leonard van der Dussen ·

Wat sê die FW de Klerk Stigting van hierdie vryheid van spraak-kwessie en oor die vlag se plek in die samelewing: Mandela en De Klerk het immers saam die Nobelprys vir vrede ontvang.

Jannie van Niekerk ·

Leonard, die antwoord is kort en kragtig: Die FW De Klerk stigting stem heelhartig saam met die Nelson Mandela Stgting in alle opsigte, sonder enige uitsondering.

Devill ·

Nog nooit het ek enige behoefte gehad om die ou landsvlag te wys, na te kyk, of ‘n prentjie erens te hê nie.
Na die hof uitspraak plaas ek die ou landsvlag met elke geleentheid wat ek kry.
Ek is ongelukkig te lafaard om dit onder my regte naam te doen…. :(
Is ek ‘n swakeling?

De Villiers ·

@Devill, jy is nie ń swakkeling nie.
If you can’t beat them, confuse them :-)

James ·

Onthou net, wanneer jy weer “mall” toe gaan, om jou persoonlike modevoorkeure in die regte volgorde aan te trek.

Dis van bo af: Oranje, Blanje, Blou.

1. Die onderste kant is maklik: Blou Denim.
2. Die middel – ewe maklik: Wit Hemp.
3. Rond dit dan af met ietsie Oranje aan die bokant. As jy manlik is – ‘n pet. As jy vroulik is – ‘n oranje serpie om die nek, of dalk ietsie oranje in hou hare – jou “Alice band”, of ‘n strikkie of twee?

Laat ons hulle OPENLIK uitlag – sonder om “haatspraak” te pleeg.

Jou voorkeur van kleure, en jou persoonlike mode-voorkeure is mos nie haatspraak nie?

Jannie van Niekerk ·

James, Jy en Thinus Erasmus het my nou ‘n puik idee gegee. Ek het ‘n wit T-Hemp met die Union Jack op wat ek jare gelede by ‘n 21,1km wedloop gekry het. Ek gaan dit voortaan saam met ‘n blou denim dra en beslis ‘n oranje pet aanskaf. Net jammer daar is nie plek vir die vierkleur en die ou Vrystaat vlag op die T-Hemp nie. Hulle het die vertoon van die VLAG verbied, nie dit wat op jou klere vertoon word nie. Man gaan dit nou nie lekker sports wees nie?

De Villiers ·

Die NMS en Menseregte Kommissie se definisie van nasiebou is defnitief nie dieselfde as myne nie. Inteendeel, hulle saai net verdeeldheid en polarisasie met hul eenogige benadering. Die SAKP, ANC en EFF se embleem, sowel as die nuwe Suid-Afrikaanse vlag, is vir baie Afrikaners dieselfde as wat die Oranje-Blanje-Blou vir ander Suid-Afrikaners beteken. Maar hoe sê George Orwell in sy boek ‘Animal farm’: “All animals are equal, but some animals are more equal than other animals.” Kommuniste.

Dankie Ernst, dat jy so sterk staan vir hierdie saak. Jy het my ondersteuning.

James ·

Bly ek kon jou ook “trigger”, Susan. Tot dusver, was protes moeilik. Danksy
Regter Phineas is dit nou MAKLIK – sonder om enige wet te oortree.

Ek kan nou links en regs irritasie aan jou uitdeel – oral waar jy gaan – deur bloot die klere wat ek dra, sonder om ‘n woord te spreek.

Jy sien, as jy iets wil laat “trend”: VERBAN DIT! Min mense het omgegee vir die kleure, Oranje, Blanje, Blou – in daardie volgorde van bo tot onder – tot eergister. NOU – gaan dit mode word.

Jy gaan swaarkry. Ek gaan lekkerkry. Wetsgehoorsaam.

Tertia Human ·

julle is nou totaal en al besig om die dam onder die eend se gat uit te ruk!!!! hoe kan n vlag haatspraak wees dis kinderagtig word groot!!!

James ·

O, hoe heerlik dat ek nou protes kan maak deur bloot klere te dra. Oranje (hoed/serp/strikkie/ op die kop) , Blanje (Wit hemp/T hemp), Blou (My denim).

GEEN vlag swaaiery nie – net my klere. In jou Gesig. Oranje, Blanje, Blou.

Ek WAG vir die eersste ou wat my wil arresteer oor my kleredrag. My selfoon is gereed, en op video gestel.

Dan ·

Ek is TROTS Afrikaans, TROTS Afrikaner en TROTS Afriforum.

Welgedaan Ernst, dit is omdat ons mense soos JY het dat ons as Suid Afrikaners kan voort’leef’ – ons staan bankvas agter jou.

As daar nou nog nie genoeg bewyse vir die klaagliedsangers is om aan te sluit by Afriforum nie – dan eet ek my hoed op.
SAAM STAAN!

Martin ·

En hier begin die hekse jag weer, alles en almal wat met die vlag te doen het gaan nou in die hof eindig en elke klein verneerde gaan probeer munt slaan daaruit. Wat’s volgende, gaan hulle elke ou fliek waarin die vlag vertoon word verban, elke lied waaroor daar gesing word of in die video is verban word ?????????????????

liefie ·

Mnr. Roets baie braaf. Pas maar net op dat jy sonder die vlag in die tronk slaap nie.

Jakes ·

Sjoe maar dan pleeg Google seker elke dag haatspraak? Want elke keer as ek soek vir die ou SA lands vlag dan bring hy dit op en niemand se iets daaroor nie…

Koos de Meyer. ·

Waarom mors hulle die hof se tyd en ons geld met sulke snert. Hulle is bang daarom huil hulle nou dat die vlag verban moet word. Ek het nog steeds my lugmag naamplaatjie met die ou landsvlag en my grens medaljes met die oranje kleure. Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika.

Boerepompie ·

Jaaaa….Koos inderdaad!
Dan tjank ons oor al die plaasmoorde!
Maar ons SPREEK dit,hoe ironies neh!!

CHAPPIES ·

VEG oor n dooie stuk lap!!!!
Hahaaaa….wat n grap!
Ennn…HULLE kry dit sowaar RÉG om die spul boere te vererg…!!!

hercu ·

die NM Stigting, MRK en die res van die spesiale mensdom is kop in een mus!

ek is bly dat niemand my gedagtes kan lees nie!

sterkte Ernst, jy is ‘n yster :-) doet so voort.

Charles ·

En die Vrystaatse Vierkleur, ek besit ‘n lapel vlaggie, baie trots daarop!

Josua Keys ·

Mnr Roets met die plasing van jou tweet het jy net weereens bewys tot waar diè mense se intellegensie vlakke strek, Toe ek op facebook sien julle wou in gesprek tree met die stigting na die uispraak was ek briesend en het gesê die tyd het aangebreek om op te hou gat kruip, wang draai en die mense met hul eie medisyne pakslae gee, dit het jy met oorgawe gedoen, Briljant is nie ‘n groot genoeg beskrywing aan wat jy gedoen het nie, dit wys net weereens hoekom hulle altyd die knie voor ons sal buig want hulle wil net eenvoudig nie leer nie, skooltoe gaan doen hulle wel maar leer Aikona!!! Jammer vir die van hulle wat wel verandering en vrede wil sien wat ook gatvol is vir die snert hulle steur hulle in elk geval nie aan die ANC, EFF of Nelson Mandela stigting nie net jammer hulle wil nie ook saamstaan sodat ons die korrupte kommuniste uit die land kan verwyder nie, dan het ons al moltreine “sky scrapers” ens in die land gehad en n ekonomie wat vir 85% van ons bevolking werk sou gee 70% met ordentlike huise en staatskoffers vol geld wat gebruik kan word om paaie ens te herstel ek hoop net hulle wil gou wakker skrik voor dit heeltemal te laat is.

Poot ·

@Charles
Die vierkleur is die Transvaal vlag…. nie Vrystaat nie. Ken jou geskiedenis asb.

Joke! ·

Verban die Anc vlag dan ook! Mense is vermoor onder die Anc vlag.Mense is opgeblaas deur die Anc onder die Anc se vlag! Dit is mos regverdig! Die Anc vlag is n vlag van onderdrukking en moord en geweld! So dit moet ok verban word!

Westing ·

Dan moet die ANC vlag ook verban word. Dit laat my dink aan die tyd toe daar bomme geplant was om ons blankes uit te moor. Ons moet maar net bly sit as die volkslied gesing word

Liendempers ·

So is ons besigheid se kleur blou. Ek reken toe gister dit is seker tyd sat ons die stoele weer laat oortrek. Iets modern reken ek. Ons moet die blou behou, dis ons kleur. En dan n spatsel uitbundige kleur, soos oranje! Met mooi wit kussings. ????

Laetitia ·

Ek het ook nie baie rede om trots te wees op die huidige vlag van ons land nie. Wanneer ek die vlag sien kan ek nie help om te dink aand die moorde, verkragtings , korruptes. Die ontneming van ons taal,kultuur ,sport ens nie. Wat het geword van Pres.Mandela se never, Never and never again.

Johan Neuteman ·

Ek verstaan nou nie mooi wat aangaan nie: in die eNCA-onderhoud sê Ernst Roets die vlag beteken vir hom niks nie? Dit gaan vir hom net oor vryheid van spraak. Moet erken, vir my self beteken die vlag iets van orde en dat dit betekenis het vir my en my voorgeslag, sonder dat ek nou dit wil gaan hys en swaai en vertoon, maar dis darem nie reg om my te verbied deur my vlag te verbied nie?

Quintus ·

Ek onthou, soos gister, as ons die stem in die skoolsaal gesing het in die 80’s – daardie gevoel het ek in die vroe 90’s laas gevoel, nog nie weer in vandag se tyd nie !

Adam ·

Mnr Roets se verweer is net so belaglik soos die bohaai om die vlag. Sy optrede was bloot ingestel op uitlokking en sommige van sy vorige uitsprake kan ter stwaing van die argument gebruik word.

rg ·

Het sopas ‘n groot groep drawwers in Oranje blanje blou verby my kombuis venster sien hardloop. Wat ‘n mooi gesig. My dag is gemaak. Mooi so J-U-L-L-E!!!!

Sarel ·

Die Sanral borde is meestal……… Oranje… Wit….. en Blou!!!!!!

Mooi vir Sanral!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.