Stryd oor voedselhulp duur voort

Die plakkaat wat die sentrum opgeplak het. (Foto: Cradle of Hope/Facebook)

“Die mense is só honger. Ons lewer ʼn liefdesdiens, maar die reëls raak al hoe meer belaglik.”

Só het Melodie van Brakel, hoof van die Cradle of Hope-sentrum in Krugersdorp, gesê nadat sy weens nuwe regulasies gedwing is om die vars broodjies wat sy daagliks aan hulpbehoewendes uitdeel, te staak.

Uit desperaatheid het Van Brakel Woensdag ʼn groot, rooi plakkaat by die sentrum se hek opgeplak waarin sy mense aanraai om die departement van maatskaplike ontwikkeling – wat die regulasies instel – te besoek en dáár vir voedselhulp te pleit.

armoede voedselhulp behoeftig

Die sentrum is beveel om die uitdeel van toebroodjies te staak. (Foto: Cradle of Hope/Facebook)

Ingevolge die afsonderingsregulasies moet sentrums soos dié ʼn permit bekom vir elke dag wat hulle kos uitdeel. Hulle mag ook geen voorafbereide maaltye verskaf nie, maar moet kospakkies uitdeel as hulle wil aanhou help.

Van Brakel sê die sentrum het wél permitte gehad om sewe dae lank kos uit te deel. Hulle moet vandeesweek om nuwe permitte aansoek doen.

“Ek het geweet ons mag nie meer gekookte kos versprei nie en ons het opgehou daarmee. Maar vier jaar lank al deel ons elke dag vir omtrent 600 mense vars grondboontjiebottertoebroodjies uit. Nou mag ons dít ook nie meer doen nie,” het Van Brakel gesê.

Die broodjies word gewoonlik om 12:00 by die sentrum uitgedeel. Gister, omstreeks 11:30, het ʼn polisievoertuig voor die sentrum stilgehou, terwyl die twee polisiebeamptes die gebou dopgehou het.

“Ons het geen kos uitgedeel nie, maar wel die plakkaat voor die hek opgeplak en die mense wat kom vra het vir kos na die departement se kantoor verwys. Wat anders kon ons doen? Die polisie het so 15 minute voor die hek gesit en toe weer gery, want hier het niks aangegaan nie.”

Die polisie het oënskynlik kom seker maak alle regulasies word gevolg. (Foto: Cradle of Hope/Facebook)

Van Brakel sê talle mense wat by die sentrum kos kry, is haweloos en het geen geriewe om rou produkte gaar te maak nie. Diegene wat wél ʼn dak oor hul koppe het, het dikwels nie elektrisiteit by die huis nie.

“Vreeslik baie mense is ontsettend arm en dít is hul enigste kos vir die dag.”

Van Brakel sê hulle gaan nou oorskakel na die verspreiding van kospakkies, maar ook dít bied groot uitdagings. Die regulasies bepaal dat die kospakkie net niebederfbare items mag bevat en dit moet boonop verkieslik by die begunstigde afgelewer word.

Van Brakel sê aflewering hou ʼn bykomende veiligheidsrisiko in, want om met ʼn beperkte hoeveelheid kos in ʼn gebied in te gaan waar daar ʼn oorweldigende behoefte is, kan groot probleme veroorsaak. “Ek wil graag aan die bepalings voldoen, ek is ʼn wetsgehoorsame burger. Ons het opgehou met die gekookte kos, maar die uitdeel van ʼn grondboontjiebotterbroodjie?

“Die Here sorg vir ons en ons gaan nou fokus op meer kospakkies. Ons sal kreatief moet dink,” sê Van Brakel.

“Die Here voorsien ons daaglikse brood en Hy drop ons nooit nie. Ek sien elke dag wonderwerke.”

Die nuwe plakkaat. (Foto: Cradle of Hope/Facebook)

Donderdagoggend was daar ʼn nuwe, rooi plakkaat voor die sentrum opgeplak wat sê dat die sentrum baklei om voort te gaan met die uitdeel van die toebroodjies. “Ons span prokureurs doen regstappe,” het die plakkaat gelui. Van Brakel sê Solidariteit Helpende Hand het nou betrokke geraak om te help.

Hannes Noëth, uitvoerende hoof van dié organisasie, sê hulle het reeds met hul regspan vergader en ʼn brief aan die Gautengse premier, David Makhura, gerig waarin hulle vra dat organisasies – ook Cradle of Hope – toegelaat word om steeds kos aan behoeftiges te voorsien as hulle aan al die nodige vereistes voldoen. Die premier het tot Vrydag om op die skrywe te reageer.

Noëth sê hulle het ook ʼn vergadering met die Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Panyaza Lesufi, oor die kwessie versoek.

Die DA het vandeesweek gesê die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, se oorweging van voorgestelde regulasies dat nét die aflewering van kospakkies – en geen gekookte etes nie – toegelaat moet word, is waansinnig.

(Foto: Cradle of Hope/Facebook)

Alexandra Abrahams, ʼn DA-lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling, het gesê daar is selfs ʼn voorstel dat dié bepaling ná die afsonderingstydperk gaan geld.

Abrahams sê die plundery van vragmotors en [beweerde] korrupsie met die verspreiding van kospakkies, veral deur ANC-verteenwoordigers, ry die staat se noodlenigingspogings in die wiele – en nieregeringsorganisasies het ingegryp om die land te voed.

Sy sê as sommige van die voorstelle deurgevoer word, gaan Suid-Afrikaners van die honger – en nie van die nuwe koronavirus nie – sterf.

Die DA sê die voorstel gaan net meer administratiewe rompslomp veroorsaak en niks doen om te verseker dat voedselhulp behoeftiges bereik nie.

Abrahams sê dit veroorsaak boonop vrees.

“Ons kan nie toelaat dat polisiebeamptes beslag lê op potte gekookte kos, of dit weggooi terwyl hongersnood mense in die gesig staar nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jaco ·

Ek verstaan dat die wit kind nie mag kos kry nie. Seker maar deel van die ewige straf vir apartheid. Maar waarom mag die swart kind ook nie kos kry nie? Iets maak nie sin nie.

Koos ·

Ek verstaan nie waarom die wit kind nie kos mag kry nie! Nieteenstaande die alewige apartheid argument.

Venter ·

Dit is hoekom die weermag en polisie ontplooi is om gebruik te word teen die publiek is daar mense in opstand gaan kom teen die belaglike besluite wat deur mense geneem word ek sien net moeilikheid wat aankom ons mense maak nie saak watter ras of kleur moet nou by mekaar staan

Anoniem ·

Venter soos hulle sê …. saamstaan het nog nooit in Afrika gewerk nie. Al wat mens kan doen is om na jou eie om te sien.

Zacahara ·

Absoluut absurd!! Die mense (ANC) moet wakker word: mense daarbuite kry swaar. Ons deel ook voedselpakkies uit in die Wesrand. Ons het reeds sowat 2,000 gesinne op ons databasis, maar kon nog net ‘n 1,000 help, en ons 1stes se kos is al op. Daar is regtig nie nog tyd met sulke rompslomp nie – sodra ons kos / donasies inkry, maak ons kospakkies & versprei dit!!

Peet ·

Die klere wat jy mag dra word voorgeskryf, wie mag kos kry word voorgeskryf, wat jy mag eet word voorgeskryf. Lekker groot kommunistiese(lees demokrasie) waarin ons bly.

ElizeK ·

Ek het nie meer woorde oor om my misnoeë uit te spreek rakende hierdie regering se waansinnige besluite en rëels nie.
Dit is hartverskeurend om te lees dat daar mense is wat wil en kan help, maar dat kos van honger mense, oor magsbeheptheid, van hulle weerhou word.
Dit is n sad sad dag in ons land as mense doelbewus en deur swak besluitneming, honger gelaat word.

myvyfsent ·

ANC JULLE IS SIEK! Mag God vinnig met julle afreken. Jul magsbeheptheid maak ons naar. Ek wens ons kon almal opstaan teen dit. So kan dit nie aangaan nie. Die land is honger en julle help net sekere mense dit is onmenslik

Christina ·

Die swart vrou wat vir my gewerk het in Kroonstad kry ook nie hulp nie, word van bakboord na stuurboord gestuur. 2 weke lank al

Anel ·

Arm mense benodig versl nou in die winter WARM kos! As hulle nie eers geld het vir kos nie, hoe moet hulle dit GAAR kry? Wat is nou belangrik, mense wat oor 100 jaar dalk die virus gaan kry of mense en veral kinders wat NOU gaan doodgaan van die honger?

Fedup ·

It is against my morals to deny anyone food.
Food knows no race or religion. Yes i know, the circus just don’t get it. To get to my point.
Give these homeless and hungry people all the ministers addresses that yap about food. Let them feed the hungry.
The rest of us, we need to take care of our own as no one else will.
No matter how corrupt, greedy, and heartless our government, our corporations, some of our media and our “religious & charitable” institutions may be, in the end their downfall will be glorious.

Mariana ·

Hoe kan ‘n regering so iets toelaat. Om kos te weerhou van hulpbehoendes en baie van hulle kinders, is onmenslik. Ek sou aanhou om kos te gee. Mens sou verwag dat die polisie juis sal help ipv kos wegneem. Reëls rondom die virus raak nou belaglik.

PieterP ·

To protect and to serve. Neewat Mariana, die woorde bestaan lankal nor meer vir die SAPS nie

Stephanus ·

Die onbevoegdheid en bevooroordeeldheid van die ANC regering is nou al algemene kennis en dit help nie om die bekeerdes oor en oor daaroor in te lig nie. Wat kan en gaan daaromtrent gedoen word behoort nou die besprekingspunte te wees. Waar is die leiers van opposisiepartye? Hoekom is hulle verkies as hulle nou niks sigbaar doen of iets tasbaars bereiknie?

Jacobus ·

Hoed in die hand en toe oë dankie vir julle deursettings vermoeë. Vir dié wat die 48 uur afwag by ANC ons innige empatie. ONTHOU net as ons weer gaan stem. Net eers uit hierdie regerings gemors kom. Sterkte en meegevoel

Jr ·

Wat het hulle in KOMMUNIST CHINA EN RUSLAND GEDOEN. Almal moes die selfde klere dra. Swart toe gemaakte skoene ( klink bekend? ) swart langbroek en lang mou jas ( klink bekend
nê ). Rusland die selfde. Vietnam die selfde. Al hierdie ” control ” kom reg uit die boeke van die groot kommunist leiers Stalin etc. They weren’t given assylum in these countries for nothing.

Jaco ·

plaas hulle tydens daardie asylum geleer het dat daardie kommunistiese lande andersins nogal heel goed gewerk het. Oos-Duitsland, Hongarye, Pole en die Sowjet-Unie was SONDER goed soos beurtkrag, plakkerskampe, swak lae standaard vuil staatshospitale, misdaad, swak lae standaard onderwys waar leerders onderwysers mag aanrand. As daardie lande se kommunisme regtig so sleg was, waarom verlang talle van die ouer mense daar dan vandag nog na daardie dae?

katerinadiekat ·

Die ANC regering in Suid Afrika. Kan nie eens se dit verbaas my nie.

Jaco ·

Ek sien n foto van n swart kind wat by hierdie sentrum kos gekry het en nou nie meer nie. Ek kan verstaan dat die wit kinders nie meer kos kry nie (dis mos maar ons straf), maar WEET die ANC dat hulle swart rasgenote nou ook nie meer daar kos kry nie? Die kind se velkleur is dan “reg”.
Iets maak nie sin nie. Dis mos nie hoe mens vir jou eie ras sorg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.