Stormweer op pad

(Argieffoto: pixabay)

Swaar reën is op pad vir groot dele van die land.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Vrydagoggend ʼn geel vlak 2- waarskuwing vir erge donderstorms met moontlike sterk wind, hael en swaar reën vir verskeie provinsies uitgereik.

Dié waarskuwing geld die sentrale en oostelike dele van Noordwes, die oostelike dele van die Vrystaat, Gauteng, die suidwestelike dele van Limpopo, die Hoëveld van Mpumalanga sowel as die westelike en suidelike dele van KwaZulu-Natal.

Die Stad Tshwane se nooddienste het vanmiddag ʼn beroep op inwoners van die metro gedoen om maar versigtig te wees.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, raai inwoners in reaksie op die weerwaarskuwings aan om binnenshuis en weg van metaalvoorwerpe te bly.

“Moenie skuiling onder bome of hoë voorwerpe soek nie.”

Mabaso raai mense ook aan om nie laagliggende paaie of brûe te midde van die reën oor te steek nie.

“Wees bewus daarvan dat enige kombinasie van hael, sterk wind, swaar reën en/of oormatige reën met storms gepaard kan gaan. Ons doen verder ʼn beroep op inwoners om waaksaam te wees en enige voorvalle onmiddellik by 107 (tolvry) of by 012 358 6300/6400 aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.