Stryery oor kos eindig dodelik

kerrie-afval-van-kreatiewe-kos-idees

Argieffoto

ʼn 49-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo haar jonger kêrel tydens ʼn rusie oor kos in die Oos-Kaap vermoor het.

Die polisie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die beskuldigde, Sizeka Mangala, het Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn op aanklag van moord, nadat sy haarself aan die polisie oorgegee het.

“Die paartjie het Vrydagaand omstreeks 22:00 glo saam by hul huis in die Skiet-informele nedersetting in Butterworth aangekom, maar dit is nog nie duidelik vanwaar hulle gekom het nie,” lui die verklaring.

“Die 35-jarige man was glo honger en het daarop aangedring die vrou moet vir hom kos gee. Hulle het rusie gemaak toe sy gesê het sy het nie kos gemaak nie. Die vrou het tydens die rusie glo ʼn mes uitgeruk en die man in sy bolyf gesteek.”

Die man, Nyameko Mahlathi, is op die toneel dood.

Mangala is nie Maandag gevra om te pleit nie. Die saak is tot Donderdag uitgestel wanneer sy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Sy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

BoereBikerBaby ·

sjoe sal maar volgende keer maar versigtig wees om te vra vir kos LOL

Irene ·

Hoekom moet a vrou hiet rn gebiet word so laat om sy maag vol te maak het hy nie hande om self dit te doen nie

Joann ·

Sjoe. Maar n vrou hoort ok nie kaalvoet en pregnant in die kombuis nie

Vicus ·

Oeps Maroela, die sin konstruksie is nie goed nie. Waarom nie n vrou van die Oos Kaap nie? Dit klinlk ao of sie rusie oor Oos Kaapse kos was!

Gesiggie ·

Die arm man, hy kon nie eers sy laaste bord kos geniet… Ek dink die vrou was al so moeg, om haarself elke dag af te sloof”’ Wat sy gedoen het, is verkeerd, maar Enough is enough” Jammer dit het so geindig?…

Illa ·

Ek is bereid om ‘n paar rand te wed dat hul nie nugter was nie (inelkgeval nie albei van hulle nie). Drank verdra nie onreg nie.

Corné ·

‘n Mens se lewe beteken vir sommige mense minder as niks. Hoeveel berigte was daar nie (slegs) die afgelope 2 weke oor mense wat messe uitpluk en iemand anders doodsteek tydens ‘n geskil nie. Dis die 2e geval in die nedersetting wat ons van lees die afgelope paar dae. Dis skrikwekkend wn tragies dat mense so barbaars optree. In ‘n vorige berig vandag het ‘n man sy kinders vermoor omdat hy vir sy vervreemde vrou kwaad is.

Helen ·

Want mense maak met mense net wat hulle wil. Geen respek meer nie en verwoes net lewens!

Bertie ·

Ag wat, haar kosmaak dae is een van die dae, iets van die verlede, sy gaan nou tronk kos bedien word. Hoop sy geniet haar aftrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.