Student gevonnis vir moord op kamermaat

Argieffoto

ʼn Student aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) is Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis vir die moord op sy kamermaat vroeër vanjaar.

Siphamandla Gamede (25) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op ʼn aanklag van moord asook ʼn verdere twee jaar tronkstraf vir dwarsboming van die gereg ná die grusame moord op sy kamermaat Nkosinathi Ngema in Januarie vanjaar.

Volgens Phindi Louw-Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Ngema se liggaam by die Cherry Manor-kompleks in Roodepoort aangetref. Gamede is kort ná die moord op 10 Januarie in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding. Gamede het skuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Gamede het ten tyde van die moord saam met die slagoffer en dié se broer in ʼn woonstel in die kompleks gewoon. Die broer het die betrokke dag werk toe gegaan terwyl Gamede en Ngema nog in hul betrokke kamers geslaap het, het Louw-Mjonondwane verduidelik.

Gamede het gedurende die dag egter vir Ngema met ʼn hammer bygedam voor hy hom verskeie kere met ʼn mes gesteek het. Ngema het op die toneel aan sy beserings beswyk waarna die broer met sy tuiskoms later die dag op bloed in die woonstel afgekom het. Gamede het egter gejok en gesê dat Ngema deur die loop van die dag in die woonstel beroof is.

Volgens Louw-Mjonondwane het die slagoffer se ma en broer ter verswarende omstandighede in die hof getuig. Hulle het aangevoer dat Ngema se dood ʼn negatiewe invloed op beide se lewens het met die broer wat sedertdien sy werk bedank het weens die trauma wat hy moes deurmaak.

Regter Mohamed Ismail het gedurende die vonnisoplegging egter opgemerk dat Gamede skuldig gepleit het op die aanklagte teen hom en nie vantevore in enige kriminele aktiwiteite betrokke was nie.

“Die moord van onskuldige mense het ongekende vlakke in die land bereik. Die NVG veroordeel sulke onmenslike dade en sal voortgaan om te veg vir die reg op lewe,” het Louw-Mjonondwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Deur die “reg tot lewe” te balanseer met die “reg om NIE te lewe NIE” word die regering basies uit die proses uitgehaal, na skuldigbevinding….want dan word hierdie ‘n konstitusionele saak. As die Konstitusionele regters bevind daar was “foute” in die verhoor tot skuldigbevinding, dan word tronkstraf nie terugval opsie………..met ander woorde niemand word “onskuldig” ge-elimineer nie….Sou daar egter geen “foute” wees in die verhoor tot skuldigbevinding nie…..dan volg die vyf demokratiese keuses wat volg op die dade wat jy gepleeg het wetende dat dit jou die geleentheid gee om die “reg om NIE te lewe NIE” wil opeis….Maklik.

dejager ·

Meeste ,indien nie almal ,is vandag universiteitsmateriaal in hierdie land.

Bekommerd ·

Goeie genade, skoliere en studente wat mede-klasmaats, kamersmaats en onderwysers vermoor. Wat se tipe jong leiers is ons besig om te kweek in hierdie land?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.