Die burgerregte-organisasie AfriForum het in Mei vanjaar verskeie dorpe in die suide van Gauteng se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppel) en rioolwater (groendruppel) te bepaal.
Die uitslae van dié toetse is vandeesweek amptelik bekendgemaak.
Wico Swanepoel, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Suid, sê die uitslae het bevestig dat die oorgrote meerderheid van die dorpe se drinkwater skoon is en geen skadelike bakterieë bevat nie.
“AfriForum gaan die watergehalte egter deurlopend evalueer om die grondwetlike regte van dié dorpe se inwoners te beskerm en te verseker dat hulle van skoon drinkwater voorsien word,” sê Swanepoel.
Die resultate het aangedui dat die hele Gauteng-Suid se drinkwater op standaard en toepaslik vir menslike gebruik is.
AfriForum het gesê daar is egter bevind dat slegs twee van die dorpe se rioolwater aan die gestelde mikrobiologiese standaarde voldoen nadat die groenduppelstatus ook getoets is.
Die burgerregte-organisasie het sy kommer uitgespreek oor die rioolwater in die betrokke dorpe wat nie aan die gestelde standaarde voldoen nie. Dié dorpe sluit Nigel, Randfontein, Springs en Vanderbijlpark in.
“Ons sal die aangeleentheid ondersoek en optree indien nodig. Ons het reeds strafregtelike klagtes teen die munisipale bestuurder van Randfontein aanhangig gemaak,” sê Swanepoel.
Inwoners van Gauteng-Suid word versoek om AfriForum die mandaat te gee om voortdurend die gehalte van water te ondersoek. SMS “Skoonwater” na 45342 om jou steun tot hierdie aksie by te voeg. Elke SMS kos R1.
Gauteng-Suid | |||||||
Tak | Munisipaliteit | Provinsie | Blou-druppel AfriForum 2013 | Blou-druppel AfriForum 2014 | Blou-druppel AfriForum 2015 | Blou- druppel AfriForum 2016 | Blou-druppel AfriForum 2017 |
Alberton | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | – | – | Skoon | Skoon |
Bedfordview | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | – | – | – | Skoon |
Benoni | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | – | – | Skoon | Skoon |
Boksburg | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | – | – | – | Skoon |
Edenvale | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | – | – | – | Skoon |
Heidelberg | Lesedi PM | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Kempton Park | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Lochvaal | Emfuleni PM | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | n.v.t. |
Midvaal | Midvaal PM | Gauteng | – | – | – | – | Skoon |
Nigel | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Randburg | Johannesburg Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Randfontein | Randfontein PM | Gauteng | – | – | – | – | Skoon |
Springs | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Vanderbijlpark | Emfuleni PM | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Vanderbijlpark-Wes | Emfuleni PM | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Vereeniging | Emfuleni PM | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Westonaria | Mogale City PM | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Groendruppelstatus:
Gauteng-Suid | |||||||
Tak | Munisipaliteit | Provinsie | Groen-druppel AfriForum 2013 | Groen-druppel AfriForum 2014 | Groen-druppel AfriForum 2015 | Groen- druppel AfriForum 2016 | Groen- druppel AfriForum 2017 |
Alberton | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | – | – | 3 900 | Skoon |
Heidelberg | Lesedi PM | Gauteng | – | Skoon | Skoon | n.v.t. | >3 000 |
Kempton Park | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | n.v.t. | n.v.t. |
Nigel | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Hoë konsentra-sie fekale kolivorme | >3 000 |
Randfontein | Randfontein PM | Gauteng | – | – | – | – | >4 000 |
Springs | Ekurhuleni Metro | Gauteng | – | Skoon | Skoon | 2 000 | >2 000 |
Vanderbijlpark | Emfuleni PM | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | >1 000 |
Vereeniging | Emfuleni PM | Gauteng | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Westonaria | Mogale City PM | Gauteng | – | – | Skoon | 2 500 | Skoon |
Dankie vir die inisiatief. Om die effek hiervan soveel meer te maak, maak eenvoudige grafieke op selfoonboodskappe of memes, wat politieke partye aan beheer teenoor watergehalte vergelyk, en die boodskappe in alle plaaslike tale te vertaal, en dit dan wyd versprei.
Wico… kyk asb. na die plasing in ons Nasionaalgroep…
Dankie
Daars geen manier dat Brakpan se water skoon is nie. Ek wil graag die ISO Sertifikaat sien dat dit getoets is en dat dit in n lap getoets is wat op standaard is met ISO en SANAS. WAAR IS DIE BEWYS.