‘Stop SEB in entstofprogram’ – AfriForum

(Argieffoto: GCIS)

AfriForum het Donderdag hofstukke by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien om te versoek dat Tito Mboweni, minister van finansies, enige planne om Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) in te span om die entstofprogram in te stel, stopsit.

Dié burgerregteorganisasie wil hê die hof moet Mboweni beveel om sy diskresie ingevolge art. 3 van die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid uit te oefen om alle staatsorgane wat in verband met die entstofprogram goedere en dienste aankoop en verkoop van SEB-vereistes kwyt te skeld.

Die saak is op die hofrol vir 18 Mei geplaas.

Ernst J van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê dit is in die openbare belang dat die aanskaffing van entstowwe van SEB-vereistes gevrywaar word, want SEB maak die proses veel stadiger. Hy sê daar is ook prima facie-bewyse van verreikende korrupsie wanneer dit kom by die tender- en aanskaffingsprosesse.

“Daar is reeds vantevore bewys dat SEB-beleidstellings grootliks dien as ’n rookskerm vir korrupsie, kaderontplooiing en die verryking van mense met die regte politieke bande,” sê Van Zyl.

“As ’n mens die oorweldigende bewyse uit die verlede in ag neem, het die minister van finansies ’n plig om hierdie soort rasse-inmenging by entstowwe te verhoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Fritz ·

Afriforum kan gerus van die entstof bandwagon afklim. Net n baie klein persentasie (1%?, 2%?) van die bevolking benodig regtig n entstof. Vir die oorgrote meerderheid sal natuurlike immuniteit meer as voldoende wees.

Johan ·

Dankie Sagome, net toe ek dink ek is alleen teen die twak. Beveg eerder die regulasies. Ek dink meeste mense is klaar immun, hul probeer dit nou net uitrek. Laat daai skelms maar SEB voldoen hoekom nie, ons moet.

Willem ·

Hoekom het ek dit verwag? Die wat sonder maskers loop en meng kry die entsrowwe en as daar oor is kry die witmense. Het dit verwag en voorspel daarom het ek in ń vorige opmerking gevra wat gaan die vereiste wees om entstof te kry want ek het geweet jy moet swart wees

Kokerboom ·

Watter soort demokrasie is dit dat ALLES dmv hofsake en regstryde met geskied??Rook hulle Afriforum!!!

Nie Verbaas ·

Opgeblase tenders is mos die normale neiging vir ons BEE landgenote. Hoe sal Mboweni dit nou stop? Regering het mos “baie geld” wat hulle kan mors.

Deon ·

Afriforum, los hulle uit, as al die geld klaar op is en die regering kan nie meer die opgeblaaste tenders bekostig nie, dan kan diegene wat die inspuiting wil he, dit self gaan aanskaf. Hoe vinniger die geld alles klaar is hoe vinniger kan dit gebeur

Hoekom ·

Hulle sal aanhou met hulle ras gedrewe benadering met alles verewig. Veel erger as enige ander regering voorheen in Suid Afrika.

Die ANC het terroriste dade gepleeg vir minder as ‘n pasboek en afrikaans leer op skool. Nou is hulle 100 keer erger.

Hier sit ons en kyk toe hoe hulle hulle rasisme uitleef en ons onderdruk nie omdat ons ‘n ander kultuur het nie maar omdat ons velkleur verskil en die wereld wat eens baie te se gehad het se oë is nou styf toe en monde nog meer toe. Dit laat mens dink dat hulle dit goedkeur.

Ek sê die ANCartel regime moet tot ‘n val kom en hoe vinniger dit plaasvind hoe beter vir almal in Suid Afrika…

Mariana ·

Mens sou dink dat die regering hulp sal verwelkom met inentings aangesien hulle faal daarin. Maar nee als gaan oor geld en swartbemagtiging. Afriforum kan voortgaan met hul aksie.

Nick ·

Dit het nou tyd geword dat die privaat sektor via mediese fondse die entstowwe invoer en verskaf aan hul lede. Hierdie regering is korrup, rassisties en absoluut onnosel. Hulle besef nie watter bydrae die witmense van die land kan maak nie.
Hulle optrede gaan veroorsaak dat mense en groepe wat uit die hoofstroom gelaat word op die ou einde ‘n Staat binne die staat vorm. Baie dom.

Dirk Mostert ·

Afriforum, hou aandring op entstowwe vir ons. Dit maak die ANC net meer vasbeslote om alle entstowwe vir hul ondersteuners te reserveer en dan speel hulle in ons hand.

Fedup ·

To be honest.
This circus with all their people can take as long as they like and use whoever friends they want for this vaccine,s distribution.
It will end up in a mess anyway.
I just don’t care.

Spook ·

Ek stem saam, los, laat die kaders die ding vir hulleself hou. Ek word vrek siek van ‘n griepinspuiting. Stel nie belang nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.