Ses mense is dood nadat ʼn trapreling by ʼn sjebien in Khayelitsha meegegee het en twee van die beseerdes het daarna in ʼn motorongeluk gesterf op pad na die hospitaal.
Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê ses mense is op die toneel dood nadat die trapreling Sondagoggend in Makaza meegegee het. Volgens Traut is van die beseerdes met ʼn private motor na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en was dié motor op pad na die hospitaal in ʼn ongeluk betrokke. Twee van die persone wat ernstig beseer is toe die trapreling meegegee het, is in dié ongeluk dood. “Die oorledenes is almal vroue tussen die ouderdomme van 15 en 23,” het hy gesê.
Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen om te bepaal of enigiemand verantwoordelik gehou kan word vir die ineenstorting van die trapreling. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek in verband met die motorongeluk.
Nou vra ek van wanneer af is n 15 jarige ou genoeg om in n shebeen te gaan? dis dan nog kind!!!!
Is jy al vrou as jy 15 is of is jy nog meisie?
Ek as Maatskaplike Werker het baie vrae rondom die gebeure. Nie slegs word die drankwet oortree nie, maar definitief ook die Kinderwet 38/2005. Die eienaar is skuldig aan drank bediening aan minderjariges, die motorbestuurder vir die ongeluk, maar definitief is hierdie minderjariges se ouers, voogde, versorgers verantwoordelik vir hulle beskerming en versorging ook skuldig. Weet ouers dan nie meer waar hulle kinders rondbeweeg nie. Duidelik nie!
Nou wat soek vroue (heel waarskynlik oorgewig want die trap het mee gegee) van 15 in die sjebien, verseker nie tee en koek gevat nie, die bestuurder van die motor het verseker weer gejaag en was moontlik onder die prop gewees. Hul moet self verantwoordelik wees.
Eish! Pap en bier…. It’s aaaaal gooooooood…