Strafbare manslag- beskuldigde in hof oor dood van klein Amé  

Joseph Maponya (Foto: Facebook)

Joseph Hebron Maponya het Dinsdag sy eerste verskyning in die Middelburg-landdroshof gemaak,  meer as 18 maande nadat hy na bewering die motorongeluk veroorsaak het waarin die vyfjarige Amé Jansen van Rensburg dood is.

Maponya staan tereg op aanklag van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur asook dronkbestuur.

Amé se ma, Nadia Jansen van Rensburg, het AfriForum se privaatvervolgingseenheid in Oktober 2021 genader – ʼn maand ná die motorongeluk op 26 September wat die lewe van haar dogter geëis en haar met ʼn gebreekte arm gelaat het.

Op daardie noodlottige dag was Jansen van Rensburg, haar man, Phillip, haar seun, Flippie, en Amé op die R555 onderweg na Middelburg. Albei kinders was in hul motorstoeltjies vasgemaak. Daar word beweer dat Maponya in ʼn rooi voertuig oor die sperstreep gery het tot in die baan van die aankomende verkeer. Om ʼn botsing reg van voor te vermy, het Phillip uitgeswaai, maar hul bakkie het omgeslaan en gerol. Amé het ʼn noodlottige kopbesering opgedoen.

Maponya het na bewering van die ongelukstoneel gevlug, maar is deur ʼn ooggetuie agternagesit, aangekeer en teruggebring na die toneel waar hy aan die polisie oorhandig is. Daar word beweer dat Maponya sigbaar dronk was.

Die vervolgingseenheid het tussenbeide getree, maar die saak is vertraag omdat die uitslae van Maponya se bloedalkoholvlak nog uitstaande was, ondanks die feit dat ooggetuies beweer het dat hulle Maponya in ʼn sigbaar besope toestand gesien het.

In Augustus 2022 het adv. Gerrie Nel, hoof van die privaatvervolgingseenheid, die volgende in ʼn brief aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geskryf: “Mnr. Maponya was na bewering dronk en daar kan geen regverdiging wees om nie met die vervolging van dronkbestuur voort te gaan deur op die getuienis van die getuies op die toneel staat te maak nie. Dit is onsinnig dat die aangeleentheid nie op die rol geplaas sal word nie weens uitstaande bloedresultate wat jare kan neem om verkry te word indien omstandigheidsgetuienis beskikbaar is om deur die NVG aangebied te word. Deur bloot met die getuies te konsulteer, kan dit vasgestel en bevestig word.”

Klein Amé Jansen van Rensburg (Foto: Verskaf)

Die eenheid het voortgegaan om druk op die NVG toe te pas totdat die saak uiteindelik op die rol geplaas is.

Nadia se emosies was oorweldigend toe sy Maponya van aangesig tot aangesig gesien het. “Vir ʼn jaar en sewe maande was die naam Joseph Maponya ʼn naam wat net hartseer en verdriet vir ons beteken het. Maar vandag kon ek ʼn gesig by daardie naam sit. Dit maak my hart bitter seer dat dit so lank moes neem om by hierdie punt uit te kom. Nou is al die pleisters op ons harte afgeruk en die rou seer word weer blootgelê.”

Nadia het AfriForum se privaatvervolgingseenheid bedank vir hul ondersteuning tot dusver. “Dit is nie regverdig dat ons hierdeur moet gaan nie, maar as dit beteken dat geregtigheid kan geskied en gesinne teen soortgelyke hartseer beskerm, doen ons dit. Met die krag wat ons van ons Hemelse Vader kry, sal ons hierdeur kom,” het Nadia gesê.

Die saak is tot 19 Mei uitgestel, ʼn dag voordat klein Amé sewe sou geword het. “In plaas daarvan dat ek op 19 Mei in die kombuis staan en ʼn koek bak vir my dogter se sewende verjaardag, wat op die 20ste sou gewees het, sal ek in die hof sit,” het Nadia gesê.

Barry Bateman, woordvoerder van die privaatvervolgingseenheid, het gesê dit moes nooit so lank geneem het om die saak op die rol te plaas nie. “Die regsbeginsel, geregtigheid vertraag is geregtigheid ontken, is van toepassing in hierdie saak. Daar was genoeg getuienis beskikbaar vir aanklaers om te verseker dat die saak onverwyld vervolg word. Ons is egter dankbaar dat die saak uiteindelik aan die gang kan kom en dat die Jansen van Rensburg-gesin stappe na geregtigheid kan neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jaco ·

As die slagoffer wit is en die beskuldigde swart, vervolg die NVG eenvoudig nie. Dis asof ‘n ongeskrewe beginsel van “die slagoffer is/was mos maak net wit, so die saak is nie so erg nie/irrelevant”, gevolg word.
Daar is BAIE ander sulke gevalle, waar reg en geregtigheid eers intree nadat Afriforum se privaatvervolgingseenheid ten duurste intree.
Ek dink al dié goed word beplan:
Eerstens vervolg die staat nie want die slagoffer is wit en tweedens weet die NVG dat privaat vervolging duur is, so meeste wit mense wat sulke sake wil beveg, los dit maar eerder weens die hoë koste.

Cherokee ·

…het AfriForum se privaatvervolgingseenheid in Oktober 2021 genader – ʼn maand ná die motorongeluk

Cherokee ·

Sy speel nou met ander pragtige kinders êrens in die wolke

Wolkie ·

dis hartseer dat jy mense doodry / ‘n ongeluk veroorsaak, en wegry, asof jy net niks voel of omgee nie. Wat het geword van menslikheid. ons wereld is wat hy is omdat niemand meer omgee nie.

piet ·

Ek probeer steeds verstaan hoekom hierdie tipe sake nie as moord verhoor word nie. As ‘n ou suip en daarom roekeloos bestuur moes hy mos voorsien het dat sy optrede iemand se dood kan veroorsaak (opset in die vorm van dolus eventualis).

Di ·

Te veel van HULLE wat drink en bestuur!! NVG is ook kader aanstellings en net so traag soos die regering om geregtigheid te laat geskied, VERAL met sake waar slagoffers blankes is

LANA is ELANè ·

Mag geregtigheid die slag seëvier.
Daar is so baie dronk mense op ons paaie wat wegkom met moord.
Hopenlik word die man nie net oor die vingers getik en dan vrygelaat op parool of wat ookal nie.
Die regstelsel is verantwoordelik daarvoor om ñ vb van hierdie mense te maak, nie net om hulle met ñ waarskuwing vry te laat wat so baie keer die geval is nie.

Jaco ·

As die NVG nie vervolg nie, hoe kry Afriforum se privaatvervolgingseenheid dit dan reg om die saak wel in die hof te laat verhoor? En wat as die hof/NVG/regstelsel, wat deur die ANC-regering beheer word, tydens die hofsaak steeds omdraai en sê “ons vervolg nog steeds nie” of “ons gooi die saak uit”?

Vicky ·

Maar natuurlik! As dit anders om was,was daai uitslae binne 2 MAANDE en nie “jare” beskikbaar nie. Glo my,ek weet waarvan ek praat..
So onnodig…my hart gaan uit na haar geliefdes…

Cherokee ·

…het AfriForum se privaatvervolgingseenheid in Oktober 2021 genader – ʼn maand ná die motorongeluk

Vonny ·

Dis sò n hartseer verhaal.
Sy lyk soos n poppetjie.

Bid vir julle♡

Landi ·

Dit maak my so bitter kwaad dat ek nie eers kan tik nie want dis so waar wat Jaco sê. Maar laat die rolle omgeruil wees en die slagoffer nie blank is dan is daardie pa summier aangekla, sy eiendom en familie gedreig en gevandaliseer en hy gestraf. Maar nou gaan mnr en hy gaan sit en huil in die hof en gebruik weereens die oer oue verskoning dat daar teen hom gediskrimineer word want hy is een van die voorheen benaldeede groepe se mense. En hy kom weg daarmee. Intussen is n pragtige dogtertjie ontsê daarvan om groot te word en n vol lewe te lei. Sulke dinge maak my so kwaad dat ek n egiptiese kobra sal french kiss

TruthDealer ·

Stem 100% saam, ek voel dieselfde. I hate unfairness and injustice with a primal hatred and fury.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.