SuperSport reageer op Willemse-voorval

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

SuperSport het Maandag gesê hy het met kommer kennis geneem van Saterdagaand se voorval waar Ashwin Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending uit die ateljee gestap het.

Volgens die verklaring is ʼn voorlopige ondersoek van stapel gestuur wat ʼn vergadering tussen senior bestuurslede en die aanbieders insluit. Willemse, Nick Mallett, Naas Botha en Motshidisi Mohono sowel as produksiepersoneel sal deel wees van die vergadering wat Maandag in Johannesburg plaasvind.

SuperSport het ook gesê hy neem kennis van Tokozile Xasa, minister van sport, se uitlatings oor die voorval. “SuperSport het kennis geneem van die sterk openbare sentiment en ons neem die saak ernstig op. Die gepaste stappe sal gevolg word om die situasie reg te stel, ongeag die bevindings,” het Calvo Mawela, uitvoerende hoof van Multichoice SA, gesê.

Volgens Supersport sal hy geen vorm van vooroordeel duld nie. “SuperSport sal die publiek en media ingelig hou oor die ondersoek.”

‘n Skermskoot uit die video.

Die voorval het ook uiteenlopende reaksies op sosiale media tot gevolg gehad. Op Willemse se Facebook-blad is hy sowel gekritiseer as geloof vir sy reaksie. “Kinderagtig met jou optrede. Ek skaam my vir jou en jy was ʼn ikoon,” skryf Hendrik Rossouw. Lizette Gillion het Willemse egter as ʼn held bestempel. “Dit moes lankal gebeur het. Ek salueer jou.” Derrick de Villiers wou by Willemse weet wat presies gebeur het. “Jy moes dit dalk eerder agter die skerms uitgesorteer het. Ek verdedig niemand nie, maar die hantering van die saak kon beter gewees het.”

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het vroeër gesê dit sal nie regverdig wees om oorhaastig oordele te vel nie.

Maroela Media het vroeër berig Willemse, voormalige Springbokvleuel, het Saterdagaand tydens ʼn regstreekse uitsending uit die SuperSport-ateljee in Randburg gestap.

Willemse het aangevoer sy mede-aanbieders, Botha en Mallett, het neerhalend met hom gepraat. Dit is egter nog nie duidelik wat alles tot die voorval aanleiding gegee het nie al word daar berig dat die verhouding tussen Willemse en Mallett glo al vir ʼn geruime tyd krapperig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Annette ·

Ek kan geensins iets fout sien met uitsending soos beweer nie – swak optrede gewees van Ashwin baie kinderagtig mens sorteer gewoonlik krapperigheid soos volwasennes uit!!

Dinarie ·

Ai mens, alis die verhouding ook HOE KRAPPERIG is so n optrede in die openbaar voir duisende kykers n teken van UITERSTE ONPROFESSIONELE optrede.

Dit maak nie saak of Mallet se optrede hoegenaamd krapperig was al dan nie, optrede van DIE soort dui op uiterste onvolwassenheid en onprofessonalteit

vonnie ·

Ek dink Willemse is betaal om so onbeskof en geen respek te gehad het. Regtig? Willemse kon die saak ‘van die lug af; bespreek het soos n groot mens en nie soos n peuter n tantrum gooi….!!!

SjN ·

Vertrou die voorval word volledig ondersoek en daar streng opgetree word indien enige party betrokke was wat gelei het tot die insident. Hoe kan die minister sulke oningeligte uitlatings maak alvorens die rede tot die optrede bekend is, dit lyk amper of hierdie voorafbeplan was , sal maar moet wag en sien.

Callie ·

Op enige profesionele verhoog of werksplek sal enige persoon met integriteit die saak agter toe deure hanteer. Jy sal nooit weer die vertrouensbreuk wat deur so aksie ontstaan het kan herstel nie. Elke keer as jy ongelukkig voel benadeel jy jou maatskappy en stel hulle in die verleentheid. Baie groot onprofesionele optrede ongaeg die rede. Geen verskoning kan aanvaar word nie

Sara ·

Kallie, ek stem saam. Sou ek vir elke keer wat daar teen my gediskrimineer word of selfs negatiewe opmerkings en scenarios opduik in my werksomgewing, moes uitstap, sou ek nie meer ‘n werk gehad het nie… en ek is ‘n blanke vrou. Dis geensins die manier om die situasie te hanteer nie. Ons ken nie die rede nie, maar die optrede was onprofessioneel. Sterkte aan al die betrokke partye en persone wat nou groot keuses moet maak. Baie trots op die vroulike omroeper wat die situasie puik en professioneel hanteer het!

Tanzie ·

En nogsteeds weet niemand werklik wat gebeur het nie behalwe dat daar beweer word dat Naas en Nick rasiste is. Tipies Suid Afrika.

cor ·

Ek is geensins bevooroordeeld nie. As iemand fouteer het moet die koppe rol ongeag wie dit is . Ondervinding het my egter in my 50 jaar in n werksomgewinggeleer dat sodra n persoon se sin vir die werk op geraak het sal hy enige verskoning gebruik om uit die stuasie te kom. SS kan maar ondersoek instel en ek is feitelik seker van die antwoord.

Leeu ·

Ek dink die dame moet n verhoging kry deur om so profesioneel aan te beweeg.

Gemaskerde Sopbeen ·

As die “probleem” al ‘n geruime tyd bestaan, hoekom het Ashwin dit nie al ‘n “geruime tyd” gelede aangespreek, of onder die aandag van die produksie regisseur gebring nie? Hoekom het hy geen poging aangewend om die lug te suiwer tussen hom en Mallet nie? Die opmerkings waaroor hy hom so vervies het is blykbaar gemaak van die lug AF……….maar hy wag tot die lewendige uitsending hervat voor hy sy tantrumpie gooi? SWAK…….is al wat ek kan sê…UITERS SWAK!!

Wayne ·

As iets met of Naad of Nick gebeur, kanselleer ek onmiddelik my DSTV!

As Willemse aanbly kanselleer ek myne. ·

As Willemse aanbly kanselleer ek myne

Nettie ·

AG ASSEBLIEF!!!!!!!!

Dit is tyd dat die bruinmense en swartmense ophou met hul “issues” oor Apartheid en die ongeregtighede wat gedurende hierdie tyd gebeur het. Ja, ons weet julle is verskriklik verkeerd, selfs wreed en onmenslik behandel. Ja, ons weet die blankes het hulself verkeerdelik en bevoordelende regte toegeëien. Ja, ons weet bruinmense en swartmense het a.g.v. Apartheid gely en agterweë gebly.

MAAR BOU TOG NOU ‘N BRUGGIE EN KOM DAAROOR? Dit is al 24 jaar sedert “bevryding” en “demokrasie” (nie dat daar OOIT ‘n outokrasie of diktatorskap in SA was nie) gekom en gegaan het.

En so terloops – onthou net: rugby EN sokker is die nalatenskap van Britse kolonialisasie. Hoekom “fight” julle dan so oor transformasie, kwota-spelers en Apartheid in dié sporte? Niemand kla omdat Bafana Bafana 100% swart spelers het nie (en dus geensins demografies verteenwoordigend is nie) en boonop UITERS VROT speel nie.

Dit het jy nou daarvan as “niets iets gemaak word” soos die outydse spreekwoord sê. Oftewel: gee vir hom die pinkie en hy gryp die hele hand.

Niks ·

Jou strafskop is tussen die pale Nettie. ‘Wanneer niks iets geword het’ was ma se sêding. Hy het darem sy resitasie goed geleer voor die tyd en perfek opgesê. Pragtig Ashwin en jou sportminister!

Frans C ·

Nettie
Ek weet nie hou oud jy is nie.Ek het groot geword in ‘n tydperk toe daar nog skolevoeding
op skole was.Die laêrskool het nie nie ‘n rugbyveld gehad nie.Ons het op ‘n plot tussen
die koeie as toeskouers en dorigs en miskoeke geoefen.
Ons moes self nadat die veld by die skool geploeg en ge-eg is, dit met spoorstawe gelyksleep en gras plant.Toe kry ons op hoërskool tokse,waarvan die die leerknoppies
gedurig vervan moes word.
Baie van my maats het nie eers matriek gehaal nie,maar moes uitspring na graad 10
op ‘n ambag te volg of by die spoorweë of weermag aansluit om ‘n bydrae tot die huishoudelike begroting te maak. So beland ek na matriek in die Dept Batoesake en kom toe agter dat behalwe die lelike dinge wat plaasgevind het,daar ‘n enorme poging was
om swart gemeenskappe op te hef.
Ongelukkig wou die SAP (liberale stadsrade) niks van dit weet nie,al was regeringslenings so goedkoop dat een Stadsraad lenings aangegaan het en teen alle
debkrigtings in die teen ‘n hoër koers belê het en toe daarna toe Streeksdiensterade oorgeneem het,daarmee gespog het.
Mense wat niks van die geskiedenis weet nie,praat gewoonlik die liberales na, en verswyg die biljoene Rande wat tuislande ingepomp is ,om baie kere soos vandag op korrupte wyse te verdwyn.Onhou dit was nie alles net sleg nie.Hoe het Boesak nie skenkingsgeld gruwelik misbruik nie.

de Beer Johan ·

Die Multichoice CEO het gesê: “Die gepasde stappe sal gevolg word om die situasie reg te stel, ongeag die bevindings (van die ondersoek)”.
Dit sê alles. Nick en Naas gaan afgedank word en Willemse gaan om verskoning gevra word. Sonder Nick en Naas daar gaan niemand meer na hom wil luister nie en sal hy ook nie weet wat om te sê nie. Hy gaan die politiek as ANC kader betree en kyk of hy nog ‘n BEE aanbod kan losslaan (soos met Goldfields).
En ek gaan my Muttichoice DSTV en Showmax kanselleer.

Ad ·

Ek dit is beplan en julle gaan sien langtermyn gaan hy nog minister word van sport. Keep watching…

Johann ·

“geen form van vooroordeel duld nie”?

LEES DIT SO: getrou aan die huidige oopmond agter oor buig om die opgesweepte massas en hul opswepers tevrede te stel, sal SUPER SPORT blatant die geel kaart…. rooi kaart… RAS KAART teen sy blanke werknemers speel namens hulle verontregde nie blanke werknemer.

Ja wel SS… hoop julle gee BAIE aandag aan die huidige “sent” en “rande” iment wat bloot gaan se tatta… as julle gaan doen wat die res van SA se magsbasis teen blankes doen?

White Rhino ·

Willemse het drooggemaak – ek hoop hy kan met homself saamleef .
Hy het groot skoot skade aangerig – nie net aan homself nie – maar ook aan mede kollegas en die publiek.

leon ·

Dit is seker maar moeilik om kop te hou as jy R 61 miljoen deur ‘n SEB transaksie gekry het op grond van die kleur van jou vel en wie jy ken.

hester ·

Nes jy daar se Leon toe het dit hom gepas om iemand van kleur te wees………se maar net.

eugene ·

Lekke Ashwin
daai rassekaart is n handige kwota ne
jy het neerhalend opgetree teenoor jouself
jy het nou bewys wat nie gese mag word nie

Speedguard ·

Daar is nie ‘n ding soos slegte publisiteit nie, Ashwin het die platform gebruik om ‘n inpak te maak en wat beter as om dit nationaal en internationaal te doen veral in die huidige politieke klimaat !! Voorspoed met jou politike loopbaan AW, jy het ‘n goeie afskop gebruik !

Dumbfounded ·

Die dame wat Saterdag in die Supersport ateljee was, se naam is Motshidisi Mohono. Sy het baie professioneel opgetree na Ashwin se uitbarsting.

Nettie ·

Ek kan net my hoed afhaal vir me. Motshidisi Mohamo – sy was so koel soos ‘n komkommer en as anker-aanbiedster het sy met vlieënde vaandels geslaag. Haar kalmte het my verstom!

Righard ·

Ek kan julle nou al se dat naas en Mallet reeds skuldig bevind is. Daar hoef nie eers n ondersoek te wees nie want al was hulle nie verkeerd nie, multichoice sal die ANC probeer gelukkig hou en hulle onder die bus gooi. Mark my words. Dis hoekom die land so groot gemors is. Wat die minister aanbetref, jou 2sent was ongevraagd want dit is n interne saak so hou jou mond.

Eksenet ·

Die oudste truuk in die boek is die vervelige Rasse kaart. Weereens bewys dit dat die ander nie kan redeneer nie. Dus word die rassekaart uitgepluk omdat hulle hulself dan uit ‘n verleentheid lieg!

Well done ·

Well done Supersport, mens kyk eers na die hele prentjie en tree dan op. Dit beteken jul 3 kontrakte met ons is veilig. Indien iemand oortree het moet hul vasgevat word. Ek dink en hou baie van Ashwin, hy werk en praat uit sy hart, hy was beslis ‘n baie goeie speler, hy het ‘n goeie humor, maar ek sou dit anders hanteer het indien ek ongelukkig oor iets was. Kykers kon nie sien wat hom ontstel het, so die afloop was nie die regte keuse, ek glo Supersport sou beslis na jou klagte geluister het en opgetree het.

Syddie ·

Siestog. Sò te na gekom! Altyd die slagoffer. Word groot Willemse. Mens sorteer probleme op n volwasse manier uit…nie met tantrums. Eks egter seker hierdie is nie net sy idee om weer onmin te saai nie…wonder hoeveel en wie hom betaal vir diè tantrum!

rina ·

Dit is net nog ‘n aanval teen die blankes, dis onregverdig en ek wens dat mense wil leer om hulle haat en neid vir hulle self te hou.

Oom Kalahari ·

Die aangeleentheid laat ‘n bitter smaak. Die vrou op paneel was saam Naas en Nick heel verbaas en sy was meer professioneel in haar optredes as Ashwin. Nietemin, hierdie twee sport kommentators is alreeds skuldig bevind deur vele partye op vel kleur gebasseer.

Johan ·

Die maak nie saak wat die waarheid is nie…..dis n feit Mallette en Naas is hulwerk kwyt……daar gaan van hulle verwag word om stil stil maar net te gaan……

Anoniemiseerder ·

Supersport droom as hulle dink dis so maklik. Dit is onmoontlik vir die mense om sonder tasbare spanning op die lug in die toekoms te werk. Hulle wil skynbaar weer probeer. Dis stomme domheid! Hulle kan nie vir die ouens laat gaan nie. Die politieke en sosiale onstuimigheid laat nie ruimte vir dit nie. Dis dalk klaar afgespreek dat die ouens vrywillig loop. Dit is groot skade…. Finansiële skade vir DSTV bedoel ek. Wie gaan die ouens se plek inneem? Wie kan? Ek dink hierdie is tans ‘n verloor verloor situasie. Rugby is kleiner. Almal is kleiner hierna. Onherstelbare skade is berokken. Almal sal natuurlik aanvanklik kyk na die eerste program waar hulle saam is. En almal sal saam sien dit is ‘n klug. En meeste mense sal dit verwerp.

Johan ·

Dis nog die beste sissy fit wat ek nog ooit gesien het. So terloops Aswill, die woord kwota speler kom van jou regering af. Ek dink jys nou wraggies oud genoeg om jou soos n grootmens te gedra. Maar ja, as iets nie volgens jou gaan nie, gooi daai ras kaart, blankes is mos altyd verkeerd

bgj van der westhuizen ·

maak nie saak wat die uit slag is nie dit sal weer verdraai word om die wit man sleg te laat lyk as hulle moet loop moet die wit mens begin om dstv die selde behandeling te gee as wat met die spur gebeur het

A ·

Hulle moet geen regstreekse kommentaar doen nie. Saai die wedstryd uit, vra die kommentator om net uit te saai wat hy op die veld sien. Almal kan maar hulle eie opinies vorm. En dit moet geld vir alle sport. Op radio moet mense verkieslik nie toegelaat te word om in te bel om op ENIGE onderwerp kommentaar te lewer nie.

Hierdie reëls moet maar geld totdat daar ‘n nuwe generasie lewe wat volwasse genoeg is om konflik en verskille te kan hanteer. Waar ons nou is, is dit net moeilikheid soek.

Trots Afrikaans ·

Ek is wel diep bekommerd oor die optrede van die minister. Dit beteken dat as wit Suid Afrikaner ek nie meer ‘n regverdige verhoor of kans gegun sal word nie. Dit beteken ek word nou openlik onderdruk.

Op en Wakker ·

Ek lees elke kommentaar met die nodige aandag. Ek wil u graag terugneem na Super Rugby program van verlede week. Tydens die program was daar ook heelwat meningsverskille tussen Mnr, Wiese en Mnr. Willemse. Ek het ook redelike krappigheid daar waargeneem tydens die program. Die week voor dit was daar ‘n redelike meningsverskil met Mnr. Paulse gewees met die aankondiging van die Supersport moontlike Springbokspan. Wonder maar net of dit maar net as toevalig beskou kan word of krap ek dalk waar die nie jeuk nie.

Pietman ·

Daar is ‘n kwota stelsel maar daar mag nie kwota spelers wees nie. Hoe werk dit? As Aswhin dan die kwota volgemaak het dan is hy mos ‘n kwota speler.

Anoniemiseerder ·

Dis presies reg ja. Jy kan tog nie swem in ‘n leë swembad nie….

Tensy hulle baie duidelik sê wie is ‘n kwota speler aldan nie, is dit die publiek se eie raaiskoot.

marous ·

Weier om enige sport te kyk of te ondersteun ….nie eers visvang nie , want pap is ook is ook gevaarlik wit

Nettie ·

Ag jinne, Marous, nou moes ek lag! Ja-nee, voorwaar – in die “Nuwe SA” is alles wat wit is – mieliepap ingesluit – hopeloos polities-inkorrek vanweë die kleur daarvan!

Tonie ·

Op en wkker ek stem saam met jou. Sondag se koerant het iemand gese dat Ashin bitter min voorberei het. Ek glo ook dit is hoekom daar so baie met hom verskil is en dat hy gevra is om eerste kommentaar te lewer na die wedstryd. Hartseer dat agv van gemak of luiheid moet apatheid of dekremenasie altyd die skuld kry.

Nettie ·

Aha!!!! So kom ons nou bietjie-vir-bietjie, stukkie-vir-stukkie agter die kap van die byl.

Sooooo ……….. Ashwin Willemse was te lui (of dalk te vol van homself, so ‘n ‘kwota-speler’) om ordentlik voor te berei vir aanbieding en spelontleding. En dié ding kom al ‘n lang ruk aan – Mallet en Botha doen genoegsaam voorbereiding vir aanbieding en spel-ontleding en Mnr-ek’s-gebrandmerk-as-‘n-kwota-speler rus op sy louere en doen die minimum. Soms word hy geboek vir kommentatorskap vir ‘n wedstryd en dan daag hy net nie op nie of trek 10 minute voor die tyd kop uit.

En toe gooi Mallet die jakkals onder die hoenders in – hy vra spesifiek dat Mnr-ek’s-gebrandmerk-as-‘n-kwota-speler EERSTE moet kommentaar lewer omdat laasgenoemde nie ‘n spreekbeurt gekry het met die Sharks-wedstryd vroeër nie.

En toe is Mnr-ek’s-gebrandmerk-as-‘n-kwota-speler “on the spot” gesit en gooi hy eerste die bal in Botha se baan in, wat dit toe weer mooi na hom toe teruggooi toe hy sê Willemse moet praat, want hy het klaar sý beurt gehad. En daar slaan die “paw-paw” toe die “fan” en woerts! ruk Mnr-ek’s-gebrandmerk-as-‘n-kwota-speller die dam onder die eende se sterte uit en gooi hy ‘n “temper-tantrum” soos min!

Ontnugter ·

Kom ek se wat gaan gebeur. Nick en naas gaan gepos word. Merk my woorde hier. Ek kon geen fout vind nie maar weet een ding en dis blankes se dae is getel.

thinus ·

Hene sus Nettie, dit klink soos ‘n properse radio drama. Gooi mielies!

Boela ·

Wat my die meeste verstom is dat enigiemand nog hoegenaamd rugby of rugby-verwante programme kyk. Rugby is jare gelede al deur die ANC gekaap en sedertdien is dit ‘n kwota-gedrewe gemors. Bedaar dus, mense, en los dié spul narre sodat hulle hul eie ondergang kan bewerkstellig. Ek kyk al vir sowat 3 jaar lank geen rugby nie en dit doen wondere vir my gemoed.

Al ·

Supersport moet van die begin af duidelik maak dat hul nie ñ politieke geding van hierdie situasie nie en dit neutraal ondersoek. Dis van politiekery dat hierdie land nog steeds op die backtrack is.

Tobie Klarens ·

En dit het jy nou vir die eerste maal besef? Het jy sopas in SA aangeland?

Al ·

Nee Tobie hoe gouer SA burgers en maatskappye opstaan teen die raspolitiekery van swart versus wit, hoe gouer sal die land vorentoe beweeg. Politieke inmenging bring groter wonde mee wat diep sny.

GAB ·

Ek stem saam Al… die politieke kinderagtige spelery bring vooruitgang tot stilstand

toska landman ·

Ek is baie teleurgesteld in Ashwin Willemse se optrede, ek het nogal van hom gehou, maar was weereens ontnugter. Ek het vriende oor die kleurgrense, maar regtig, tot op hede met die stukkie video tot ons beskikking het ek niks gesien wat sy optrede regverdig nie. Beteken dit nou dat almal met hom moet saamstem ten alle tye? Aswin jy is beslis een van die baie bevoorregtes, jy maak ‘n baie goeie lewe vir jouself. Kwota speler regtig!!! Kom oor jouself en tree soos ‘n volwassene op. Elkeen is geregtig op sy of haar eie opinie ongeag van kleur ras of geloof. Indien die Naas en Nick geskors word sal ek en ‘n hele paar duisende ander ons DSTV kanselleer. Live streaming vir sport en Netflix vir die res, Ek is so moeg daarvoor dat indien jou vel wit is, is jy onmiddelik skuldig! Regtig ons minsiter van sport!!!!!!

christa ·

Naas en Nick is verkeerd. Hulle kleur is verkeerd. Die bevoorregtes soek ander bevoorregtes om hulle plekke vol te staan.

Jannie ·

Dit is so duidelik soos daglig dat Willemse se optrede beplan was, sy plan gaan in sy gesig ontplof.

Boet Fasie ·

Jakes ek stem – Willemse se optrede was skandalig vir ‘n profesionele persoon em ‘n klad op DSTV se program – sies

Al ·

Nee Tobie hoe gouer SA burgers en maatskappye opstaan teen die raspolitiekery van swart versus wit, hoe gouer sal die land vorentoe beweeg. Politieke inmenging bring groter wonde mee wat diep sny.

A. E Scheeperd ·

Ashwin, sorry to say, but you have now branded yourself as a Quota player and will always be remembered as such. However, there should be nothing wrong with being branded as a Quota player or what, after all, the Government initiated that process and they don’t see anything wrong with it? So, what were you actually complaining about?

Se maar net ·

Hierdie hele ding lyk vir my net te veel na iets wat vooraf beplan is. Hulle wil van Mallet en Naas ontslae raak omdat hulle blank is en sodat hulle ‘n anders kleurige daar kan insit en het nie geweet hoe om dit te doen nie, toe gebruik hulle weereens die raskaart. Sal maar sien wat word daar bevind.

Hele video asb ·

…soos met AL die videos wat gedeel word, sirn ons net die laaste stukkie… wat het vooraf gebeur vir hom om so te tantrum? Net oor sy tantrum moet mense nou AANNEEM die ander 2 was verkeerd..? Miskien is Willemse net liggeraak of kinderagtig?
*het ongelukkig nie SS gekyk nie…daarom wonder ek wat voor die tud gebeur het.

kobus ·

Naas Botha is rated as one of the greatest ever flyhalves taking the the Bulls to 9 Currie Cup wins and captaining them 128 times with 1699 points scored personally. He held the record for the most points scored by a Springbok after only 28 tests and was only surpassed by Percy Montgomery in 2004.

Nick Mallett is one of the best coaches the Springboks have ever had – taking them to a record 17 wins in a row in rugby tests, he’s beaten the All Blacks consistently in the Tri Nations winning the title. His Springboks beat France, Scotland, Ireland and Wales by record margins. He’s coached Stade Francais to two successive domestic season titles and had Italy beat France for the first time ever.

Ashwin Willemse played for the Cats 24 times scoring 15 points (3 tries) and Lions 7 times score 30 points (6 tries). He played for South Africa 19 times over 4 years and scored 25 points (5 tries). He retired at 27 to arranged shady BEE mining deals for ex-convict Gayton McKenzie in exchange for R61 400 000.

Who’s the token?

Johannes ·

Puik gestel Kobus! Die feite seëvier altyd bo die leuen.

Andri ·

As dit ‘n geval was v Mallet wat geïrriteerd was met Willemse dan moet ek sê na wat in die media berig was sou ons almal dieselfde gevoel het. Om laat op te daag v werk en dan maar net in te stap en vertrou dat jou werk v jou gedoen sal word want dis mos maar hoe dit werk in diè land, die witman is die vark maar tog sal hy my werk ook vir my doen. Hoekom is ons maar net tevrede om die vark te wees, ons is beter as dit!!!

Die goeie ou dae ·

Mense, ons het baie dinge verloor (en gaan nog meer) in hierdie land, waarvan rugby ongelukkig ook een is.

Dis deesdae ‘n klug en klap in ons gesig en ons trots word stuk vir stuk afgebreek.

Kom ons begrawe dit nou maar, laat die kapers maar voortgaan en hulself probeer bewys. Die eens geliefde spel wat name soos Naas Botha, Danie Gerber, Frik du Preez in die volksmond gevestig het, is dood.

As Naas en Nick afgedank word, laat ons hierdie gestorwe sport boikot, nie meer een wedstryd bywoon nie en in die lanfer van ons rou die laaste kluit-klap op nog ‘n klip aanskou..

Helgaard ·

My dstv is so goed soos gekanseleer. Dis nie juis oor die hele Sas storie nie maar dit bevestig nou maar net my keuse. Ek dink dai R950 n maand kan beter aangepas word aan sekuriteit en dan het jy sommer bietjie meer tyd om met jou vrou kinders en famielie te spandeer en dalk bietjie meer tyd aanwend aan jou bybel. Tv vat teveel tyd van mens af weg en raak verafgod. Good bye tv.

Hansie ·

Ronel, jy ken haar, Margareth het al n foto van haar opgesit

Boet Fasie ·

Snaaks dat die manne so teen die naam “kwota spelers” uitvaar in sport , maar dan word poste by indiensneming gevul deur regstellende aksie , maar daar teen het hulle geen beswaar nie. Tyd dat die beste sportmanne die land of span verteenwoordig en ook die beste persoon aangestel word in ‘n pos ongeag kleur.

erika ·

Ashwin is nog jonk en is nie die gelyke van senior sport mense wat meer as hy weet nie, ongeag kleur. Hy hou hom altyd slim en soms moet mens dink waar kom hy aan so iets. Ashwin, jy moet leer by senior mense ongeag die kleur, dit is maar die verloop van die lewe.
Niemand kan help om ‘n sterk persoonlikheid te hê soos Nick nie, hy sal almal reg help maak nie saak watse kleur is nie. Ek dink Ashwin moes dit anders hanteer het. Dit is sleg dat witmans altyd die sonnebok moet wees….Nou word Ashwin beskerm…hy moet pakslae kry en aangaan met die lewe en weer saamwerk!

SUSAN ·

Dis wat gebeur as Super Sport onervare kinders saam met ervare groot mense op dieselfde verhoog sit en die kinders die groot mense probeer intimideer met hulle niksseggende kommentaar.

anita ·

Toe ons op skool was en ons het ereklere of balkies gehad was dit onmiddelik van jou weggevat as jy iets oortree het. Vat sy Bok Baadjie weg.

Siek en sat ·

Nettie dis PRESIES wat gebeur het. ASHWIN was gewoond om met die lepel gevoer te word. He he lekker lag ek nou.

AH ·

Ja Ashwin, jy het jou naam so goed krater gemaak! Ek hoop jy is trots op jouself! Al was Naas of Nick geirriteerd met jou, sou hulle dit nie ‘n openbare tabakel op die lug gemaak het nie! Dit is nou hoe jy self bewys het jy kan nie saam met die groot honde hardloop nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.