Stropers kry 18 jaar agter tralies

(Argieffoto: SA Polisie)

Twee renosterstropers wat in September in die Krugerwildtuin voorgekeer is, is maande later 18 jaar tronkstraf elk opgelê.

Die stropers, July Sihlangu (33) en Sergio Mathebula (32), albei van Mosambiek, is Maandag in die Skukuza-streekhof gevonnis nadat hulle skuldig bevind is op aanklagte van renosterstropery, betreding, die oortreding van die Immigrasiewet, die besit van ’n vuurwapen waarvan die reeksnommer verwyder is, die besit van ammunisie en die besit van ’n byl.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het veldwagters op 21 September in die Malelane-gebied in die Krugerwildtuin vir Sihlangu en Mathebula in die besit van twee vars renosterhorings betrap. Hulle het ook ’n jaggeweer waarvan die reeksnommer verwyder is, in hul besit gehad.

“Die veldwagters het in die omgewing waar hulle die stropers vasgetrek het, ’n renosterkarkas gevind. Sihlangu en Mathebula is gevolglik in hegtenis geneem,” sê Nyuswa.

Die staat het tydens die hofsaak deur middel van ’n ballistiese verslag bewys dat die geweer wat in die stropers se besit gevind is – ’n .375-geweer – gebruik is om die renoster dood te skiet.

“Die NVG verwelkom die vonnis en loof die staatsaanklaer en ondersoekspan vir hul harde werk.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

E ·

Soms voel dit of moordenaars en verkragters korter vonnisse kry as stropers. Alhoewel hulle ‘n gevaar vir mense inhou. Seker omdat mense nie sal uitsterf nie. En ja alweer onwettige besoekers.

Owlie ·

Whoopy……vir hoe lank gaan hulle werklik sit voor hulle parool kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.