Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) waarsku strandgangers en ander seegebruikers om versigtig te wees aangesien die volmaanspringgety Saterdag sy piek aan die kus bereik.
“Die NSRI maan swemmers, hengelaars en mense wat langs die kuslyn loop om bewus te wees van die springgety en versigtig te wees. Ons versoek ouers om te verseker dat kinders altyd onder die toesig van ʼn volwassene is as hulle naby seewater is,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.
Springgety veroorsaak dat die gety hoër is as gewoonlik tydens hoogwater, laer as gewoonlik tydens laagwater en dit bring ook sterker seestrome as normaal mee.
Springgety duur volgens die NSRI vir die dae wat tot volmaan lei, asook ʼn paar dae ná volmaan.
Dié verskynsel kom voor tydens volmaan en nuwemaan.
Dankie NSRI en Maroela Media, dat u mense met sorgsame inligting waarsku en maan. Dit kan net met ‘n Groot Dankie beloon word.